00

InShort

Dek motorversekering “draagbare besittings” wat saamgeneem word op die pad? Wat kliënte moet weet

PSG, InsureInsure

Dek motorversekering “draagbare besittings” wat saamgeneem word op die pad?  Wat kliënte moet weet

Na berig word, het tot 70% van Suid-Afrikaanse motoriste nie motorversekering nie, wat op sigself ’n onrusbarende statistiek is. Daar is egter nog ’n risiko-aspek wat oorweeg moet word, en dit raak die 30% van motoriste wat wél teen ongelukke en skade verseker is. Die risiko bestaan dat versekerde persone nie ’n duidelike begrip het van wat hul polisse dek nie.

Na berig word, het tot 70% van Suid-Afrikaanse motoriste nie motorversekering nie, wat op sigself ’n onrusbarende statistiek is.

Na berig word, het tot 70% van Suid-Afrikaanse motoriste nie motorversekering nie, wat op sigself ’n onrusbarende statistiek is. Daar is egter nog ’n risiko-aspek wat oorweeg moet word, en dit raak die 30% van motoriste wat wél teen ongelukke en skade verseker is. Die risiko bestaan dat versekerde persone nie ’n duidelike begrip het van wat hul polisse dek nie.

Wanneer kliënte motorversekering uitneem, fokus hulle miskien net op die ooglopende risiko van ’n motorongeluk. Suid-Afrika word egter ook geteister deur die hoë voorkoms van diefstal uit motors – insluitend 120 000 grypaanvalle per jaar – en ’n verstommende toename in die blokkering moet ook afstandbeheer. Dit beteken motoreienaars moet ook beskerming oorweeg teen finansiële verliese as gevolg van diefstal uit hul motor.

Die totale waarde van items wat vervoer kan word (en selfs in ’n motor gelaat word) kan vinnig ʼn groot bedrag word. Voorbeelde sluit selfone, skootrekenaars, kameras, juweliersware, beursies, sonbrille en kledingstukke in. Indien jy die slagoffer van ’n grypaanval is, of as hierdie items uit ’n voertuig gesteel word, sal die skade aan die voertuig deur ’n omvattende versekeringspolis gedek wees. Maar die items sal nie gedek wees nie. Vir hierdie tipe “draagbare” bates is alle risiko-dekking die beste beskermingsopsie. Dié soort dekking word gewoonlik as ’n aanvulling van jou huiseienaars- en inhoudversekeringspolis aangebied.

Sommige huisinhoud-polisse sluit ’n basiese vlak van alle risiko-dekking in. Ongespesifiseerde alle risiko-dekking verskaf breë dekking vir algemene items soos ’n handsak of sportsak. Afhangende van die versekeraar, kan ’n maksimum perk geld vir wat in elke geval gedek word. Dit is belangrik dat jy duidelik weet wat hierdie limiete is, aangesien dit dalk nie genoeg is om die volle skade te dek nie. Om die versekerde waarde van die alle risiko-afdeling in jou huisinhoud-polis te verhoog kan ’n gedeeltelike oplossing wees, maar bates met ’n hoë waarde soos trouringe, skootrekenaars, selfone, tablette en professionele kameras moet in die alle risiko-afdeling gespesifiseer word. Voorwaardes vir watter items in ’n alle risiko-polis gespesifiseer moet word, sal van versekeraar tot versekeraar verskil. Dus moet spesiale aandag hieraan gegee word wanneer polisse vergelyk word.

Die premie vir alle risiko-versekering word bereken op grond van ’n aantal faktore wat verband hou met elke kliënt se unieke waargenome risiko. Een manier om die risiko van grypaanvalle te verminder is om te sorg dat alle items in die voertuig uit die oog gehou word – óf in die kattebak óf in die paneelkissie – wanneer dit geparkeer is of wanneer stilgehou word by ’n verkeerslig. Maak seker die motor is behoorlik gesluit, en toets dit deur die deurhandvatsel te trek voordat jy wegstap; dit is ook ’n goeie manier om afstandbeheer-blokkering te voorkom.

Ander voorsorgmaatreëls wat getref kan word om waardevolle items te beskerm, is om veiligheidsfilm op jou motor se vensters aan te bring om die glas te versterk en sigbaarheid na binne te verminder, en seker te maak jou motoralarm werk goed.

Waaksaamheid is egter waarskynlik die beste beskerming. Vermy parkering in swak verligte of afgeleë areas waar moontlik, en maak seker niemand volg jou wanneer jy na jou motor terugkeer nie. Volg hierdie klein maar lewensbelangrike gewoontes om nie net die veiligheid van jou voertuig te help verseker nie, maar ook die items binne-in.

Share