December 2023
Lizna De Villiers CFP®
Wealth Adviser
Dit is amper weer tyd vir Boney M, rustige Gauteng-verkeer en strande wat oorloop van vakansiegangers! Of jy die vooruitsig van ’n vakansie het of nie, daar heers ’n duidelike vakansiegevoel in Suid-Afrika en dit is asof die meeste mense vir ’n oomblik kan afskakel en bietjie ontspan.
Kontak gerus Lizna de Villiers , PSG Wealth adviseur.
In hierdie nuusbrief deel ek ’n paar boekidees vir jou Desember-vakansie, om langs die swembad of op die rusbank te lees, of om as geskenk uit te deel. Ek raak ook aan ’n paar aspekte wat jy in ag moet neem vir jou 2024-beplanning.
Kyk terug na 2023
Dit is belangrik om ’n tydjie af te staan en terug te kyk oor jou finansiële reis vanjaar. Dink aan jou prestasies en terugslae, en kyk na waar jy staan met jou verskillende finansiële doelwitte. As jy jou finansiële status bekyk en nuwe doelwitte vir die komende jaar stel, sal jy beter voorbereid wees om die finansiële uitdagings en geleenthede wat voorlê te hanteer.
Finansiële wenke vir 2024
Hier is ’n paar addisionele wenke om jou te help met die beplanning vir 2024:
Leesidees vir die vakansie
Ek wil graag ook ’n paar van my leesidees vir hierdie vakansie met julle deel. Hierdie boeke handel oor ’n verskeidenheid onderwerpe en kan help dat ons 2024 met nuwe ywer aanpak.
1. Produktiwiteit
In Atomic Habits deur James Cleat word daar gewys hoe klein maar konstante veranderings aan jou gewoontes ’n groot impak op jou lewe kan hê.
2. Kommunikasie
How to talk to anyone deur Leil Lowndes gee praktiese wenke en tegnieke oor gesels, liggaamstaal en effektiewe luister. Die boek poog om lesers te leer om verskeie sosiale situasies te navigeer.
3. Persoonlike finansies
Psychology of money deur Morgan Housel ondersoek die komplekse en dikwels irrasionele verhouding wat individue met geld het, en die sielkundige faktore wat finansiële beplanning beïnvloed.
4. Besigheid
In Your Next Five Moves ondersoek Patrick Bet-David strategiese denke, besluitneming en die sielkunde van sukses.
2023 was ’n uitdagende maar ook ’n opwindende jaar. Dankie dat jy my en PSG Wealth Pretoria-Oos met jou finansiële welstand vertrou het. Ek sien uit daarna om 2024 saam met jou aan te pak en jou te help om jou doelwitte te bereik.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.