Advies oor kommersiële eiendomsversekering vir jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs | PSG Konsult

Advies oor kommersiële eiendomsversekering vir jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs

Klein ondernemings in Suid-Afrika het met verskeie unieke uitdagings te kampe, asook spesifieke tipes risiko en risikovlakke. ʼn Strategiese benadering tot langtermyngroei en ʼn sterk strategie om risiko te verlaag kan help om jou onderneming teen onvoorsiene gebeurlikhede te beskerm, sodat jou besigheid een van die miljoene kan word wat die Suid-Afrikaanse ekonomie aan die gang hou.

Hierdie drie brokkies advies oor wat jy moet oorweeg wanneer jy kommersiële eiendomsversekering koop, sal jou help om jou besigheid veilig op dreef te kry.

  1. Versekering beskerm jou besigheid
    Dit is belangrik om in gedagte te hou dat, as jy nie versekering het nie, ʼn onvoorsiene gebeurlikheid soos waterskade wat deur ʼn lekkasie veroorsaak word, brandskade of toevallige skade aan toerusting jou uiteindelik baie meer uit die sak kan jaag as die totale bedrag van jou versekeringspremies. In ʼn klein onderneming, waar kontantvloei die belangrikste faktor is, kan ʼn onverwagse en onbeplande finansiële verlies die besigheid ʼn erge knou gee waarvan dit baie moeilik sal herstel. Dis waarom eiendomsversekering noodsaaklik is.

    Dink aan versekering vir jou besigheid in terme van drie belangrike faktore – beskerming, voorbereiding en gemoedsrus.

  2. Oorweeg die verskil tussen mark- en vervangingswaarde
    Een van die grootste foute wat nuwe besigheidseienaars begaan, is om te min versekering vir hul kommersiële eiendom aan te gaan – d.w.s. die eiendom is onderverseker. Daarom is dit uiters belangrik om eers ʼn waardasiekenner te raadpleeg om ʼn akkurate waardasie van jou eiendom te kry, en dan advies by ʼn versekeringsadviseur in te win, wat jou ʼn basiese begrip sal gee van hoe versekering jou spesifieke werksaamhede kan baat.


    Eerstens moet jy die verskil tussen die markwaarde en die vervangingswaarde van jou eiendom verstaan, en ook seker maak dat jy nie die munisipale waarde gebruik nie. Nog iets om in gedagte te hou, is dat markwaarde ook die waarde van die grond insluit, wat buite rekening gelaat moet word as die versekerbare waarde bepaal word.

    Oor die algemeen is markwaarde die bedrag wat die eiendom werd is met betrekking tot omliggende eiendomme waarvan die grootte en ligging baie dieselfde is. Die koopprys kan óf hoër óf laer as die markwaarde wees. Vervangingswaarde neem egter die bedrag in ag wat dit sou kos om die eiendom van die grond af op te bou. Die vervanging van die struktuur se los en vaste toebehore word in berekening gebring, asook addisionele koste soos die koste van sloping en puinverwydering. Versekering van eiendom vir die koopprys alleen sal nie die totale slopingskoste in die geval van rampe soos ʼn brand of oorstroming dek nie.

  3. Verstaan die fyner besonderhede
    Kommersiële eiendomsversekering werk ʼn bietjie anders as huisversekering, omdat verskeie afdelings nodig kan wees om voldoende dekking te verseker. Kommersiële versekering moet uitgeneem word om die gebou te verseker, met aparte afdelings vir kantoorinhoud en elektroniese toerusting. ʼn Soortgelyke benadering is nodig waar voorraad afsonderlik van die aanleg en masjinerie verseker moet word. Hou in gedagte dat kommersiële versekeringspolisse by elke kliënt se unieke besigheidsbehoeftes aangepas word.

    Oor die algemeen is die beste manier om te sorg dat jou ervaring met kommersiële versekering sonder haakplek verloop, om op die ervaring van ʼn adviseur staat te maak. Die adviseur sal jou goeie advies kan gee oor risiko’s wat spesifiek op jou sektor, geografiese gebied, bedryfsvereistes en werkreëlings betrekking het.

    Vra vrae en bemagtig jouself met kundige menings en advies wat jou sal help om ingeligte, strategiese besluite oor die toekoms van jou besigheid te neem.

 

 

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
Advice on commercial property insurance for young South African entrepreneurs

South African small businesses are faced with several unique challenges, as well as specific types and levels of risk. A strategic approach to long-term growth and a solid risk mitigation strategy can help to protect your venture from the unforeseen, so that your business can become one of the millions that fuel the South African economy.

Read more
Card image cap
InsureEnglishInShort
The first-time car buyer’s guide to insurance

The world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
ʼn Vierpunt-gids oor versekering vir eerstekeer-huiskopers

Huis koop is een van die grootste beleggings wat die meeste mense in hul leeftyd sal aangaan, en dit kan redelik stresvol wees. Daar is baie aspekte om te oorweeg voordat die kontrak geteken word: huislenings, oordragkoste, verbandregistrasie, en natuurlik versekering.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Moving house? Don’t forget about your insurance

Moving is an exciting part of life, but it's also an experience that can cause quite a bit of unease. Depending on how far away you’re moving, it can be a major life change, and it can also put a lot of strain on your wallet. If you have an existing contents insurance policy, it may include cover to protect your belongings while in transit, but if not, there are other insurance options you can consider. Here are some tips to make sure your move is a little less stressful and that you remain covered from point A to point B.

Read more
Card image cap
InsureInShort
How insurance should evolve to keep up with new risks

The youth of today live in a very different world, with its own unique risks, which now require a very different approach to insurance. The emergence of new trends in wearable technology and the rapid acceleration of digitalisation have heralded an entirely new array of insurable risks – particularly amongst the South African youth, who are the main drivers of the digital and technology movements in the country. Given the dynamic nature of the risk landscape, parents should view educating their young adult children about insurance and how it works as an important life skill.

Read more
Card image cap
InsureInShort
A four-point guide on insurance for first-time home buyers

Buying a home is one of the biggest investments most people will make in their lifetime, and it comes with a fair amount of stress. There are so many things to consider before signing on the dotted line: home loans, transfer duties, bond registration and, of course, insurance.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us