Hermanus Article | PSG Wealth

Kontak gerus Ruben Botha direk, PSG Wealth adviseur.

Daar is verskeie fundamentele beleggingsbeginsels wat na ons mening deurslaggewend is om oor die lang termyn welvaart te skep en met gemoedsrus te kan aftree.

Begin vroeg spaar om die kragtige werking van saamgestelde rente oor tyd in te span en kapitaalgroei momentum te gee. Dit stel jou ook in staat om beleggingsgeleenthede te benut en moontlik hoër opbrengste te verdien, en daarmee jou toekomstige finansiële sekuriteit te verhoog.

Kry ʼn persoonlike beleggingstrategie wat op jou unieke omstandighede gegrond is. Beskou dit as jou padkaart op jou reis om jou finansiële doelwitte te bereik en jou aftreebehoeftes te dek. As jy nie die nodige kennis het nie, win advies in by ʼn gekwalifiseerde finansiële adviseur, wat jou kan help om so ʼn plan op te stel.

Jou beleggingstrategie moet jou spesifieke beleggingsdoelwitte in ag neem, en ook jou risikoprofiel en vermoë om markskommelinge te trotseer. Hierdie plan verskaf gemoedsrus en gee jou die versekering dat jy selfs te midde van onbestendige markte op koers is.

Kwaliteit is belangrik: Kwaliteit is belangrik op jou beleggingsreis – ten opsigte van jou beleggingstrategie, keuse van finansiële adviseur, en spesifieke beleggings in jou portefeulje. Fokus op kwaliteit tydens jou beleggingsreis, deur goed gevestigde maatskappye met ʼn bewese prestasiegeskiedenis en hoogaangeskrewe fondsbestuurders te kies wanneer jy op individuele aandele en effektetrustfondse besluit.

Wees geduldig, en vertrou jou beleggingsplan op die lang duur. Indien jy jou huiswerk gedoen het en kwaliteit voorop gestel het, hoef jy nie bekommerd te wees as prestasie tydelik swakker is nie.

Vermy kitsrykwordskemas: Vermy beleggingskemas wat onmiddellike welvaart belowe. Die soektog na vinnige wins eindig dikwels in beduidende verliese. Onthou dat ware welvaartskepping tyd verg. Die aanloklikheid van vinnige wins lei feitlik sonder uitsondering tot teleurstelling. Hou by jou langtermyn-beleggingstrategie.

Met die toepassing van hierdie fundamentele beginsels het alle beleggers ʼn beter kans op finansiële sukses oor die lang termyn en die gemoedsrus wat hulle verdien. Konsekwente, weldeurdagte besluite wat vandag geneem word, baan die weg vir ʼn voorspoedige en veilige toekoms.

Onthou dat belegging ʼn reis is, wat op enige tydstip kan begin. Win die advies in van finansiële deskundiges, hou by jou beleggingstrategie, en wees geduldig. Jy kan ʼn stewige grondslag vir toekomstige welvaart en finansiële welstand lê as jy hard werk en hierdie riglyne volg.

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us