Hoe gaan versekering jou baat in 2026?

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Hoe gaan versekering jou baat in 2026?

Dit was ʼn merkwaardige jaar vir versekering. ʼn Toename in die voorkoms en omvang van skade weens uiterste weergebeure, tesame met verbrokkelende infrastruktuur, het al hoe groter risiko’s laat ontstaan. Die jaar is ook gekenmerk deur ʼn verandering in die tipes vrae wat kliënte vra – van alledaagse dekking tot komplekse tipes risiko’s.

Kwelvrae brei vinniger uit as wat ons verwag, en dit is nou belangriker as ooit tevore om proaktiewe risikobestuur en -voorkoming ʼn prioriteit te maak. Indien die beskerming waarop ons staatmaak nie huidige risiko’s weerspieël en risikovoorkoming bevorder nie, kan dit problematies en duur raak.

Hier is van die tendense waardeur 2025 gekenmerk is, en wat dit vir toekomstige persoonlike en kommersiële versekering beteken.

Die leemte is groter as wat jy dink
Te veel mense en klein ondernemings het nog leemtes in hul dekking. Een storm, inbraak of onverwagte insident kan verpletterend wees, en vir besighede kan ʼn enkele faling van toerusting of ʼn kuberaanval ʼn lang tyd buite aksie en geweldige verliese beteken. Dit beteken egter versekeraars word uitgedaag om te vernuwe en met nommerpas oplossings vorendag te kom. Om met ʼn korttermyn-adviseur saam te werk is ʼn wyse besluit, maar vir die goedkeuring en uitbetaling van eise is dit ook belangrik om seker te maak dat jou dekking die werklike waarde weerspieël van alles wat gedek moet word.

Versekering gaan nie net oor uitbetalings nie
Net soos mediese skemas al jare doen, fokus versekering nie meer bloot op “ons sal betaal as dit gebeur” nie, maar op ʼn meer volhoubare “ons help jou om dit te voorkom”. Beloningsprogramme is bedoel om diegene te beloon wat hul risiko’s aktief bestuur, nie om diegene te penaliseer wat dit nie doen nie. Goeie bestuursgedrag kan byvoorbeeld premieverlagings of kontant terug verdien.

Aan die kommersiële kant span al hoe meer ondernemings risikobestuursmaatreëls en ontledingsvermoëns in om moontlike ontwrigtings te antisipeer voordat hulle gebeur. Maatskappye ontwikkel en kry ook meer gevorderde meganismes om risiko’s vroeër te help identifiseer en verminder. Dit is hierdie voorsorg-benadering (in plaas van nasorg) wat die bedryf in 2026 sal kenmerk, en verpersoonlikte advies sal ʼn voorsprong skep.

Verpersoonliking word al hoe belangriker
Data vanaf gekonnekteerde toestelle soos fiksheids- en voertuigmonitors stel versekeraars in staat om dekking aan te pas by jou gedrag en aktiwiteit – hetsy hoe jy ry, leef of jou besigheid bestuur. Dis goeie nuus vir gesinne én sakeondernemings, want premies is billiker, en beskerming is meer gepas. Hierdie tendens is waarneembaar in beide persoonlike en kommersiële versekering – van voertuig-telematika tot datagedrewe dekking vir sakeonderbrekings. Dit is egter net so belangrik om ook in gedagte te hou dat data teen jou kan werk as jy nie die wet nakom nie – as jy byvoorbeeld nie padreëls gehoorsaam nie.

Klimaatsrisiko’s is ʼn werklikheid en neem toe
Droogtes, oorstromings en veldbrande is nie net meer vae bedreigings nie. Ons het vanjaar gesien hoe vinnig huise en ondernemings kan deurloop. Dit is noodsaaklik om die regte versekering in plek te hê, en die hulp van ʼn adviseur kan die wêreld se verskil maak om die lewe se kinkels te trotseer. Hoewel die hele land nou warmer weer begin kry, is daar nog van tyd tot tyd uiters winderige en reënerige toestande in sekere dele. Versekering kan beskou word as ʼn veiligheidsnet vir alle gebeurlikhede, mits dit met heersende risiko’s tred hou en eiendomme deurentyd in stand gehou word.

Te veel keuses
Ingeslote versekering word ʼn integrerende deel van die dienste wat ons reeds gebruik – van banktoepassings tot aanlyn aankope. Korttermynversekering kan byvoorbeeld direk deur digitale platforms geaktiveer word, terwyl hierdie platforms voorheen hoofsaaklik vir eenvoudige aankope, soos kruideniersware en ander noodsaaklikhede, gebruik is.

Dit kan ʼn aantreklike kitsoplossing wees om te oorweeg, maar ʼn adviseur kan jou help om uit die magdom beskikbare produkte te kies wat vir jou behoeftes nommerpas is, redelike premietariewe te verseker en leemtes in dekking te identifiseer. ʼn Adviseur kan ook die eisproses vir jou bestuur, sodat jy jou besigheid makliker kan bestuur. ʼn Eis word dikwels ingedien na ʼn traumatiese ervaring soos diefstal of ʼn ongeluk, en die bykomende ondersteuning van ʼn adviseur kan baie beteken.

Om die nuwe jaar so goed voorbereid as moontlik aan te pak, moet verbruikers en sake-eienaars op hoogte van sake bly en hul polisse hersien met die hulp van adviseurs wat werklik hierdie ontluikende risiko’s verstaan, en hulle advies kan gee oor strategieë om risiko’s te verminder en produkte wat hulle kan beloon.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
The top five insurance myths to leave behind in 2025

Read more
Card image cap
InsureInShort
Shifting crime trends in South Africa – are you prepared for the risks?

Read more
Card image cap
InsureInShort
Tackling the inside job threatening your bottom line: Risk mitigation and the role of fidelity insurance

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us