00

InShort

Vier mites oor korttermynversekering vir kleinsake die nek ingeslaan

PSG, InsureInsure

Vier mites oor korttermynversekering vir kleinsake die nek ingeslaan

Die bestuur van ʼn suksesvolle kleinsakeonderneming in Suid-Afrika is nie ʼn geringe prestasie nie. Entrepreneurs het met verskeie uitdagings te kampe in verskillende fases van hul besigheid se ontwikkeling. Een uitdaging wat egter uit die staanspoor aangepak moet word, is die verantwoordelikheid wat elke besigheidseienaar het om hul unieke risikoblootstelling te verstaan en maniere te vind om so goed voorbereid as moontlik te wees vir die onverwagte.

...elke besigheidseienaar het om hul unieke risikoblootstelling te verstaan en maniere te vind om so goed voorbereid as moontlik te wees vir die onverwagte.

Die bestuur van ʼn suksesvolle kleinsakeonderneming in Suid-Afrika is nie ʼn geringe prestasie nie. Entrepreneurs het met verskeie uitdagings te kampe in verskillende fases van hul besigheid se ontwikkeling. Een uitdaging wat egter uit die staanspoor aangepak moet word, is die verantwoordelikheid wat elke besigheidseienaar het om hul unieke risikoblootstelling te verstaan en maniere te vind om so goed voorbereid as moontlik te wees vir die onverwagte.

Mite 1: Versekeringsadviseurs is net produkspesialiste
Een van die grootste mites wat die versekering van klein tot medium ondernemings betref, is dat korttermynversekering eenvoudig genoeg is dat mens dit self kan hanteer. Hierdie wanopvatting spruit grotendeels voort uit die gedagte dat versekeringsadviseurs bloot tussengangers is, en dat waardevolle geld en hulpbronne bespaar kan word as die “middelman” uitgeskakel word.

Dit is egter uiters belangrik om te verstaan dat versekeringsadviseurs ervare professionele persone is. Hulle ondergaan verpligte en deurlopende opleiding en ontwikkeling om die ingewikkelde kwessies van die risikolandskap te verstaan. Hul rol behels dus heelwat meer as om net versekeringsprodukte te verkoop. Toegerus met deeglike kennis van bedryfsontwikkelinge en gebeure is hulle ook risiko- en besigheidspesialiste uit eie reg.

Dit is veral van toepassing binne die konteks van die huidige moeilike markomgewing, wat gekenmerk word deur hoër versekeringspremies, strenger onderskrywingskriteria en die redelik beperkte kapasiteit van versekeraars om hoër risikovlakke te dra.

Strenger onderskrywing bring dikwels mee dat polisbewoording hersien word en duideliker uitspel wat die kliënt se verantwoordelikhede is. Hier kan adviseurs kliënte help om deur bedryfsterminologie te werk en ʼn duideliker begrip te kry van wat van hulle verwag word en wat hulle moet doen om verliese te voorkom.

Mite 2: Net groot maatskappye kan voordeel trek uit korttermynversekering
Nog ʼn mite is dat net groot maatskappye korttermynversekering nodig het, omdat hul risikoblootstelling relatief groter is as gevolg van die grootte van hul werksmag, sakeperseel en maatskappytoerusting.

Die realiteit is egter dat groter maatskappye dikwels groter toegang tot hulpbronne en noodfondse het, asook tot die aanvullende sekuriteit wat hulle nodig kan hê om in die geval van ʼn onvoorsiene ramp finansiering te bekom. Vir klein ondernemings kan die moontlike verlies ná risikogebeurtenisse soos kubermisdaad, plundering, brand of werknemerverwante skade onomkeerbaar wees.

Versekering vir sakeonderbreking het tot die redding gekom van baie kleinsakeondernemings wat besluit het om ʼn omsigtige benadering te volg tot die bestuur van onvoorsiene risiko’s soos die Covid-19-pandemie. In die geval van die Julie 2021-onluste het kleinsake wat voor dié gebeurtenis ʼn SASRIA-polisuitbreiding aangegaan het, baat gevind by die veiligheidsnet wat hierdie spesifieke dekking verskaf het.

In sulke gevalle maak die regte tipe versekeringsdekking vir die besigheid dikwels die verskil tussen ondergang en oorlewing – in plaas van om noodgedwonge die besigheid toe te maak, kan die verliese genoegsaam verhaal word om in bedryf te bly.

Mite 3: Versekeringsdekking is ʼn standaard-ooreenkoms
Nog ʼn wanopvatting is dat daar net standaardtipe versekeringspolisse is en dat versekeraars onbuigsaam is wat maandelikse premietariewe en die aard van beskikbare dekking vir kleinsake betref. Trouens, polisse kan aangepas word by die unieke risikoprofiel van ʼn kleinsakeonderneming en ook wat die besigheid kan bekostig.

Hier is die rol van die adviseur om besigheidseienaars te help bepaal wat hulle kan bekostig, op grond van toekomstige risiko’s en hoe hulle hul besigheid posisioneer op ʼn wyse wat enige vorm van toekomstige sakeonderbreking verminder.

In sommige gevalle verkies kleinsake om sekere items self te verseker, om die premietarief so laag as moontlik te hou. Ander sal weer groter bybetalings kies om die maandelikse premiekoste af te bring. Die belangrike faktor om hier te oorweeg is dat adviseurs wat met die regte kennis en inligting toegerus is oor wat ʼn maatskappy nodig het, kan help om die versekering volgens die kliënt se unieke profiel aan te pas.

Mite 4: Sakeversekering is nie bekostigbaar nie
Die mite dat korttermynversekering vir kleinsakeondernemings onbekostigbaar is, is duidelik kortsigtig. Hoewel ʼn premie die kontantvloei van ʼn besigheid oor die kort termyn kan affekteer, is die betaling van maandelikse premies baie meer bekostigbaar en hanteerbaar as om die vervangingswaarde van die sakeperseel, ʼn maatskappyvoertuig of die koste van regsgedinge in die geval van ʼn krisis te dek. Dit is dus noodsaaklik om ʼn langtermynsiening te hê en versekering te beskou as ʼn manier om te verseker dat die besigheid op die been gebring word om lank voort te bestaan.

Risiko en die pad vorentoe
Die stroom kwotasieversoeke wat van kleinsakeondernemings in verskeie sektore ontvang word, getuig van die feit dat sakeleiers besef hoe belangrik dit is om risikobestuur ʼn prioriteit te maak. In ʼn strawwe mark soos die huidige, is adviseurs die beste in staat om kleinsakeondernemings te help om die krisis te trotseer en hul ondernemings toekomsgereed te maak en teen voortdurende besigheidsrisiko’s te beskerm.

 

Share