InShort
Advies oor kommersiële eiendomsversekering vir jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs

Klein ondernemings in Suid-Afrika het met verskeie unieke uitdagings te kampe, asook spesifieke tipes risiko en risikovlakke. ʼn Strategiese benadering tot langtermyngroei en ʼn sterk strategie om risiko te verlaag kan help om jou onderneming teen onvoorsiene gebeurlikhede te beskerm, sodat jou besigheid een van die miljoene kan word wat die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang hou.
Versekering beskerm jou besigheid
Klein ondernemings in Suid-Afrika het met verskeie unieke uitdagings te kampe, asook spesifieke tipes risiko en risikovlakke. ʼn Strategiese benadering tot langtermyngroei en ʼn sterk strategie om risiko te verlaag kan help om jou onderneming teen onvoorsiene gebeurlikhede te beskerm, sodat jou besigheid een van die miljoene kan word wat die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang hou.
Hierdie drie brokkies advies oor wat jy moet oorweeg wanneer jy kommersiële eiendomsversekering koop, sal jou help om jou besigheid veilig op dreef te kry.
- Versekering beskerm jou besigheid
Dit is belangrik om in gedagte te hou dat, as jy nie versekering het nie, ʼn onvoorsiene gebeurlikheid soos waterskade wat deur ʼn lekkasie veroorsaak word, brandskade of toevallige skade aan toerusting jou uiteindelik baie meer uit die sak kan jaag as die totale bedrag van jou versekeringspremies. In ʼn klein onderneming, waar kontantvloei die belangrikste faktor is, kan ʼn onverwagse en onbeplande finansiële verlies die besigheid ʼn erge knou gee waarvan dit baie moeilik sal herstel. Dis waarom eiendomsversekering noodsaaklik is.
Dink aan versekering vir jou besigheid in terme van drie belangrike faktore – beskerming, voorbereiding en gemoedsrus. - Oorweeg die verskil tussen mark- en vervangingswaarde
Een van die grootste foute wat nuwe besigheidseienaars begaan, is om te min versekering vir hul kommersiële eiendom aan te gaan – d.w.s. die eiendom is onderverseker. Daarom is dit uiters belangrik om eers ʼn waardasiekenner te raadpleeg om ʼn akkurate waardasie van jou eiendom te kry, en dan advies by ʼn versekeringsadviseur in te win, wat jou ʼn basiese begrip sal gee van hoe versekering jou spesifieke werksaamhede kan baat.
Eerstens moet jy die verskil tussen die markwaarde en die vervangingswaarde van jou eiendom verstaan, en ook seker maak dat jy nie die munisipale waarde gebruik nie. Nog iets om in gedagte te hou, is dat markwaarde ook die waarde van die grond insluit, wat buite rekening gelaat moet word as die versekerbare waarde bepaal word.Oor die algemeen is markwaarde die bedrag wat die eiendom werd is met betrekking tot omliggende eiendomme waarvan die grootte en ligging baie dieselfde is. Die koopprys kan óf hoër óf laer as die markwaarde wees. Vervangingswaarde neem egter die bedrag in ag wat dit sou kos om die eiendom van die grond af op te bou. Die vervanging van die struktuur se los en vaste toebehore word in berekening gebring, asook addisionele koste soos die koste van sloping en puinverwydering. Versekering van eiendom vir die koopprys alleen sal nie die totale slopingskoste in die geval van rampe soos ʼn brand of oorstroming dek nie.
- Verstaan die fyner besonderhede
Kommersiële eiendomsversekering werk ʼn bietjie anders as huisversekering, omdat verskeie afdelings nodig kan wees om voldoende dekking te verseker. Kommersiële versekering moet uitgeneem word om die gebou te verseker, met aparte afdelings vir kantoorinhoud en elektroniese toerusting. ʼn Soortgelyke benadering is nodig waar voorraad afsonderlik van die aanleg en masjinerie verseker moet word. Hou in gedagte dat kommersiële versekeringspolisse by elke kliënt se unieke besigheidsbehoeftes aangepas word.
Oor die algemeen is die beste manier om te sorg dat jou ervaring met kommersiële versekering sonder haakplek verloop, om op die ervaring van ʼn adviseur staat te maak. Die adviseur sal jou goeie advies kan gee oor risiko’s wat spesifiek op jou sektor, geografiese gebied, bedryfsvereistes en werkreëlings betrekking het.Vra vrae en bemagtig jouself met kundige menings en advies wat jou sal help om ingeligte, strategiese besluite oor die toekoms van jou besigheid te neem.
Share





