00

InShort

Motorfietsversekering: doeltreffende beskerming teen risiko’s op Suid-Afrikaanse paaie

PSG, InsureInsure

Motorfietsversekering: doeltreffende beskerming teen risiko’s op Suid-Afrikaanse paaie

Hoewel die meeste Suid-Afrikaners weet hoe onteenseglik belangrik motorversekering is, is die behoefte aan motorfietsversekering skynbaar nie iets wat so dikwels beklemtoon word soos versekering vir vierwielvoertuie nie. Dit bring mee dat mense nie so sterk daarop ingestel is om genoeg motorfietsdekking te hê nie, al is die versekeringsoorwegings baie soos dié vir motors. Om ʼn verantwoordelike motorfietseienaar in Suid-Afrika te wees, is dit belangrik om die regte dekking te kies wat beskerming teen die risiko’s op die land se paaie help verleen.

Om ʼn verantwoordelike motorfietseienaar in Suid-Afrika te wees, is dit belangrik om die regte dekking te kies

Hoewel die meeste Suid-Afrikaners weet hoe onteenseglik belangrik motorversekering is, is die behoefte aan motorfietsversekering skynbaar nie iets wat so dikwels beklemtoon word soos versekering vir vierwielvoertuie nie. Dit bring mee dat mense nie so sterk daarop ingestel is om genoeg motorfietsdekking te hê nie, al is die versekeringsoorwegings baie soos dié vir motors. Om ʼn verantwoordelike motorfietseienaar in Suid-Afrika te wees, is dit belangrik om die regte dekking te kies wat beskerming teen die risiko’s op die land se paaie help verleen.

Sommige sal miskien genoeg versekering aangaan om die koste van skade of verlies in die geval van ʼn ongeluk of diefstal te dek, maar verras wees om uit te vind dat verskeie versekeraars nou vereis dat motorfietse vir versekeringsdoeleindes met opsporingstoestelle toegerus moet wees. Die rede hiervoor is die toename in kapings regoor die land, volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se verslae. Daarom is dit van kardinale belang om seker te maak dat jou motorfiets die regte versekering het, en dat jy jou versekeraar se polisvoorwaardes nakom.

Sleuteloorwegings wanneer jy jou motorfiets verseker
Motorfietseienaars moet gewoonlik kies tussen ʼn omvattende polis, dekking vir derdeparty-aanspreeklikheid of ʼn polis wat beide derdeparty-dekking en diefstal insluit. Verskeie faktore sal die prys van ʼn motorfietsversekeringspremie bepaal, waaronder die bestuurder se ouderdom en eisegeskiedenis, die motorfiets se fabrikaat en model, die krag/gewig-verhouding daarvan, en hoe lank die motorfietsryer al ʼn lisensie het. Dit is belangrik dat motorfietsryers in gedagte hou dat hulle nog steeds om ʼn aparte lisensie moet aansoek doen en een moet kry om hul motorfiets te bestuur, al het hulle ʼn bestuurslisensie vir ʼn konvensionele motorvoertuig.

Die regte lisensie is by die meeste versekeraars ʼn voorvereiste, hoewel sommige verskaffers motorfietseienaars met slegs ʼn leerlinglisensie kan toelaat om versekeringspolisse aan te gaan. In laasgenoemde geval moet die motorfietseienaar in ag neem dat Suid-Afrikaanse verkeerswette hulle nie toelaat om ʼn passasier op hul motorfiets te vervoer voordat hulle ʼn bestuurslisensie gekry het nie. Voorts moet motorfietseienaars, net soos eienaars van motorvoertuie, die padreëls gehoorsaam om aan hul versekeraar se vereistes te voldoen en te voorkom dat eise onnodiglik afgewys word,

Spesifiseer hoe jy beoog om jou motorfiets te gebruik
In die aansoekfase moet motorfietseienaars die hoofdoel van hul motorfiets meld – of dit vir persoonlike of kommersiële doeleindes gebruik gaan word, of om aan mededingende wedrenne deel te neem. Verskeie uitsluitings kan van toepassing wees op motorfietsryers wat aan wedrenne deelneem.

Beskermende toerusting soos valhelms kan meer as R15 000 kos, terwyl die jongste motorfietsvalhelms deesdae met Bluetooth-tegnologie geïntegreer is en ingeboude klank- en kommunikasiestelsels kan bevat. Dit kan dus baie duur wees om sulke hoëtegnologie-toerusting te vervang. Om hierdie rede kan dit vir motorfietseienaars raadsaam wees om nie net die voertuig self te verseker nie, maar ook hul toerusting as bykomstighede by hul alle-risiko-polis te voeg. Beskermende items, asook items soos leerkledingstukke, GPS-stelsels, bagasiehouers, kolligte en trappies kan ook as bykomstighede gespesifiseer word.

Risikobestuurstrategieë vir motorfietsryers
Doeltreffende risikobestuur sluit in om veilig te bestuur, gereeld veiligheidsondersoeke te doen en seker te maak die motorfiets word behoorlik in stand gehou en bly padwaardig.

Gevorderde bestuurskursusse kan motorfietsryers met groter vaardigheid en behendigheid op die pad toerus. Dit kan ʼn lewensreddende faktor wees, veral gedurende die spitsverkeerseisoene soos Paasnaweek en ander vakansietye, wanneer die ongeluksyfer op Suid-Afrikaanse paaie elke jaar hoog is. Motorfietsryers word ook aangemoedig om glimbaadjies te dra en weerkaatsers op hul klere en motorfiets aan te bring om veral in die aand so sigbaar as moontlik te wees op die pad.

ʼn Versekeringspolis kan ʼn uiters nodige veiligheidsnet wees in die geval van ʼn ongeluk of misdaadverwante insident. En soos met enige ander tipe versekering, is dit belangrik dat motorfietsryers met hul adviseurs gesels om hul persoonlike behoeftes te bespreek en die mees geskikte polis vir hul eie omstandighede te kies.

Share