Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
July 2025

Eben Rautenbach CFP®
Bloemfontein Dan Pienaar Eben Rautenbach
“Hier is ’n fantastiese geleentheid!” Sodra ’n mens hierdie woorde hoor, spits jy jou ore dadelik. Ons is altyd oop vir ’n winskoop of ’n geleentheid waaruit jy voordeel kan trek. Ons blaai graag deur winkelblaadjies met spesiale aanbiedings op soek na die beste kopie. Daar is niks hiermee verkeerd nie en dit is ook reg indien ons uit ’n finansiële, begrotings- en kontantvloei-oogpunt daarna kyk.

Kontak gerus Eben Rautenbach direk, PSG Wealth adviseur.
Dikwels leen ons egter ons ore uit vir die verkeerde sogenaamde ‘fantastiese geleentheid’ wat buitengewone winste of opbrengste beloof. Ons ken almal die Engelse gesegde “if it’s too good to be true, it probably is”. Tog hoor ons telkens hoe mense, selfs mense na aan ons, gevang word. Hoekom is dit dan so?
Talle boere en ander landgenote bevind hulle dikwels in ’n moeilike finansiële posisie. Droogte, wisselvallige pryse, poli- tieke onsekerheid en stygende insetkoste bring mee dat baie produsente kwesbaar is vir mense wat vinnige oplossings aanbied. Daar is ook ander wat te min fondse vir aftrede het, of skuld wat hulle nie weet hoe om te hanteer nie. Elkeen hoop dan dat hul skip ingekom het, of hul geluk aangebreek het om uit hierdie verknorsing te kom.
Wanneer ’n persoon dan in hierdie warboel van emosies verkeer, loop hulle hulself vas in hierdie sogenaamde ‘fantas- tiese geleentheid’. Die mense wat met sulke beloftes kom is soms vriende, konsul- tante of selfs ander boere. Hul agenda is eenvoudig – kry jou geld en verdwyn.
In die praktyk sien ons skema na skema wat verbykom, soos onlangs met KleuterZone. Met laasgenoemde nog vars in die geheue, kry ek weer ’n epos van ’n kliënt: “Ek wil R200 000 van my beleg- ging onttrek. Ek weet nie of jy belegging X ken nie, maar ’n mens moet minstens R200 000 belê vir ’n begin, en dit groei geweldig vinnig. My dogter en ’n klomp van haar vriende doen dit al vir ’n paar jaar.” Die kliënt het nie nou die nodige fondse om in belegging X te kan belê nie, maar hoop dat daar by aftrede genoeg sal wees om daarin te belê. Kom ons hoop belegging X het teen daardie tyd reeds sy krake gewys.
Die een na die ander persoon of gesin word die slagoffer van hul eie nood óf hebsug. Die verwagte opbrengs wat voor- gehou is kom nie naby aan die bedrag wat nodig is om die persoon uit die verknorsing te kry nie. Die wêreld het ‘kits’ geword en voldoende beplanning en geduld wat verleer is, sal weer aangeleer moet word.
Doen grondige navorsing. Tik die maat- skappy se naam in op Google. Soek vir klagtes of nuusberigte, en gaan kyk of hulle by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) geregistreer is. Vra ook vir verwysings. Laat hulle jou in kontak bring met vorige beleggers. Skelms sal verskonings maak, eerlike mense sal bewys lewer.
Raadpleeg jou finansiële adviseur en moenie skaam wees om vrae te vra nie. Praat ook met mede-landbouers en gebruik jou boerevereniging, WhatsApp- groepe of die plaaslike koöperasie as klankbord. As iets nie reg voel nie, vertrou daardie gevoel.
Boerdery is reeds riskant en jy het nie ruimte om in twyfelagtige skemas te belê nie. As iemand jou oortuig om op grond van vrees of gierigheid ’n belegging aan te gaan, is dit nie ’n goeie transaksie nie. Onthou, dinge is nooit dié keer anders nie. Praat met jou betroubare, vervelige en versigtige beleggingsadviseur wat jou nie in die steek sal laat nie.

Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





