Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
March 2022

PSG Wealth Northcliff
PSG Wealth
Waarskynlik die belangrikste faktor om vanjaar, en die volgende paar jaar, dop te hou, is inflasie – gevolg deur stygende rentekoerse. In 2021 het ons ʼn skielike en skerp styging in inflasie gesien, as gevolg van die herstel van ekonomiese aktiwiteit wêreldwyd, en bottelnekke in die internasionale verskaffingsketting.

“ In tye van inflasie is dit van kardinale belang dat die koopkrag van kliënte se portefeuljes beskerm word. ”
Dit wil voorkom of inflasie hierdie keer langer gaan bly, hoewel sentrale banke onder druk verkeer om seker te maak dat dit nie in ʼn inflasiespiraal ontaard nie. Plaaslik het die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse met 0.5% verhoog sedert dit sy laagste vlak bereik het, en aangedui dat hierdie tendens elke kwartaal vir die volgende twee en ʼn half jaar voortgesit sal word.
Weens hoër insetkosse kan hoë inflasie maatskappywinste onder druk plaas. In sulke omstandighede sal maatskappye moontlik minder mense in diens neem, wat ʼn impak het op lewenspeil. Hoë inflasie het nog altyd met laer opbrengste op aandele gekorreleer.
PSG Wealth gee nog steeds voorkeur aan aandele oor die lang termyn (veral met inagneming van inflasierisiko), maar glo dat beleggers vir hul kontantbehoeftes voorsiening moet maak, sodat hulle nie noodgedwonge in tye van onbestendigheid geld uit hul beleggings moet gebruik nie. PSG Wealth se siening oor markte en bateklasse in die volgende ekonomiese siklus kan soos volg saamgevat word:
Regerings, en veral die Amerikaanse Federale Reserwe, sal waarskynlik probeer om rentekoerse so laag as moontlik te hou om ekonomiese groei te bevorder. Ons is van mening dat beleggers opbrengste van tussen 9% en 15% per jaar op plaaslike aandele kan verwag oor die volgende 10 jaar. Dit kom neer op inflasie plus 8% op gemiddelde opbrengste.
PSG Wealth se siening is dat buitelandse markte opbrengste van tussen 3% en 6% bo inflasie per jaar sal lewer oor die volgende 10 jaar.
Ten slotte:
In tye van inflasie is dit van kardinale belang dat die koopkrag van kliënte se portefeuljes beskerm word. Met ander woorde, kliënte se portefeuljes moet genoeg groeibates bevat om die impak van hoër inflasie teen te werk. As ʼn verskansingsinstrument teen inflasie, speel risikobates of aandele ʼn uiters waardevolle rol in portefeuljes. Ongelukkig is aandele nie geneig om in ʼn reguit lyn te styg (groei) soos in die geval van kontant nie. Aandele word gekenmerk deur wisselvalligheid, en as beleggers dít kan verstaan, kan die reis van A na B ʼn baie aangenamer ervaring wees.
In die tabelle hieronder lig ons die risiko’s en geleenthede toe soos ons hulle beskou:

Ons wens jou en jou familie ʼn baie goeie en voorspoedige jaar toe. Mag jy goeie gesondheid geniet, en tyd inruim om met geliefdes in aanraking te kom. Wees verseker dat jou beleggings in goeie hande is, en dat ons dit met toewyding en passie namens jou en in jou beste belang bestuur.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





