April 2024
Mareli Binedell CFP®
Wealth Manager
Hierdie stelsel tree op 1 September 2024 in werking.
Kontak gerus Mareli Binedell, PSG Wealth adviseur.
Hierdie stelsel tree op 1 September 2024 in werking. Die Nasionale Tesourie beoog om met die voorgestelde tweepot-stelsel die volgende kwelpunte aan te spreek:
Vanaf 1 September 2024 sal lede se bydraes tot aftreefondse in twee potte (komponente) verdeel word:
Daar sal ook ʼn derde pot wees – die sogenaamde “gevestigde komponent” – vir alle opgehoopte aftreefondse tot en met 31 Augustus 2024. Hierdie fondse sal onderhewig wees aan die ou reëls met betrekking tot toeganklikheid (insluitend veranderings op 1 Maart 2021) en geen verdere bydraes sal aan hierdie pot toegeken kan word nie. Op 1 September 2024 sal ʼn eenmalige verpligte oordrag vanaf die gevestigde komponent na die spaarkomponent plaasvind – dit sal die aanvangskapitaal uitmaak wat nodig is vir onmiddellike toegang tot aftreegeld. Die aanvangskapitaal sal 10% van jou aftreespaargeld wees, beperk tot ʼn maksimum van R30 000.
Voorsorgfondslede wat op 1 Maart 2021 reeds 55 of ouer was, en wat gevestigde regte met betrekking tot hul deurlopende bydraes tot daardie voorsorgfonds het, kan kies of hulle aan die tweepot-stelsel wil deelneem of nie. Dit sal ʼn eenmalige opsie wees wat onomkeerbaar is en kan ʼn ingewikkelde besluit wees wat lede moet neem.
Hoewel die gedagte is om lede voor aftrede toegang tot hul spaarpot te gee in tye van finansiële nood, moet mens tog mooi dink voordat jy hierdie opsie uitoefen. Volgens die Nasionale Tesourie kan slegs sowat 6% van Suid-Afrikaners met gemak aftree. Dit beteken, soos sake nou staan, het die meeste mense reeds nie genoeg vir hul aftrede voorsiening gemaak nie.
Gesels gerus met jou finansiële adviseur as jy enige vrae het oor hoe die twee-pot stelsel jou kan affekteer, en om seker te maak dat jou aftreebeplanning in plek is.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.