Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
August 2021

PSG Insure
Party besighede het die afgelope jaar nie baie groei ondervind nie, as gevolg van die voortgaande pandemie-verwante beperkings en kontant-arm verbruikers. ʼn Somber ekonomiese landskap bring dikwels mee dat maatskappye inisiatiewe aanpak om uitgawes te besnoei. Dít kan weer lei tot groter blootstelling aan risiko, wat die winslyn verder onder druk plaas. Besnoeiing van versekeringskoste moet versigtig benader word, en dit is juis hier waar finansiële adviseurs die meeste waarde kan toevoeg vir hul kliënte.

“ In ʼn jaar wat ontsier is deur toenemende risiko’s – dink aan die Covid-19-ontwrigtings en die onlangse vlaag onluste en plundering – is daar nie ʼn beter geleentheid as nou om indringend te kyk na die waarde wat ʼn makelaar kan toevoeg om te verseker dat jou besigheid voldoende gedek is nie. ”
Die egte waarde van adviseurs
In tye soos hierdie, wanneer risiko’s vinnig uitbrei en die versekerbare risiko-landskap beduidend verander het, is versekeraars besig om nuwe produkte te ontwikkel en poliskenmerke aan te pas om relevante dekking te bied en terselfdertyd hul eie volhoubaarheid te beskerm. Adviseurs is die beste toegerus om te midde van die veranderende omgewing waardevolle advies aan hul kliënte te bied, want hulle werk ten nouste saam met die versekeraars en weet hoe die mark besig is om te verander, en hulle het ʼn deeglike kennis van toenemende risikoblootstelling.
Advies, risiko-ontleding en hulp met die korrekte verwerking van versekeringseise is alles waardevolle dienste wat adviseurs bied en kan ʼn groter impak op jou besigheid hê as wat jy dalk dink. Boonop sal die adviseur al die huiswerk doen om die mees bekostigbare versekeringsprodukte te vind wat hul kliënte se behoeftes die beste pas. Na ʼn deeglike behoefte-ontleding kan hulle ook help om nommerpas dekking saam te stel. Dit is belangrik om te onthou dat die goedkoopste dekking nie noodwendig die regte opsie is nie, en gewoonlik beteken dat sekere dekkings uitgesluit is. Die resultaat is dat jou besigheid nie volledig gedek is nie en onvoorsiene risikoblootstelling het.
ʼn Goeie adviseur sal namens sy/haar kliënt met die versekeraars onderhandel wanneer ʼn ingewikkelde eis hanteer word, en toesien dat die korrekte prosesse gevolg en die nodige stawende dokumente verskaf word. Dit sal ʼn gladde eisproses verseker – iets wat jy nie kry as jy die versekeraar direk nader nie. Om die regte vlak van dekking vir ʼn besigheid se unieke risikoblootstelling te verseker, eise doeltreffend te hanteer en kliënte te help om die afwysing van eise te vermy, kan beslis van die waardevolste dienste wees wat adviseurs aan hul kliënte kan lewer. ʼn Verdere bonus is dat hulle dikwels beter premies kan beding nadat hulle jou gehelp het om jou versekering en jou besigheid se risikobestuurspraktyke doeltreffend te bestuur.
Stille moordenaars – wanneer jy nie weet nie
Dit is nie ʼn oordrywing dat adviseurs ʼn maatskappy se eerste verdedigingslinie teen potensieel katastrofale risiko’s is nie – insluitend die risikoblootstelling wat baie besigheidseienaars miskien nooit eens oorweeg nie, soos:
Langtermyn-verhoudings is die geheim van langtermyn-sukses
Om ʼn langtermyn-verhouding op te bou met ʼn adviseur wat jou besigheid ken en spesifieke advies vir jou unieke situasie en veranderende omstandighede kan gee, is van onskatbare waarde. Deur ten nouste met ʼn adviseur saam te werk, kan jy gemoedsrus kry in die wete dat jy kundige, objektiewe advies ontvang oor hoe om jou besigheid te beskerm teen gebeure wat dit kan kniehalter. Dit behels om vorentoe te kyk en al die “sê nou”-oomblikke te oorweeg wat adviseurs weet kan gebeur, terwyl hulle dit waarskynlik al voorheen teëgekom het.
ʼn Professionele adviseur bly op hoogte van veranderings in wetgewing en sal jou maatskappy se versekeringspolisse bywerk om te verseker dat jy gedek is teen enige moontlike wetlike kwessies. Adviseurs doen aanbevelings wat op kennis, ondervinding en kundigheid gegrond is, en daardeur word die besluitnemingsproses vereenvoudig. En hoe langer hulle ʼn verhouding met jou besigheid het, hoe beter is hulle in staat om jou te help met die mees toepaslike advies.
Met inagneming hiervan, dink goed na oor die werklike waarde van jou adviseur wanneer jy weer op kostebesparings in jou maatskappy moet fokus.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





