Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
September 2024

PSG Insure

Terwyl die jaar einde se kant toe staan, is baie van ons besig om vakansies, familiebyeenkomste en feestelikhede te beplan. Te midde van al die opgewondenheid is dit egter belangrik om te onthou om jou korttermynversekeringspolisse te hersien en by te werk, en ook seker te maak dat jou dekking die huidige waarde van jou besittings weerspieël. Of dit nou jou huis of jou besigheid is, jou versekeringsdekking en veiligheidsmaatreëls is belangrike komponente om ʼn veilige feestyd te verseker. ʼn Begrip van die potensiële slaggate om te vermy, stel jou in staat om jou eiendom en besigheid doeltreffend te beskerm.
Algemene foute om te vermy
Een van die grootste foute wat tot die afwysing van eise kan lei, is onjuiste of verouderde inligting in jou versekeringspolis. Dit sluit onakkurate besonderhede in wat oor die versekerde eiendom verskaf is, of versuim om jou polis by te werk wanneer omstandighede verander – soos met opknappings, bykomende veiligheidsmaatreëls of nuwe waardevolle artikels wat aangeskaf is. Maak seker dat alle inligting akkuraat en op datum is, sodat daar nie in die eisstadium probleme opduik nie. Nog ʼn algemene fout is om nie jou polisdokument behoorlik deur te lees nie. Maak seker dat jy bewus is van enige uitsluitings, uitsonderings of spesiale voorwaardes wat jou eis kan beïnvloed.
Nog ʼn algemene kwessie is dat veiligheidsmaatreëls wat in plek is, nie behoorlik toegepas word nie. Dit kan die uitkoms van ʼn versekeringseis affekteer.
Baie huiseienaars vergeet ook om hul versekeringsverskaffer te laat weet as hulle beplan om hul eiendom vir ʼn lang tydperk onbewaak te laat, terwyl dit dalk ʼn vereiste is dat dit nie onbewaak gelaat moet word nie, om dekking in stand te hou.
Indien jou besigheid onbewaak gelaat sal word, tref robuuste veiligheidsmaatreëls soos kringtelevisie-bewaking, alarmstelsels en sterk slotte. Maak seker dat alle waardevolle toerusting en dokumente van die perseel verwyder of veilig bewaar word. Jy kan selfs oorweeg om veiligheidspersoneel te huur of afstandmoniteringsdienste te gebruik om ʼn ogie te hou oor die eiendom terwyl jy weg is.
Oorweeg ook die volgende maatreëls om jou eiendom te beveilig:
• Kry ʼn huisoppasser: As iemand in jou huis bly, kan dit potensiële diewe afskrik en verseker dat kwessies vinnig aandag kry. Dit help as daar gereelde aktiwiteit by jou huis is, soos gordyne wat oop- en toegetrek word, en ligte wat aangaan en weer afgaan. As jy nie ʼn persoon kan huur nie, oorweeg om sonkrag-ligte of ligte met tydmeganismes wat saans aangaan, of beweging-geaktiveerde ligte te installeer.
• Reël dat pos uitgehaal word: Veral as jy nie ʼn huisoppasser kan huur nie, vra ʼn vertroude vriend of bure om jou pos en koerante te kom haal. Dit sal die indruk wek dat iemand tuis is. Dit geld ook vir die uitsleep en terugplaas van jou vullisblik op vullisverwyderingsdae. Indien die blik nie uitgesleep word nie, is dit dikwels ʼn duidelike teken dat daar niemand by die huis is nie, net soos pos wat in jou posbus opgaar.
• Beveilig jou stelsels: Dis belangrik om jou alarmstelsels (battery inkluis) te toets, om seker te maak alles werk. Dit kan selfs die moeite werd wees om dit te laat diens, as jy dit nog nie die afgelope jaar gedoen het nie. As jy ʼn outomatiese garagedeur het, moet dit ook ingereken word. Gaan ook garagedeure of ʼn veiligheidshek wat met die hand gesluit word, na om seker te maak die slotte is veilig. Oorweeg om kameras te installeer vir bykomende sekuriteit, en maak seker al jou diefwering en slotte is in ʼn goeie toestand. Enige herstelwerk of vervangings moet so gou as moontlik gedoen word en by jou versekeringsdekking ingereken word. As jy byvoorbeeld ʼn alarmstelsel laat installeer het, moet dit gespesifiseer word en doeltreffend werk.
• Benader sosiale media op verantwoordelike wyse: Wees versigtig wanneer jy jou vakansieplanne op sosiale media deel, omdat dit potensiële misdadigers bewus kan maak van jou bewegings. Dit geld voordat jy weggaan en ook tydens jou vakansie, hoe aanloklik dit ook al mag wees om vir almal te laat weet waar jy is.
ʼn Proaktiewe benadering tot versekering beveilig nie net jou bates nie, maar sorg ook dat jy kan fokus op wat werklik saak maak tydens die feestyd. Met die hulp van ʼn korttermynversekeringsadviseur kan jy al die faktore oorweeg van die versekeringsdekking wat jy nodig het. En – soos so dikwels hierdie tyd van die jaar gebeur – voor jy jou kom kry, is die vakansie hier. Daarom is dit belangrik om jou versekering so gou as moontlik op datum te bring. Gee jouself die geskenk van gemoedsrus.



Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





