Pretoria East Newsletter | PSG Wealth

Kontak gerus Leon Ferreira direk, PSG Wealth adviseur.

Eerstens moes ’n mens darem ietsie weggesit het vir aftrede, tweedens moet jy nie te veel trek nie, derdens moes daardie kapitaal goed belê gewees het, en laastens is daar natuurlik die geweldige krag van saamgestelde groei.

Ons het kliënte se beleggings behoorlik gediversifiseer vir inkomste, beskerming en groei, en namate valutabeheer verslap is, het ons kliënte se beleggings ook oorsee gediversifiseer.

Ten spyte van geopolitieke onstuimigheid was 2023 ’n goeie jaar vir ons kliënte, terwyl die Amerikaanse aandelebeurs baie sterk presteer het danksy veral die groot tegnologiemaatskappye. Aandeelmarkte is nou maar altyd wisselvallig en onvoorspelbaar, en die volgende regstelling of beermark is altyd om die draai.

Dis egter baie interessant dat beermarkte ’n algemene verskynsel is, maar baie minder voorkom as bulmarkte, en dat die dalings kleiner en korter van duur is as die stygings en duur van bulmarkte. Op die grafiek hieronder lyk dit dalk of die onlangse bulmark maar in ’n beginfase is?

Die waarde van ’n finansiële adviseur

Die waarde van finansiële advies is goed bekend. Montmarquette en Viennot-Briot het gewys dat geadviseerde huishoudings oor ’n 15-jaarperiode 290% meer bates akkumuleer (oftewel amper drie keer meer) as huishoudings sonder advies.

Russell Investments in die VSA het onlangs navorsing vrygestel wat wys dat die gedragsbestuur-element van advies alleen 2,02% werd is vir beleggers. Wanneer ander dimensies soos herbalansering, produkbelyning en belastingbeplanning ingesluit word, is die waarde van ’n adviseur soveel as 4,83% per jaar.

Is jy gelukkiger as die meeste mense?

Vir my as finansiële adviseur is die grootste plesier om vir kliënte te kan se dat hulle hul nie vir een oomblik oor hul finansiële welvaart hoef te bekommer nie en kan fokus op geluk (oftewel tevredenheid, nie toeval nie).

Wetenskaplikes het ’n toets saamgestel wat wys jy is gelukkiger as die meeste mense indien jy saamstem met die volgende stellings:

  1. Jy bestuur jou finansies goed en leef binne jou vermoëns. Jy het genoeg geld om alles te doen wat jy wil.
  2. Jy stel en bereik doelwitte gereeld.
  3. Jy maak altyd tyd vir uitstappies of reise saam met vriende en familie.
  4. Jy gebruik jou sterkpunte om elke dag dit te doen waarin jy goed is.
  5. Jy voel veilig en beskermd in jou gemeenskap.
  6. Jy leer elke dag iets nuuts of interessants.
  7. Jy het iemand in jou lewe wat jou aanmoedig om gesond te leef.
  8. Jy eet elke dag gesond.
  9. Jy eet vyf porsies vrugte en groente ten minste vier keer per week.
  10. Jy het die afgelope 12 maande erkenning ontvang vir jou hulp om die stad of jou omgewing te verbeter.
  11. Jy rook nie.
  12. Jy is op ’n normale, gesonde gewig.
  13. Jy besoek die tandarts ten minste een keer per jaar.
  14. Jy oefen minstens 30 minute ten minste drie keer per week.
  15. Jy is elke dag aktief en produktief.

E.B. White skryf, “I arise in the morning torn between a desire to improve (or save) the world and a desire to enjoy (or savour) the world. This makes it hard to plan the day.” The key is to find that sweet spot between savouring life now and doing things that lead to a richer, more meaningful outcome in the future.

Met erkenning aan Momentum.

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us