Motorfietsversekering: doeltreffende beskerming teen risiko’s op Suid-Afrikaanse paaie

Motorfietsversekering: doeltreffende beskerming teen risiko’s op Suid-Afrikaanse paaie

Hoewel die meeste Suid-Afrikaners weet hoe onteenseglik belangrik motorversekering is, is die behoefte aan motorfietsversekering skynbaar nie iets wat so dikwels beklemtoon word soos versekering vir vierwielvoertuie nie. Dit bring mee dat mense nie so sterk daarop ingestel is om genoeg motorfietsdekking te hê nie, al is die versekeringsoorwegings baie soos dié vir motors. Om ʼn verantwoordelike motorfietseienaar in Suid-Afrika te wees, is dit belangrik om die regte dekking te kies wat beskerming teen die risiko’s op die land se paaie help verleen.

Sommige sal miskien genoeg versekering aangaan om die koste van skade of verlies in die geval van ʼn ongeluk of diefstal te dek, maar verras wees om uit te vind dat verskeie versekeraars nou vereis dat motorfietse vir versekeringsdoeleindes met opsporingstoestelle toegerus moet wees. Die rede hiervoor is die toename in kapings regoor die land, volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se verslae. Daarom is dit van kardinale belang om seker te maak dat jou motorfiets die regte versekering het, en dat jy jou versekeraar se polisvoorwaardes nakom.

Sleuteloorwegings wanneer jy jou motorfiets verseker
Motorfietseienaars moet gewoonlik kies tussen ʼn omvattende polis, dekking vir derdeparty-aanspreeklikheid of ʼn polis wat beide derdeparty-dekking en diefstal insluit. Verskeie faktore sal die prys van ʼn motorfietsversekeringspremie bepaal, waaronder die bestuurder se ouderdom en eisegeskiedenis, die motorfiets se fabrikaat en model, die krag/gewig-verhouding daarvan, en hoe lank die motorfietsryer al ʼn lisensie het. Dit is belangrik dat motorfietsryers in gedagte hou dat hulle nog steeds om ʼn aparte lisensie moet aansoek doen en een moet kry om hul motorfiets te bestuur, al het hulle ʼn bestuurslisensie vir ʼn konvensionele motorvoertuig.

Die regte lisensie is by die meeste versekeraars ʼn voorvereiste, hoewel sommige verskaffers motorfietseienaars met slegs ʼn leerlinglisensie kan toelaat om versekeringspolisse aan te gaan. In laasgenoemde geval moet die motorfietseienaar in ag neem dat Suid-Afrikaanse verkeerswette hulle nie toelaat om ʼn passasier op hul motorfiets te vervoer voordat hulle ʼn bestuurslisensie gekry het nie. Voorts moet motorfietseienaars, net soos eienaars van motorvoertuie, die padreëls gehoorsaam om aan hul versekeraar se vereistes te voldoen en te voorkom dat eise onnodiglik afgewys word,

Spesifiseer hoe jy beoog om jou motorfiets te gebruik
In die aansoekfase moet motorfietseienaars die hoofdoel van hul motorfiets meld – of dit vir persoonlike of kommersiële doeleindes gebruik gaan word, of om aan mededingende wedrenne deel te neem. Verskeie uitsluitings kan van toepassing wees op motorfietsryers wat aan wedrenne deelneem.

Beskermende toerusting soos valhelms kan meer as R15 000 kos, terwyl die jongste motorfietsvalhelms deesdae met Bluetooth-tegnologie geïntegreer is en ingeboude klank- en kommunikasiestelsels kan bevat. Dit kan dus baie duur wees om sulke hoëtegnologie-toerusting te vervang. Om hierdie rede kan dit vir motorfietseienaars raadsaam wees om nie net die voertuig self te verseker nie, maar ook hul toerusting as bykomstighede by hul alle-risiko-polis te voeg. Beskermende items, asook items soos leerkledingstukke, GPS-stelsels, bagasiehouers, kolligte en trappies kan ook as bykomstighede gespesifiseer word.

Risikobestuurstrategieë vir motorfietsryers
Doeltreffende risikobestuur sluit in om veilig te bestuur, gereeld veiligheidsondersoeke te doen en seker te maak die motorfiets word behoorlik in stand gehou en bly padwaardig.

Gevorderde bestuurskursusse kan motorfietsryers met groter vaardigheid en behendigheid op die pad toerus. Dit kan ʼn lewensreddende faktor wees, veral gedurende die spitsverkeerseisoene soos Paasnaweek en ander vakansietye, wanneer die ongeluksyfer op Suid-Afrikaanse paaie elke jaar hoog is. Motorfietsryers word ook aangemoedig om glimbaadjies te dra en weerkaatsers op hul klere en motorfiets aan te bring om veral in die aand so sigbaar as moontlik te wees op die pad.

ʼn Versekeringspolis kan ʼn uiters nodige veiligheidsnet wees in die geval van ʼn ongeluk of misdaadverwante insident. En soos met enige ander tipe versekering, is dit belangrik dat motorfietsryers met hul adviseurs gesels om hul persoonlike behoeftes te bespreek en die mees geskikte polis vir hul eie omstandighede te kies.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
Ready to travel? Make sure you’re covered for the risks involved before heading out the door

The end of the year typically sees an increase in domestic and international travel, with many South Africans using the school holidays and the festive period to discover and explore new destinations. This year, we could see international travel move closer to pre-pandemic levels once again. Because, after several years of travel plans being severely curtailed by pandemic-related restrictions, many are now choosing to dust off their travelling shoes and venture abroad again.

Read more
Card image cap
InsureInShort
Adapting to load shedding: how to insure your backup generators and solar systems

What began in 2007 as a series of rolling blackouts to relieve pressure on the national grid, has become a part of the reality of living in South Africa today. Experts’ predictions that load shedding is likely to persist for several more years have prompted many households and business owners to invest in backup generators and solar systems. However, this kind of machinery and equipment comes with a hefty price tag, and should therefore be adequately insured against a number of risks.

Read more
Card image cap
InsureInShortAfrikaans
Reisgereed? Maak seker jy het dekking vir reisverwante risiko’s voordat jy vertrek

Aan die einde van die jaar is daar gewoonlik ʼn toename in plaaslike en internasionale reise, en baie Suid-Afrikaners gebruik die skoolvakansie en feestyd om nuwe bestemmings te ontdek en ontgin. Vanjaar het ons gesien dat internasionale reise weer nader aan die vlakke van voor die pandemie beweeg. Nadat reisplanne die afgelope paar jaar weens pandemieverwante beperkings ernstig ingekort is, wil baie mense nou hul reisskoene afstof en weer oorsee gaan.

Read more
Card image cap
InsureEnglishInShort
The first-time car buyer’s guide to insurance

The world of car insurance can be confusing to navigate for first-time car buyers, as there is already so much to consider when selecting the right car and deal. Ultimately, insurance provides a safety net that returns you to the same financial position you were in before an incident occurred. For many, this safety net could make the world of difference when the unexpected happens.

Read more
Card image cap
InsureInShort
How insurance should evolve to keep up with new risks

The youth of today live in a very different world, with its own unique risks, which now require a very different approach to insurance. The emergence of new trends in wearable technology and the rapid acceleration of digitalisation have heralded an entirely new array of insurable risks – particularly amongst the South African youth, who are the main drivers of the digital and technology movements in the country. Given the dynamic nature of the risk landscape, parents should view educating their young adult children about insurance and how it works as an important life skill.

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us