00

InShort

Vyf maniere waarop ʼn versekeringsadviseur jou finansiële toekoms kan help beveilig

PSG, InsureInsure

Vyf maniere waarop ʼn versekeringsadviseur jou finansiële toekoms kan help beveilig

ʼn Versekeringsadviseur is in die verlede miskien bloot as ʼn “tussenganger” beskou. Die persepsie van so ʼn adviseur was dikwels dié van ʼn tipe verkoopspersoon, wat hoofsaaklik versekeringspolisse aan kliënte verkoop om dekking vir hul eiendom en besittings te verskaf, en hulle met die eisproses te help. In die snelveranderende wêreld van vandag word daar egter al hoe meer van adviseurs verwag om meer as net produkspesialiste te wees. Adviseurs is besig om hulself te vestig as waardevolle vennote met ʼn unieke en vlugge begrip van hul kliënte se risiko’s. Terwyl die tipe en vlak van risiko’s gedurende ʼn kliënt se leeftyd deurentyd verander, speel adviseurs ʼn belangrike rol om kliënte te help om nuwe en ontwikkelende risiko’s die hoof te bied. Hulle help kliënte ook met beplanning om verliese te verminder en uiteindelik te verseker dat kliënte optimale finansiële gesondheid handhaaf deur die regte soort dekking te kies en goeie risikobestuurstrategieë te volg.

Adviseurs speel ʼn belangrike rol om kliënte te help om nuwe en ontwikkelende risiko’s die hoof te bied

ʼn Versekeringsadviseur is in die verlede miskien bloot as ʼn “tussenganger” beskou. Die persepsie van so ʼn adviseur was dikwels dié van ʼn tipe verkoopspersoon, wat hoofsaaklik versekeringspolisse aan kliënte verkoop om dekking vir hul eiendom en besittings te verskaf, en hulle met die eisproses te help. In die snelveranderende wêreld van vandag word daar egter al hoe meer van adviseurs verwag om meer as net produkspesialiste te wees. Adviseurs is besig om hulself te vestig as waardevolle vennote met ʼn unieke begrip van hul kliënte se risiko’s. Terwyl die tipe en vlak van risiko’s gedurende ʼn kliënt se leeftyd deurentyd verander, speel adviseurs ʼn belangrike rol om kliënte te help om nuwe en ontwikkelende risiko’s die hoof te bied. Hulle help kliënte ook met beplanning om verliese te verminder en uiteindelik te verseker dat kliënte optimale finansiële gesondheid handhaaf deur die regte soort dekking te kies en goeie risikobestuurstrategieë te volg.

  1. Die regte dekkingsbedrag en vlak van dekking soos jou lewe verander
    Dit is belangrik om seker te maak dat versekeringspolisse relevant bly vir kliënte se leefstyl en veranderende behoeftes oor die jare, en dit is hier waar adviseurs werklik ʼn verskil kan maak en baie waarde kan toevoeg.

    Die versekeringsbehoeftes van ʼn huishouding met kinders sal byvoorbeeld verander wanneer die kinders universiteit toe gaan of die huis verlaat en hul eie blyplek kry. Op hierdie stadium sal ʼn motorversekeringspolis moontlik aangepas moet word om die verandering in die hoofbestuurder van die voertuig aan te dui, wat beteken die kliënt se maandelikse premie kan verander.

    Wanneer adviseurs kliënteverhoudinge bou wat gereelde, oop gesprekke aanmoedig, stel dit hulle in staat om die mees toepaslike advies aan kliënte te gee – onder andere oor hoe kliënte hul versekeringspolisse kan aanpas soos hul lewe oor die jare verander.

  2. Inligting oor ontwikkelinge in die bedryf
    Nog ʼn belangrike voordeel van ʼn goeie verhouding met jou adviseur is dat jy toegang kry tot die jongste inligting oor die impak van maatskaplike, ekonomiese, geografiese en tegnologiese ontwikkelinge op die tipe en vlak van dekking wat jy nodig het.

    ʼn Sleutelvoorbeeld hiervan is die skerp toename in kubermisdaad – veral in Suid-Afrika, wat al bekend geword het as een van die wêreld se kwesbaarste lande vir opportunistiese kubermisdaad.

    Deel van ʼn adviseur se rol is om op hoogte te bly van hierdie soort ontwikkelinge en om veranderings en risiko’s aan hul kliënte te kommunikeer. Vir besigheidseienaars wat in kuberversekering moet belê, kan hul adviseur ʼn uiters belangrike bron van inligting en insigte wees oor risiko’s wat andersins miskien buite rekening gelaat sou word.

  3. Kundige hulp gedurende die eisproses
    Adviseurs vervul ook ʼn baie waardevolle rol in die eisproses. Met die volledige geskiedenis van hul kliënte se polisse as agtergrond, kan adviseurs kliënte die beste bystaan om eise op die regte wyse in te dien. Waar nodig, kan hulle ook kliënte help om dokumente wat ingedien moet word bymekaar te sit, en die eisproses op te volg. Adviseurs kan ook die eisproses help vereenvoudig, seker maak dat uitbetalings betyds gedoen word, en dat enige geskille ingedien en so doeltreffend as moontlik hanteer word.

  4. ʼn Deeglike begrip van jou rol wat die beskerming van jou bates betref
    Polisse bevat spesifieke klousules, met ʼn uiteensetting van die bepalings en voorwaardes wat in die geval van ʼn eis nagekom moet word. Kliënte wat byvoorbeeld versekering teen diefstal of inbrake uitgeneem het, moet seker maak dat hul veiligheidstelsels (soos elektriese heinings) ten volle in werking bly tydens beurtkrag. Adviseurs kan ʼn sleutelrol vervul deur kliënte met praktiese hulpmiddels en insigte te help sorg dat hul verantwoordelikhede nagekom word.

  5. Ondersteuning om finansiële welstand te handhaaf
    Nog ʼn belangrike rol van adviseurs is om kliënte te help om optimale finansiële welstand te bereik, terwyl versekering die doeltreffendste manier bied waarop kliënte hul bates kan beskerm en risiko kan verminder. Kliënte het ook versekering nodig vir beskerming teen die onvoorsiene. Genoegsame dekking sal broodnodige gemoedsrus gee en is een van die sleutelelemente van gesonde finansiële bestuur, om jou persoonlike welvaart sowel as die finansiële toekoms van jou besigheid te beskerm.

    In baie gevalle, en vir baie kliënte, lewer adviseurs ʼn diens wat oor geslagte heen strek, deur individue en families te help om die bates te beskerm wat hulle oor hul leeftyd opbou. Daarom beveel ons aan dat kliënte hul adviseurs op hoogte hou van groot veranderings in hul lewe.

    Adviseurs het ʼn magdom ervaring en kundigheid ten opsigte van baie verskillende tipes portefeuljes. Hul unieke en uitgebreide kennis is van onskatbare waarde en kliënte word aangemoedig om hierop staat te maak en dit te benut.

Share