Pretoria East Newsletter | PSG Wealth

Kontak gerus Morné Oosthuizen direk, PSG Wealth adviseur.

Om dit te verduidelik, kom ons gaan kyk bietjie na van die “goue eiers” (en ook van die “vrot eiers”) oor die laaste dekade:

Naspers: 386%

Facebook: 733%

Apple: 837%

Microsoft: 913%

Amazon: 959%

Capitec: 987%

Nvidia: 5 411%

Bitcoin: 7 644%

Hier is van die vrot eiers:

Pick ʼn Pay: -56%

Sasol: -72%

Kodak: -85%

Credit Suisse: -95%

Steinhoff: -100%

Bogenoemde name wys hoekom dit so belangrik is om ʼn gediversifiseerde aandeleportefeulje te hê, om die risiko’s dat jy sekere aandeelkeuses verkeerd gaan kry te beperk. Die feit bly staan dat jy net 51% van jou keuses moet regkry in ʼn goed bestuurde portefeulje.

Die volgende vraag wat ons tans gereeld kry, is of die tegnologie-aandele in Amerika nou iets van die verlede is, en of ʼn belegger nog steeds in hulle moet belê? Kom ons kyk na ʼn paar van hierdie maatskappye:

  • Nvidia: Nvidia beheer 90% van die kunsmatige intelligensie-mark vir mikroskyfies. Die maatskappy het oor die laaste jaar sy inkomste met 200% opgestoot, en die verwagte jaarlikse inkomstegroei oor die volgende paar jaar is ongeveer 42%.
  • Meta: Ontleders verwag inkomstegroei van meer as 20% per jaar vir hierdie maatskappy oor die volgende paar jaar.
  • Amazon: Amazon lyk duur op ʼn prys/verdienste-grondslag. Dit verhandel egter teen 22 keer bedryfswins, wat ongeveer 20% onder Amazon se gemiddelde oor die laaste 10 jaar is.
  • Alphabet: Die verwagte verdienstegroei vir Alphabet is ongeveer 18%. Beide Google en YouTube optimaliseer geteikende bemarkingsveldtogte met die massas data tot hul beskikking. Hierdie maatskappy kan beskryf word as ʼn vervelige “money printing machine”.

Gevolglik is ons steeds positief oor hierdie maatskappye as deel van jou gediversifiseerde portefeulje.

Die tweede aspek wat ons wil aanraak, is die gesprek rondom goue visums. Ons dink uit ʼn reisoogpunt is die voordele van hierdie visumprogramme baie aantreklik. Die ander voordeel is natuurlik ook dat dit ʼn “plan B” vir baie Suid-Afrikaners is.

Daar is egter baie goeie redes hoekom ons almal steeds in Suid-Afrika woon. Omdat ons so omring word met negatiewe nuus, en ons media ook daarop fokus, vergeet ons egter gereeld al die wonderlike aspekte wat ons steeds lief hou vir ons land.

Ek het onlangs ʼn dokument gelees wat opgestel is deur ʼn maatskappy in die Verenigde Koninkryk, wat 25 redes gee vir Britte om na Suid-Afrika te verhuis. Ek wil so ʼn paar van hierdie redes uitlig:

1. Uitsigte en landskappe:

Of jy nou by die kus, in die Drakensberge, in die Hoëveld of in die Laeveld staan, onvergeetlike tonele lê uitgestrek voor jou.

2. Jou kontant gaan verder:

In ʼn 2022-studie van die duurste stede (227 stede het deelgeneem) in die wêreld het Johannesburg 193ste geëindig, Kaapstad 194ste en Durban 216de. In ʼn later studie is ook bevind dat verblyf 63% goedkoper is in Suid-Afrika as in die VK, en uiteet 51% goedkoper.

3. Sonsondergange:

Duisende Suid-Afrikaners reis na plekke soos die Griekse eiland Santorini om die sonsondergang te gaan kyk. Maar is daar ʼn mooier prentjie as wanneer jy met jou glasie wyn rondom ʼn vuurtjie in die wildtuin sit, en die son kleur alles pienk en oranje?

4. Humorsin:

Ons het hierdie ongelooflike vermoë om vir onsself asook ons probleme te lag. Dink maar net hoe gereeld jy, as slegte nuus bekend word, binne 15 minute ʼn Whatsapp daaroor kry wat jou laat lag.

5. Die Groot Vyf:

Hieroor hoef ons nie veel te sê nie. Buitelandse toeriste betaal derduisende rande om in Afrika te safari – vir ons is dit op ons voorstoep.

6. Mooiste strande:

Weereens reis ons as Suid-Afrikaners na Mauritius, die Maldive, Thailand en verskeie Europese lande, maar is daar strande met ʼn mooier uitsig as Bloubergstrand?

7. Beste weer:

Ons gemiddelde hoogste temperature in ons koudste maand is warmer as die gemiddelde hoogste temperature in die VK se warmste maand. Genoeg gesê...

8. Diversiteit van kulture:

Politici hou daarvan om te fokus op die kultuurverskille, en om haat te probeer stook. Maar is dit nie ongelooflik dat wanneer ʼn Suid-Afrikaner ʼn Springboktrui oor die kop trek, daar geen kleur-, kultuur- of godsdiensverskille ter sprake is nie? Dit is tog wat die meeste Suid-Afrikaners wil hê.

Om af te sluit, haal ek graag die woorde van Desmond Tutu aan:

“Hope is being able to see there is light despite all of the darkness.”

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us