Bloemfontein Article | PSG Wealth | Veeplaas

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Kontak gerus  Eben Rautenbach  direk, PSG Wealth adviseur.

 Vanguard, ’n Amerikaanse maatskappy wat finansiële adviesdienste lewer, doen gereeld navorsing oor die waarde wat ’n adviseur oor tyd tot die opbrengste op jou beleggingsportefeulje toevoeg. Volgens hulle navorsing is ’n adviseur se waarde- toevoeging tot portefeulje-opbrengste ongeveer drie persentasiepunte oor tyd.

Hulle navorsing berus op:

  • Portefeuljesamestelling, wat bateklasallokasie en die aanwending van belastingdoeltreffende produkte insluit.
  • Welvaartbestuur, wat gereelde herbalansering en ’n bestedingstrategie vir onttrekkings insluit.
  • Gedragsleiding, waar die adviseur kliënte lei en help om by hul finansiële plan te hou.

Ek wil hierop uitbrei en kyk na die waarde wat finansiële beplanningsadvies kan bydra.

Belasting-oorwegings

Ek het ’n kliënt wat sy boerdery ’n klompie jare gelede gestaak en alles verkoop het. Die kontant is tussen hom en sy gade verdeel, en in verskillende beleggings- portefeuljes belê. Van hierdie beleggings bied aan hulle ’n maandelikse inkomste waarvan hulle leef. Aangesien dit nabelaste geld is, betaal hulle nie inkomstebelasting hierop nie.

Baie van die geld is ook in aandele belê, waarop geen jaarlikse inkomstebelasting betaalbaar is nie, in teenstelling met kontantbeleggings waarop rentebelasting jaarliks betaal moet word. Wanneer aandelebeleggings later verhandel word en kapitaalwinsbelasting ter sprake kom, het die kliënt nou baie meer ruimte om kapitaalwins te realiseer, aangesien hy nie inkomstebelasting betaal nie. Die kliënt kan die jaarlikse vrystelling van R40 000 benut, en omdat hy ouer as 75 is, kan hy verdere kapitaalwins van R414 222,50 realiseer voordat inkomstebelasting ter sprake sal kom.

Die kliënt het ook ’n uittree-annuïteit met ’n redelike waarde. Hy sê hy het maandeliks R10 000 meer inkomste nodig. Hy wil die uittree-annuïteit na ’n pensioen omskakel en maandeliks ’n inkomste trek. Dit is ’n goeie oorweging, maar ons moet die R550 000 wat by aftrede belastingvry geneem kan word, uithaal en dit belê. Dan hoef die kliënt nie daarop ook inkomste- belasting te betaal nie. Daar is egter ’n paar ander belangrike faktore om in ag te neem.

Rooi vlaggies

Die kliënt betaal reeds nie inkomstebelas- ting nie en die bykomende belasbare inkomste van R120 000/jaar uit die pensioen is nog onder die belasting- drempel vir hierdie kliënt. Hierdie inkomste sal wel ’n invloed hê op hoeveel kapitaal- wins gerealiseer kan word, soos reeds verduidelik is. Wanneer ons na hierdie kliënt se boedel kyk, is daar dadelik ’n paar rooi vlaggies, wat beteken dat die omska- keling van die uittree-annuïteit dalk nie die beste besluit is nie.

Die kliënt en sy gade het ’n boedel- waarde waarop boedelbelasting van 20% by dood betaalbaar sal wees. Aangesien wie ook al laaste te sterwe kom die ander se bates erf, sal die kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting by die langslewende se dood ter sprake kom. Die kliënt se uittree-annuïteit val buite die boedel en daar is geen kapitaalwinsbelasting binne ’n uittree-annuïteit nie.

Indien die kliënt die opsie uitoefen en by aftrede die R550 000 neem en by sy bestaande beleggings belê, verhoog hy sy boedel met R550 000. Die ekstra R550 000 verhoog die boedelbelasting met R110 000. Kapitaalgroei op die R550 000 sal ook die kapitaalwinsbelasting verder verhoog.

Minder belasting

Indien die kliënt eerder sy inkomste vanuit sy huidige beleggings met R10 000/maand verhoog, verlaag hy oor tyd sy boedel- waarde en kapitaalwins, wat beteken dat minder belasting by dood betaalbaar is. Dit hou dus geen voordeel vir hierdie kliënt in om die annuïteit ná aftrede in ’n pensioen om te sit nie. Sy erfgename kan by sy dood steeds sy belastingvrye gedeelte van R550 000 benut.

Belastingbesparings is maar een van die voordele wat uit goeie advies spruit. Moenie so vaskyk teen koste dat jy nie jou finansiële doelwitte behaal nie.

Become a client

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us