InShort
Reisgereed? Maak seker jy het dekking vir reisverwante risiko’s voordat jy vertrek

Aan die einde van die jaar is daar gewoonlik ʼn toename in plaaslike en internasionale reise, en baie Suid-Afrikaners gebruik die skoolvakansie en feestyd om nuwe bestemmings te ontdek en ontgin. Vanjaar het ons gesien dat internasionale reise weer nader aan die vlakke van voor die pandemie beweeg. Nadat reisplanne die afgelope paar jaar weens pandemieverwante beperkings ernstig ingekort is, wil baie mense nou hul reisskoene afstof en weer oorsee gaan.
Aan die einde van die jaar is daar gewoonlik ʼn toename in plaaslike en internasionale reise, en baie Suid-Afrikaners gebruik die skoolvakansie en feestyd om nuwe bestemmings te ontdek en ontgin. Vanjaar het ons gesien dat internasionale reise weer nader aan die vlakke van voor die pandemie beweeg. Nadat reisplanne die afgelope paar jaar weens pandemieverwante beperkings ernstig ingekort is, wil baie mense nou hul reisskoene afstof en weer oorsee gaan.
Wanneer die reisgogga byt – of jy nou plaaslik of in die buiteland reis – kan ʼn mens maklik vergeet dat reis ook heelwat onvoorsiene gebeurlikhede inhou wat jou duur te staan kan kom as jy nie behoorlik voorbereid is nie. Juis om hierdie rede moet Suid-Afrikaners seker maak dat hulle reisversekering by hul lysie van noodsaaklike items insluit voordat hulle ʼn oorsese reis aanpak of ons land verken.
Reisversekering help kliënte om reisverwante risiko’s te verminder – dit is risiko’s soos die verlies of diefstal van bagasie, vlug- of reiskansellasies, mediese koste, sterfte en ongeskiktheid, en persoonlike aanspreeklikheid.
Reisversekeringspolisse moet uitgeneem word voordat jy op reis gaan. Dit kan tot 12 maande voor die reis gereël word. Die pandemie het gewys hoe belangrik reisversekering is. Daar is ʼn paar belangrike aspekte waarvan reisigers bewus moet wees, omdat dekking nie in alle gevalle beskikbaar is nie. Hoewel sommige banke komplimentêre reisdekking aanbied wanneer vliegkaartjies met ʼn kredietkaart gekoop word, dek hierdie polisse gewoonlik net ʼn spesifieke reeks reiskoste en fokus hoofsaaklik op beperkte mediese dekking. Dit maak nie voorsiening vir gebeurlikhede soos die verlies van bagasie of kansellasiekoste nie. Daarom word reisigers aangeraai om aanvullende addisionele dekking uit te neem om ander gebeurlikhede te dek en spesifiek vir genoeg mediese dekking voorsiening te maak.
ʼn Omvattende reisversekeringspolis sal selfs die koste van lugvervoer dek indien die persoon per helikopter na die naaste hospitaal vervoer moet word. Laasgenoemde dekking is veral belangrik in gevalle waar reisigers na afgeleë gebiede of streke gaan wat moeilik met ʼn voertuig bereik kan word – soos ʼn staptog of skivakansie, en eilandbesoeke en seereise.
Oor die algemeen is daar egter ʼn paar standaard-uitsluitings waarvan kliënte bewus moet wees, soos koste wat aangegaan word omdat ʼn reis as gevolg van ʼn uitbreking van Covid-19 gekanselleer word. Verder kry swanger vroue vanaf die eerste dag van die 26ste week van swangerskap nie reisdekking nie, op welke tydstip mediese dokters kan aanbeveel dat die persoon glad nie reis nie, afhangende van haar gesondheid. Mediese eise as gevolg van voorafbestaande siektes van ʼn vaskulêre, kardiovaskulêre of serebrovaskulêre aard word uitgesluit vir reisigers van 70 jaar en ouer.
Die premie sal deur ʼn aantal faktore beïnvloed word, soos of die reistydperk langer as 32 dae is en of die bestemming plaaslik of internasionaal is. Die onderskrywer sal ook in ag neem of die reis vir ontspannings- of sakedoeleindes is. Indien dit vir albei doeleindes is, sal ʼn gepaste verhouding bepaal word, wat ʼn invloed sal hê op die koste van die premie.
Die persoon se gesondheid, en of hy/sy enige chroniese toestande het, sal ook in ag geneem word. Programaktiwiteite soos swem en staptogte word as ʼn standaardkomponent van die polis ingesluit. As die persoon egter reis om aan ʼn kompetisie of ekstreme sportgebeurtenis soos die Olimpiese Spele of Tour de France deel te neem, sal dit ook die prys van die premie affekteer.
Die uitsluitings en ook die voorwaardes van elke polis sal heelwat verskil van geval tot geval. Daarom is dit belangrik dat reisigers voor die tyd met hul adviseurs gesels en kyk na aspekte soos hul reisprogram, of familielede saamgaan, en enige siektes wat in ag geneem moet word.
Share





