InShort
ʼn Vierpunt-gids oor versekering vir eerstekeer-huiskopers

Huis koop is een van die grootste beleggings wat die meeste mense in hul leeftyd sal aangaan, en dit kan redelik stresvol wees. Daar is baie aspekte om te oorweeg voordat die kontrak geteken word: huislenings, oordragkoste, verbandregistrasie, en natuurlik versekering.
Huis koop is een van die grootste beleggings wat die meeste mense in hul leeftyd sal aangaan.
Huis koop is een van die grootste beleggings wat die meeste mense in hul leeftyd sal aangaan, en dit kan redelik stresvol wees. Daar is baie aspekte om te oorweeg voordat die kontrak geteken word: huislenings, oordragkoste, verbandregistrasie, en natuurlik versekering.
Vir eerstekeer-huiskopers kan dit ʼn bietjie oorweldigend wees om te bepaal watter soort versekering hulle nodig het. Hier is vier wenke wat jou kan help:
-
Gee vir jou versekeraar al die tersaaklike besonderhede
Het jy geweet die tipe eiendom wat jy koop, sal ʼn invloed hê op watter versekeringsdekking jy nodig het? Daar is drie hooftipes residensiële eiendom in Suid-Afrika: eiendom in volle besit, deeltitel en eiendom binne ʼn kompleks. Versekeringspolisse vir hierdie tipes eiendom sal spesifieke klousules insluit wat op die aard van die eiendom betrekking het.
Byvoorbeeld, in die geval van vrystaande eiendom (eiendom in volle besit) sal verbandgewers gewoonlik vereis dat huiskopers versekering uitneem wat die fisieke struktuur van die huis dek. In die geval van deeltitel-eiendom of woonstelle in woonkomplekse, word regspersone volgens wet verplig om die fisieke struktuur van jou woonplek te verseker en die maandelikse premie by die betaalbare heffings in te sluit. Wat jy egter in gedagte moet hou, as jy ʼn woonstel gekoop het met die gedagte om opknappings te doen wat die struktuur van die eenheid sal verander, is dat jy die regspersoon se goedkeuring daarvoor moet kry, sodat hulle die versekeraar daarvan in kennis kan stel.
Net so moet jy, as jy opknappings aan jou vrystaande huis doen of aanbou, jou versekeraar in kennis stel en jou dekking daarvolgens laat aanpas. . - Moenie jou huisinhoud vergeet nie
Die meeste eerstekeer-huiskopers is deeglik bewus van die versekering wat die finansiële gevolge van ʼn ernstige insident soos ʼn brand, gebarste geiser of die ineenstorting van ʼn deel van die struktuur dek. Hoewel hierdie potensiële insidente wesenlike risiko’s inhou, is dit maar net die helfte van die verhaal.
Geboueversekering (wat die struktuur van die huis dek) sluit nie outomaties die huisinhoud – items soos meubels, elektriese toestelle, jou klere of ander persoonlike besittings – in nie. Onthou dat versekering nie staties is nie – jy sal jou polis gereeld moet hersien om seker te maak enige nuwe items wat jy koop, is nog steeds binne die versekerde bedrag. Of as jy afgeskaal het, maak seker dat jy nie oorverseker is nie. Dit kan soms meer kostedoeltreffend wees om al jou versekeringsbehoeftes binne een polis te dek – byvoorbeeld deur jou huisinhoud en motorversekering te kombineer. Die belangrikste is om te onthou dat versekering bedoel is om spesifieke risiko’s te dek, waaroor jy en jou versekeraar ooreengekom het. Dit bring ons by die volgende punt. -
Verstaan jou verantwoordelikheid as polishouer
Om voldoende versekering aan te gaan, is net een element van jou persoonlike risikobestuurstrategie. Met die berekening van jou premie oorweeg versekeraars verskeie faktore soos die misdaadvlak in die betrokke omgewing, asook wat jy as huiseienaar gedoen het om potensiële risiko’s te verlaag.
As jy veiligheidstelsels soos ʼn diefalarm, veiligheidskameras en ʼn elektriese heining installeer, en die dienste van ʼn privaat sekuriteitfirma gebruik, kan dit baie help om jou premie te verlaag. Hou ook in gedagte dat van hierdie elemente voorvereistes kan wees wanneer jy versekering aangaan, afhangende van hoe jou polis saamgestel is. Dit is belangrik om te onthou dat, wanneer jy jou polisvoorwaardes aanvaar het, dit jou verantwoordelikheid is om te sorg dat jou huis se veiligheidstelsels in stand gehou word en werk, om ʼn moontlike afwysing van jou eis of onnodige komplikasies te vermy. Net so bly dit jou verantwoordelikheid om te sorg dat die nodige instandhouding gereeld gedoen word om voorkombare skade aan jou eiendom te verhoed. - Hou jou adviseur op hoogte
Om te sorg dat jy genoeg dekking het vir waarskynlik die grootste bate wat jy ooit sal besit, kan dit raadsaam wees om gereeld met jou adviseur te gesels. Die versekering van jou eiendom sal jou die gemoedsrus gee dat jou belegging veilig is, selfs wanneer iets onverwags gebeur. Elke eiendom is uniek, en daar is ʼn magdom gebeurlikhede wat in ag geneem moet word. Jou versekeringsbehoeftes sal ook mettertyd verander, namate jou versekerbare batepoel groter en later kleiner word. ʼn Adviseur sal jou nie net leiding kan gee oor aspekte soos hoe die eisproses werk nie, maar ook kan help verseker dat jou dekking voldoende bly terwyl jou persoonlike omstandighede en versekeringsbehoeftes oor die jare verander.
Share





