Pretoria East Newsletter | PSG Wealth

Kontak gerus Charlene Ferreira direk, PSG Wealth adviseur.

Tog streef ons almal na finansiële vryheid – ’n doelwit wat vir sommige haas onmoontlik klink. Ons staar ons vas teen die groter prentjie van dit wat ons wil bereik, en val dan vas by die eerste stap om uiteindelik finansieel vry te wees.

’n Jaarlikse of maandelikse bydrae tot ’n langtermynbelegging kan baie help om met groter gemak te kan aftree – selfs al belê jy net R500 per maand.

Dit werk só

Elke individu kan R36 000 per belastingjaar tot ’n belastingvrye belegging bydra, en tot R500 000 gedurende hul leeftyd.

Die groei in so ’n belegging is belastingvry, wat beteken dat geen belasting op rente, dividende en kapitaalwins betaalbaar is nie. Maak net seker jy oorskry nie jou jaarlikse bydrae nie – anders word dit teen 40% belas.

Begin vroeg

Om hierdie voordeel optimaal te benut, sal dit wys wees om so vroeg as moontlik te begin en die leeftydperk van R500 000 te bereik. Dit sal jou ongeveer 14 jaar neem indien jy die maksimum bydrae van R36 000 per jaar lewer.

Met inagneming van die lang termyn van die belegging, sal dit ook slim wees om die kapitaal 100% in aandele te belê, hetsy plaaslik of in die buiteland, om optimale kapitaalgroei te kry.

Hoe langer die belegging tyd het om kapitaalgroei te genereer, hoe groter sal die voordeel eendag wees wanneer die opbrengs belastingvry onttrek kan word – hetsy as ’n enkelbedrag of as ’n aanvulling van jou inkomste na aftrede.

Maklik en eenvoudig

’n Belastingvrye belegging is ’n goeie en maklike manier om jou neseier te laat groei sonder om inkomstebelasting daarop te betaal, soos in die geval van ’n annuïteit- en pensioenfondsinkomste.

’n Belastingvrye belegging is ook ’n eenvoudige manier om vir minderjarige kinders welvaart te skep omdat ouers, oumas of oupas bydraes tot hul kinders of kleinkinders se belastingvrye beleggings kan lewer. Hierdie kinders sal waarskynlik eers later in hul leeftyd die belastingvoordeel van dié belegging benut, wanneer hulle self belastingbetalers is.

Praktiese voorbeeld van aanvulling tot aftrede

Aannames:

·       Begin bydra op ouderdom 21

·       Dra R3 000 per maand by totdat maksimum van R500 000 bereik word (na ongeveer 14 jaar)

·       Gemiddelde jaarlikse opbrengs op belegging 11%

·       Aftrede op ouderdom 65

·       Potensiële waarde van belegging by aftrede:

o   R3 046 093 huidige geldwaarde (aangepas met inflasie van 5%)

o   R25 960 093 toekomstige waarde

’n Belastingvrye belegging is nie die enigste wyse waarop jy jou doelwit van finansiële vryheid kan bereik nie, maar dit is beslis ’n maklike en eenvoudige manier om daartoe by te dra.

Kontak ons vandag nog om jou belastingvrye belegging te open en voor die einde van die belastingjaar te begin bydra.

Become a client

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us