Dek motorversekering “draagbare besittings” wat saamgeneem word op die pad? Wat kliënte moet weet | PSG

Dek motorversekering “draagbare besittings” wat saamgeneem word op die pad? Wat kliënte moet weet

Na berig word, het tot 70% van Suid-Afrikaanse motoriste nie motorversekering nie, wat op sigself ’n onrusbarende statistiek is. Daar is egter nog ’n risiko-aspek wat oorweeg moet word, en dit raak die 30% van motoriste wat wél teen ongelukke en skade verseker is. Die risiko bestaan dat versekerde persone nie ’n duidelike begrip het van wat hul polisse dek nie.

Wanneer kliënte motorversekering uitneem, fokus hulle miskien net op die ooglopende risiko van ’n motorongeluk. Suid-Afrika word egter ook geteister deur die hoë voorkoms van diefstal uit motors – insluitend 120 000 grypaanvalle per jaar – en ’n verstommende toename in die blokkering moet ook afstandbeheer. Dit beteken motoreienaars moet ook beskerming oorweeg teen finansiële verliese as gevolg van diefstal uit hul motor.

Die totale waarde van items wat vervoer kan word (en selfs in ’n motor gelaat word) kan vinnig ʼn groot bedrag word. Voorbeelde sluit selfone, skootrekenaars, kameras, juweliersware, beursies, sonbrille en kledingstukke in. Indien jy die slagoffer van ’n grypaanval is, of as hierdie items uit ’n voertuig gesteel word, sal die skade aan die voertuig deur ’n omvattende versekeringspolis gedek wees. Maar die items sal nie gedek wees nie. Vir hierdie tipe “draagbare” bates is alle risiko-dekking die beste beskermingsopsie. Dié soort dekking word gewoonlik as ’n aanvulling van jou huiseienaars- en inhoudversekeringspolis aangebied.

Sommige huisinhoud-polisse sluit ’n basiese vlak van alle risiko-dekking in. Ongespesifiseerde alle risiko-dekking verskaf breë dekking vir algemene items soos ’n handsak of sportsak. Afhangende van die versekeraar, kan ’n maksimum perk geld vir wat in elke geval gedek word. Dit is belangrik dat jy duidelik weet wat hierdie limiete is, aangesien dit dalk nie genoeg is om die volle skade te dek nie. Om die versekerde waarde van die alle risiko-afdeling in jou huisinhoud-polis te verhoog kan ’n gedeeltelike oplossing wees, maar bates met ’n hoë waarde soos trouringe, skootrekenaars, selfone, tablette en professionele kameras moet in die alle risiko-afdeling gespesifiseer word. Voorwaardes vir watter items in ’n alle risiko-polis gespesifiseer moet word, sal van versekeraar tot versekeraar verskil. Dus moet spesiale aandag hieraan gegee word wanneer polisse vergelyk word.

Die premie vir alle risiko-versekering word bereken op grond van ’n aantal faktore wat verband hou met elke kliënt se unieke waargenome risiko. Een manier om die risiko van grypaanvalle te verminder is om te sorg dat alle items in die voertuig uit die oog gehou word – óf in die kattebak óf in die paneelkissie – wanneer dit geparkeer is of wanneer stilgehou word by ’n verkeerslig. Maak seker die motor is behoorlik gesluit, en toets dit deur die deurhandvatsel te trek voordat jy wegstap; dit is ook ’n goeie manier om afstandbeheer-blokkering te voorkom.

Ander voorsorgmaatreëls wat getref kan word om waardevolle items te beskerm, is om veiligheidsfilm op jou motor se vensters aan te bring om die glas te versterk en sigbaarheid na binne te verminder, en seker te maak jou motoralarm werk goed.

Waaksaamheid is egter waarskynlik die beste beskerming. Vermy parkering in swak verligte of afgeleë areas waar moontlik, en maak seker niemand volg jou wanneer jy na jou motor terugkeer nie. Volg hierdie klein maar lewensbelangrike gewoontes om nie net die veiligheid van jou voertuig te help verseker nie, maar ook die items binne-in.

Recommended news

Card image cap
InsureInShortNewslettersEnglish
Are ‘portable possessions’ that are taken on the road covered by car insurance? Here’s what clients need to know

It has been reported that up to 70% of South African motorists do not have car insurance, which is an alarming statistic in and of itself. There is, however, another dimension of risk that needs to be considered, which concerns the 30% of motorists who are insured against accidents and damage. This risk involves insured individuals who do not have a full and clear understanding of what their policies cover.

Read more
Card image cap
InsureInShortEnglish
How event organisers can prepare for potential cancellations and protect themselves against unforeseen risks

The onset of the Covid-19 pandemic in 2020 had a ripple effect across a broad range of industries. Among the most affected industries was the events industry – particularly events that relied on face-to-face participation. The cancellation of an event has a far-reaching impact on aspects such as event positioning, brand reputation, and customer and stakeholder relations. Arguably, the biggest impact for the event host involves financial risk. One way of mitigating the potentially devastating effect of sudden cancellation is to ensure that you have adequate event liability insurance.

Read more
Card image cap
InsureEnglishInShort
The first-time car buyer’s guide to insurance

The world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2024 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us