Beleggingslesse uit 23 jaar van besigheid | PSG

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Die onderstaande grafiek wys die groei van die JSE indeks van alle aandele se groei oor die laaste 23 jaar.  Almal wat van die begin daarin belê was, sonder om enigsinds aan hul beleggings te torring of om uitermatige slim te probeer wees, sou sien dat hul belegging sewe-voudig toegeneem het.  Buitelandse indekse toon ‘n soortgelyke prentjie.

Bron: (Tradingeconomics, stockmarket)

Gedurende hierdie twee dekades, het ons egter drie baie groot terugsakkings beleef, elkeen vanuit ‘n verskillende oorsaakhoek:

1. Wêreldwye Finansiële Krisis (2008-2010) waar reuse Amerikaanse finansiële instellings getuimel het na jare se oordadigheid. Die daaropvolgende paniek het die grootste ressessie sedert die Groot Depressie van meer as 80 jaar gelede tot gevolg gehad. SA was die pyne nie gespaar nie en dit het 2 lange jare geneem voor markte weer herstel het.

2. COVID19-pandemie se aanvang aan die begin van 2020 het die wêreld onverhouds betrap. Onsinnige optredes deur owerhede het ekonomiese aktiwiteit oornag tot ‘n halt gedwing. Die daaropvolgende herstel was wonderbaarlik en was binne 6 maande verby die vorige hoogtepunt. Dit wys weer hoe gevaarlik dit kan wees om paniekerig te raak.

3. Weghol-inflasie spook tans die markte – alhoewel dit in die agtergrond gesluimer het met jarelang lae rentekoerse gelei deur die VSA, het die Russiese inval van die Ukraïne en die daaropvolgende afsny van veral energie, die pryse wêreldwyd die hoogte ingestuur. Ons sit tans in die oog van hierdie storm, met geen ooglopende oplossing oor die kort termyn nie. Dit is reeds 10 maande aan die gang sedert die begin van Jan 2022.

Ander negatiewe gebeure, soos hieronder aangedui, wys nou skaars as ‘n rippel in die grafiek hierbo, alhoewel dit groot rede tot paniek veroorsaak het op daardie tyd:

  • Y2K – rekenaars sou vries teen die draai van middernag van 31 Des 1999, wat vliegtuie, logistiek en bankstelsels tot ‘n halt sou dwing
  • 9/11 aanval op die World Trade Centre in 2001 – spoke oor ‘n moontlike Wêreldoorlog, asook ‘n dekade-lange ressessie was volop in die nuus
  • Dot-com bubble met die internet-malligheid wat spoed opgetel het in die laat-90’s. Dit het skouspelagtige in tuimel gestort in Okt. 2002, wat baie sogenaamde ‘experts”se reputasies beëindig het

Vir beleggers (en ons is eintlik maar almal), is daar drie breë opsies tydens hierdie pynlike ervarings:

1. Verkoop van groeibates tydens die terugsakking en omskakeling na veilige hawens soos kontant, of inkomstebates soos staatseffekte of eiendom. Die oorweegrede is om te keer voor dit te laat is.

2. Sit op ons hande en vertrou dat, soos in elke geval hierbo genoem, die markte mettertyd sal herstel. ‘n Standvastige oog op u lang termyn doelstellings, wat gepaard gaan met die toepaslike risikoprofiel en ‘n behoorlike gediversifiseerde portefeulje is noodsaaklik hiervoor.

Ons rol as finansiële adviseurs is uiters belangrik om hier te help tydens hierdie pynvolle fase. Onthou asseblief dat ‘n afwaartse syfer in u maandelikse of kwartaallikse staat slegs ‘n kiekie is van die waarde op die dag. Eers die dag wanneer die bate verkoop word, realiseer dit ‘n verlies of wins van die bate. Dit is presies dieselfde as dat wanneer mens ‘n eiendom aanskaf teen R3 miljoen, en iemand bied jou ‘n verkoopsprys van R2.8 miljoen aan, het jy niks verloor as jy nie verkoop nie.

3. Berekende beleggers (en dit is die werklike moeilike deel), koop verder groeibates wanneer dit teen afslagwaardes aangebied word. Die mees algemene fout hier is egter wanneer ons wag tot die omdraaislag eers onteenseglik in plek is. Teen daardie tyd is die “maklike geld” reeds gemaak.

Beleggingsmarkte kyk vêr vorentoe in die onbekende toekoms in wanneer pryse gereflekteer word.Wanneer ons weer die bogenoemde grafiek bestudeer, is dit duidelik dat aantreklike en ekstra groei verkry kan word gedurende die herstelperiodes na skerp dalings. Dit beteken egter nie dat mens kop moet verloor tydens hierdie onsekere tye nie.

By PSG Weath, konsentreer ons ons aandag op Opsies 2 en 3 hierbo. Deur die jare is dit bewys dat, saam met gemoedsrus, dit die belangrikste bydrae is wat ons kan maak aan ons Kliënte se lewens.

Ons is, soos altyd, beskikbaar vir ‘n gesels of besoek, wanneer benodig. Moet asb nie wag tot ‘n situasie onbeerlik raak voor u kontak maak nie. Onthou ook dat my eie portefeulje, asook die van my familie, in presies dieselfde beleggings as u s’n is – ook teen dieselfde produkkoste. As beleggingsbestuurders het ons toegang tot alle onverwante en gereguleerde produkte en kundigheid wat beskikbaar is binne en buite PSG Wealth, plaaslik sowel as in die buiteland.

En onthou, selfs hierdie sal verbygaan. Ons glo onwrikbaar in die integriteit en die vindingrykheid, sowel as die wil om bo uit te kom.



 

Die menings wat in hierdie artikel uitgespreek word, is die menings van die skrywer en nie noodwendig dié van PSG Konsult nie, en maak nie advies uit nie. Hoewel hierdie artikel met die grootste sorg nagevors en opgestel is, kan geen verantwoordelikheid aanvaar word vir handelinge wat op grond van inligting in hierdie dokument onderneem word nie. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde finansiële dienste verskaffer. FSP 728

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us