Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
March 2025

Eben Rautenbach CFP®
Bloemfontein Dan Pienaar Eben Rautenbach
Wat sou gebeur as ons môre se koerant vandag kon lees? Hoe sou ons ons beleggings benader indien ons sou weet wat die uitkomste van ons besluite vir die toekoms sou wees? Natuurlik sou ons meer beheer, gemoedsrus en sekerheid oor ons welvaart gehad het.

Kontak gerus Eben Rautenbach direk, PSG Wealth adviseur.
Soms is ons so ingestel op beheer en sekerheid, dat dit ons juis verkeerde besluite laat neem. Een voorbeeld hiervan is geld wat vas belê word teen ’n rentekoers wat nie inflasie met 4 tot 5% klop nie. Jy het dalk sekerheid van en beheer oor die koers wat jy kry, maar dit gaan jou nie help om reële welvaart te skep nie. Nog ’n voorbeeld is dat jy jou geld belê in ‘n beleggings- produk met abnormaal hoë groeibeloftes, en nooit weer jou geld sien nie.
Beleggings is nie net ’n proses van die hede nie; dit is ook ’n langtermynproses wat deur die beginsels van ’n belegger se keuses in die hede gevorm word – keuses wat die toekoms kan beïnvloed. Beleggings is vol onsekerhede, maar deur sekere beginsels te volg, kan ons ons kanse verhoog om op die regte pad te wees. Dit gaan oor die regte keuses vandag, wat ’n positiewe impak op ons toekoms kan hê.
In hierdie artikel kyk ons na belangrike beleggingsbeginsels wat beleggers kan gebruik om nie net korttermynresultate te behaal nie, maar ook vir die lang- termyn ’n volhoubare beleggingstrategie op te stel.
Een van die belangrikste beleggings- beginsels is om so vroeg as moontlik te begin. Hoe vroeër jy begin belê, hoe meer voordeel sal jy trek uit die krag van saamgestelde rente of groei. Selfs al begin jy met ’n klein bedraggie, sal die groei oor tyd tot ’n beduidende bedrag bydra.
Hierdie beginsel verwys na die idee dat die vroegste beleggings die grootste impak op jou finansiële toekoms sal hê.
Wanneer jy dink aan jou finansiële toekoms en wat dit vir jou in die sak kan bring, is die beginsel van diversifikasie belangrik. Dit behels die verspreiding van jou beleggings oor verskeie bateklasse en sektore om die risiko van groot verliese te verminder. As jy net in een sektor belê, sal jou portefeulje baie kwesbaar wees vir veranderinge in daardie mark. Diversifikasie stel jou in staat om die risiko te bestuur en jou opbrengste meer stabiel te hou.
Belegging is ’n langtermynproses. Dit is nie ’n vinnige roete na rykdom nie, maar eerder ’n gedissiplineerde proses wat geduld verg. As jy op elke markbeweging reageer en impulsief besluit om beleg- gings te koop of te verkoop, sal jy waar- skynlik meer verloor as wat jy wen. In plaas daarvan, moet jy jou beleggingsplan volg en volhard. Geduld is ’n kragtige instru- ment wat jou in staat stel om markwissel- valligheid te trotseer.
Elke belegger het ’n ander risiko-aptyt. Sommige mense het ’n groter aptyt vir hoë risiko’s, terwyl ander meer stabiele, minder wisselvallige beleggings verkies. Dit is belangrik om te verstaan wat jou persoon- like risikotoleransie is voordat jy begin belê. Beleggings gaan nie net oor die potensiaal vir hoë opbrengste nie, maar ook oor ‘n toleransie vir markwisselvalligheid.
Wanneer jy jou beleggingsplan opstel, moet jy duidelike doelwitte stel en deur- gaans volg. Beleggings kan maklik verwar- rend raak as daar geen duidelike pad is om te volg nie. As jy jou doelwitte duidelik ken – of dit nou is om vir aftrede te spaar, ’n huis te koop of jou kinders se studies te finansier – sal jy in staat wees om meer doelgerig te beplan.
Beleggings is nie ’n voorspelbare proses nie, maar die beginsels wat ons volg kan die pad na sukses verlig. Wat ons vandag doen, het ’n direkte invloed op wat ons môre sal ervaar. Begin vroeg, wees geduldig, diversifiseer, verstaan jou risiko- profiel en stel duidelike doelwitte. Maak gebruik van gemagtigde finansiële en beleggingsbeplanners van erkende maat- skappye om jou te help met hierdie begin- sels en hoe om dit binne jou persoonlike finansiële plan toe te pas.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





