Pretoria East Newsletter | PSG Wealth

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Kontak gerus  Carina van Rooyen  direk, PSG Wealth Welvaartbestuurder.

Die kliënt se rol: Bly betrokke en laat weet ons wanneer “die lewe gebeur”

’n Finansiële plan kan nie op papier vasgevang word nie – dit moet in ooreenstemming met die verloop van ons kliënte se lewens aangepas word. Daarom is een van die belangrikste verantwoordelikhede van kliënte om ons in te lig wanneer daar veranderinge in hul omstandighede is. Dit kan enigiets wees van ’n nuwe werk of besigheid, tot gesinsveranderinge of groot finansiële besluite. Hoe vroeër ons bewus is van veranderinge, hoe vinniger en doeltreffender kan ons ’n plan aanpas sodat dit steeds sin maak.

Ons moedig ons kliënte ook aan om gereeld hul doelwitte te hersien – hul prioriteite kan verander, of dalk moet ’n nuwe finansiële mikpunt bygevoeg word. Deur dit met ons te bespreek, help hulle ons om hul strategie vars en relevant te hou.

Naas bogenoemde, speel ’n kliënt se daaglikse finansiële gedrag ’n belangrike rol in die sukses van ’n finansiële plan. Faktore soos toegewyde spaargewoontes, goeie skuldbeheer en volgehoue toepassing van ’n beleggingstrategie – selfs wanneer markte wisselvallig is – maak ’n merkbare verskil oor die lang termyn. Ons is altyd daar om leiding te gee, maar ons kliënte se toewyding en deursettingsvermoë bou die ware fondament van ’n suksesvolle beleggingsverbintenis.

Die finansiële adviseur se rol: Deurlopende bestuur en praktiese leiding

Ons beskou finansiële beplanning as ’n pad wat ons saam met ons kliënte stap. Daarom word kliënte se portefeuljes deurlopend bestuur, nie net aan die begin of einde van elke jaar nie. Markte verander, ekonomiese nuus is ’n daaglikse gebeurtenis, en nuwe geleenthede duik op. Ons werk is om deur hierdie inligting te sif, dit te interpreteer en te omskep in praktiese aanbevelings sodat kliënte nie self deur hierdie kompleksiteite hoef te worstel nie.

Wanneer daar iets in die mark of in ’n kliënt se eie lewe gebeur wat aandag verg, word die nodige aanpassings gedoen. ’n Verandering moet altyd waarde kan toevoeg, en pas by ’n kliënt se langtermyn-beleggingstrategie. Ons wil hê ’n kliënt moet altyd verstaan wat in hul portefeulje gebeur, en waarom.

Ons hou ons kliënte ook voortdurend op hoogte van belastingbeplanning, regulatoriese veranderinge en strategiese geleenthede wat deur die jaar na vore kan tree. Dit kan insluit hoe hulle aftreefondsbydraes optimaal kan benut, beter strukture kan gebruik, of risiko meer doeltreffend behoort te versprei.

’n Samewerkingsooreenkoms wat werk

Die beste finansiële plan is een wat op spanwerk gebaseer is. ’n Kliënt ken sy of haar eie lewensomstandighede, waardes en drome; ons bydrae sluit kundigheid, ervaring en ’n begrip van die geheelbeeld. Wanneer ons hierdie twee saamvoeg en deur die jaar aanhou bou daaraan, ontstaan daar ’n strategie wat werklik vir ons kliënte werk.

Hoewel die begin van elke jaar ’n goeie geleentheid bied om vorentoe te beplan, is dit nie die enigste tyd om oor finansies te praat nie. Ons is gedurende die jaar beskikbaar vir ons kliënte – hetsy as gevolg van ’n verandering van hul omstandighede, hul emosies met betrekking tot hul finansiële beplanning, of bloot omdat hulle net wil weet of hulle steeds op koers is. Ons onderneem ook om ons kliënte te kontak wanneer ons sien iets kan verbeter, of wanneer marktoestande of ander omstandighede ’n gesprek regverdig.

’n Nuwe jaar lê voor

Met die nuwe jaar wat pas begin het, is dit ’n goeie geleentheid om te bevestig dat ons deurlopend saam met ons kliënte ’n pad wil stap. Ons is verbind tot ondersteuning wat nie seisoenaal is nie – ons wil, wanneer nodig, ’n blywende bron van advies en perspektief ten opsigte van hul portefeuljes wees.

Kliënte se finansiële welstand is iets waaraan ons saam bou. Met oop kommunikasie, deurlopende betrokkenheid en ’n sterk vennootskap kan ons as ’n span die nuwe jaar met vertroue en deursigtigheid aanpak.

Become a client

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us