Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
May 2025
Stefan van Rooyen CFP®
Wealth Adviser
In ʼn wêreld waar welvaartskepping dikwels jare van opoffering en oordeelkundige beplanning verg, is die verbasend hoe min Suid-Afrikaners moeite doen om te beplan vir die dag wanneer hulle nie meer daar is nie. ʼn Onlangse studie het getoon dat meer as 70% van Suid-Afrikaners nie ʼn geldige testament het nie. Boedelbeplanning is nie meer net vir die superrykes bedoel nie – dis ʼn noodsaaklike strategie vir middel- tot hoë-inkomsteverdieners wat hul nalatenskap wil beskerm en vir toekomstige geslagte voorsiening wil maak.
Kontak gerus Stefan van Rooyen direk, PSG Wealth Welvaartbestuurder.
Baie families begin te laat aan boedelbeplanning dink – dikwels wanneer dit nie meer ʼn proaktiewe gesprek is nie. Hier is ʼn paar foute wat selfs hoë-inkomsteverdieners duur te staan kom:
Oor ʼn koppie koffie kan ek ʼn paar onaangename ervarings deel van kliënte wat vir ekstra belasting of eksekuteursgelde moes opdok omdat begunstigdebenoemings nie bygewerk is nie – koste wat met behoorlike beplanning tot die minimum beperk kon word.
ʼn Goed gestruktureerde boedelplan behels meer as om net ʼn testament op te stel. Vir meer komplekse boedels of gesinne met minderjarige kinders kan trusts ʼn kragtige hulpmiddel wees:
Boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting kan jou geliefdes se erfenis aansienlik laat krimp, maar met strategiese beplanning kan die impak verminder word:
Boedelbeplanning is nie ʼn eenmalige taak nie – dit is ʼn aktiewe deel van jou finansiële reis. Die doel is nie net om rykdom na te laat nie, maar om dit op oordeelkundige wyse te doen – met doelgerigtheid, duidelikheid en sorgsaamheid. As ʼn gesertifiseerde finansiële beplanner help ek kliënte om boedelplanne te skep wat hul finansiële doelwitte sowel as hul familiewaardes weerspieël.
By Paarl Cecilia Square Stockbroking is ons gereed om die reis saam met jou aan te pak. As jy persoonlike leiding wil hê of vrae het oor testamente, trusts of enige deel van jou boedelplan, kom ons gesels daaroor. Saam kan ons seker maak dat jou welvaart toekomstige geslagte tot voordeel sal wees.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.