Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
September 2021

Kobie Kritzinger
PSG Wealth
Die afsterwe van ‘n geliefde is baie traumaties en kan afhanklikes in ‘n emosionele en finansiële warboel plaas. Moenie die ongemaklike gesprekke oor jou nalatenskap uitstel nie.

“ Party mense glo dat ‘n testament onnodig is en al wat hulle moet doen, is om een van hulle geliefdes te vertel wat hulle wense is en wie moet wat erf. Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie. ”
Die Covid-19 pandemie het ons almal daaraan herinner dat die lewe kosbaar is en dat goeie gesondheid vir niemand gewaarborg is nie. Die meeste van ons het of self ‘n geliefde aan Covid-19 afgestaan, of weet van iemand wat ‘n geliefde verloor het. ‘n Testament is sekerlik die belangrikste regsdokument wat jy in jou leeftyd kan hê. Nie almal verstaan en besef hoe belangrik dit is om ‘n geldige testament in plek te hê nie en dit is juis om hierdie rede dat ‘n groot hoeveelheid Suid-Afrikaners nie ‘n geldige testament het nie. Dit is nie lekker om oor die dood te praat nie, in teendeel, dit is ‘n gesprek wat ons almal liewer wil vermy.
Party mense glo dat ‘n testament onnodig is en al wat hulle moet doen, is om een van hulle geliefdes te vertel wat hulle wense is en wie moet wat erf. Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie. Jou wense word nie vervat in ‘n regsdokument nie en daarom is daar geen waarborg dat jou wense wel uitgevoer gaan word nie. As jy te sterwe sou kom sonder ‘n testament, beteken dit dat jy intestaat sterf en dit kan lei tot onnodige vertragings met die verdeling en allokasie van jou bates, wat jou geliefdes dalk vir ‘n onbepaalde tyd sonder voldoende finansiële sorg kan laat.
Om jou gedagtes oor jou testament aan die gang te kry, dink na oor die volgende:
Die afsterwe van ‘n geliefde is baie traumaties en kan afhanklikes in ‘n emosionele en finansiële warboel plaas. Moenie die ongemaklike gesprek oor jou nalatenskap uitstel nie.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





