Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
October 2025

Adri Horstmann CFP®
Wealth Adviser
Menige beleggers is bekommerd oor Suid-Afrika se hoë skuldvlakke, valutaregulasies en die devaluasie van die rand. Die vraag oor hoe Suid-Afrikaanse trusts en individue geld in die buiteland kan belê, word deur menige gevra.

Kontak gerus Adri Hörstmann direk, PSG Wealth adviseur.
Individue kan direk in ’n buitelandse belegging belê. Daarbenewens kan ’n Suid-Afrikaanse trust en individue ook geld in die buiteland belê deur middel van ’n bateruilbelegging of voerdereffektetrustfonds (“feeder”).
’n Bateruilbelegging is ’n rand-gedomineerde belegging wat geruil word vir buitelandse geldeenhede en in die buiteland belê word. Beleggers kan toegang verkry tot ’n bateruilbelegging deur middel van ’n voerdereffektetrustfonds wat direk in ’n buitelandse fonds belê.
Bateruilbeleggings is ideaal vir beleggers wat nie hul bates direk in die buiteland wil belê nie, maar nog steeds die voordeel van buitelandse markblootstelling wil geniet.
Beleggers kan in buitelandse markte en bates belê deur gebruik te maak van Suid-Afrikaanse rand, sonder om gebruik te maak van hul persoonlike buitelandse beleggingstoelaag.
Valutabeheervoordeel
Rand-depresiasievoordeel
Mag kleiner bedrae belê
Ander entiteite
Diversifikasie

Al die groot batebestuurders in Suid Afrika het bateruil-voerdereffektetrustfondse op hulle platforms beskikbaar. Plaaslike fondsbestuurders belê in buitelandse bates volgens die voerdereffektetrustfonds se mandaat. Elke belegger kan ’n bateruilbelegging oorweeg wat met die belegger se finansiële doelwitte en risiko-aptyt ooreenstem.
Voornemende beleggers moet ook in gedagte hou dat beleggings direk in die buiteland gemaak kan word, wat addisionele reëls en belastinggevolge soos situsbelasting en testamentêre oorwegings tot gevolg het. Vir meer inligting oor hoe om in die buiteland te belê, kontak gerus vir Adri Hörstmann om jou met raad by te staan.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.





