Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
December 2022
PSG Insure
Versekeringspolisse moenie as statiese ooreenkomste beskou word wat net een keer aangegaan word nie. Korttermynversekeringsprodukte is juis bedoel om saam met jou en jou gesin te ontwikkel soos jou lewe vorder, en by jou veranderende behoeftes aan te pas.
Versekeringspolisse moenie as statiese ooreenkomste beskou word wat net een keer aangegaan word nie. Korttermynversekeringsprodukte is juis bedoel om saam met jou en jou gesin te ontwikkel soos jou lewe vorder, en by jou veranderende behoeftes aan te pas.
ʼn Ingesteldheid op goeie “finansiële higiëne” behels ook om in die gewoonte te kom om aan die einde van elke jaar jou versekeringsbehoeftes na te gaan. Jy kan dit beskou as ʼn “jaarlikse oudit” – ʼn manier om seker te maak dat jy nooit onderverseker is nie en gereed is om ʼn ingeligte besluit te neem wanneer dit weer tyd is om jou polis jaarliks te hernu.
ʼn Jaarlikse hersiening van jou versekeringsbehoeftes sal jou strategie om persoonlike risiko te verminder, ondersteun en verseker dat die eisproses sonder haakplek verloop indien die onvoorsiene gebeur.
Kyk na hierdie aspekte:
Bring enige inligting met betrekking tot die waarde van jou eiendom op datum
Die meeste mense dink net aan die bywerking van hul huisversekeringspolis wanneer hulle van adres verander, maar daar is verskeie redes waarom jou versekering hersiening nodig kan hê. Die beste is om te oorweeg hoe enige opknappings wat jy gedurende die jaar gedoen het, die waarde van jou eiendom kon beïnvloed het.
Vernuwings soos ʼn nuwe swembad of ʼn kombuis wat oorgedoen word, is die soort veranderings wat die meeste mense aanspoor om hul versekeringspolisse by te werk. Maar selfs ʼn subtiele verandering soos om houtvensterrame deur aluminium te vervang, of ligtoebehore in die huis te vervang, kan ʼn beduidende verskil aan die waarde van die eiendom maak. Uiteraard sal al hierdie veranderings ook die vervangingswaarde van die huis laat toeneem. As jou polis verouder is en nie die huidige waarde van jou tuiste weerspieël nie, raak dit ʼn kwessie as iets soos ʼn brand of natuurramp jou tref. Hier loop jy gevaar dat jou versekeringsuitbetaling nie die volle herstelkoste of herboukoste sal dek nie.
Oorweeg of enigiets met betrekking tot jou versekerde voertuie verander het
Van die algemeenste versekeringsaspekte wat kliënte vergeet om jaarliks aan te pas, is besonderhede in verband met ʼn versekerde voertuig. As ʼn afhanklike kind byvoorbeeld ʼn gesinsmotor begin gebruik om elke dag universiteit toe te gaan, sal dit ʼn uitwerking op die voorwaardes van die polis hê. En as die versekerde ʼn motor wat voorheen vir persoonlike vervoer gebruik is, vir kommersiële doeleindes begin gebruik, sal dit ook ʼn invloed hê op die polisstruktuur en wat dit dek.
Net soos in die geval van eiendom, moet enige aanpassings of opgraderings van ʼn voertuig as deel van die versekeringsdekking ingesluit word, om te sorg dat die motor se vervangingswaarde korrek aangedui word in die polis, ingeval ʼn ongeluk gebeur of die motor afgeskryf word.
Bring jou lys van waardevolle besittings op datum
Dit is ook handig om aan die einde van elke jaar waardevolle items soos duur juweliersware en horlosies, ontwerpershandsakke, elektroniese toerusting, sporttoerusting of kameras na te gaan. Enige duur items soos hierdie wat gedurende die jaar gekoop is, behoort by jou alle risikodekking gevoeg te word in die jou versekeringspolis.
Erfgoed wat waardevol is, moet ook by jou huisinhoud gevoeg word. Dit sluit enige familie-erfstukke soos antieke meubels of kunswerke in. Hoewel die sentimentele waarde van hierdie soort items nie in die geval van diefstal of skade vervang kan word nie, kan vergoeding vir hul finansiële waarde help om die gevoel van verlies te verlig.
Oorweeg ʼn waardetoevoegingsproduk vir jou bestaande polisse
Laastens, nadat enige nodige aanpassings aan ʼn versekeringspolis aangebring is, is dit altyd handig om te oorweeg of ʼn bestaande polis ʼn aanvullende klousule nodig het, soos om die koste van ʼn gehuurde voertuig te dek wanneer die versekerde voertuig herstel moet word. Hierdie soort waardetoevoegingsprodukte word dikwels aanvullings genoem en dek bestaande leemtes wat nie noodwendig deur ʼn konvensionele polis in ag geneem word nie, en verleen ekstra gemoedsrus aan die risikobestuursproses.
Die bywerking van ʼn versekeringspolis is nie ʼn langdurige en uitgerekte proses nie, en jou versekeringsadviseur is daar om jou leiding te gee. Die einde van die jaar kom vinnig nader, en nou is die ideale tyd om ʼn uur af te knyp om jou versekeringsbehoeftes na te gaan en seker te maak of alles wat jy in plek het, vir jou onmiddellike en toekomstige behoeftes voorsiening maak.
The end of the year typically sees an increase in domestic and international travel, with many South Africans using the school holidays and the festive period to discover and explore new destinations. This year, we could see international travel move closer to pre-pandemic levels once again. Because, after several years of travel plans being severely curtailed by pandemic-related restrictions, many are now choosing to dust off their travelling shoes and venture abroad again.
Read moreWhat began in 2007 as a series of rolling blackouts to relieve pressure on the national grid, has become a part of the reality of living in South Africa today. Experts’ predictions that load shedding is likely to persist for several more years have prompted many households and business owners to invest in backup generators and solar systems. However, this kind of machinery and equipment comes with a hefty price tag, and should therefore be adequately insured against a number of risks.
Read moreAan die einde van die jaar is daar gewoonlik ʼn toename in plaaslike en internasionale reise, en baie Suid-Afrikaners gebruik die skoolvakansie en feestyd om nuwe bestemmings te ontdek en ontgin. Vanjaar het ons gesien dat internasionale reise weer nader aan die vlakke van voor die pandemie beweeg. Nadat reisplanne die afgelope paar jaar weens pandemieverwante beperkings ernstig ingekort is, wil baie mense nou hul reisskoene afstof en weer oorsee gaan.
Read moreThe world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.
Read moreThe youth of today live in a very different world, with its own unique risks, which now require a very different approach to insurance. The emergence of new trends in wearable technology and the rapid acceleration of digitalisation have heralded an entirely new array of insurable risks – particularly amongst the South African youth, who are the main drivers of the digital and technology movements in the country. Given the dynamic nature of the risk landscape, parents should view educating their young adult children about insurance and how it works as an important life skill.
Read moreStay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.