May 2025
Adri Horstmann CFP®
Wealth Adviser
President Donald Trump se onlangse aankondiging van invoertariewe en die daaropvolgende reaksie van groot wêreldmonopolieë soos China, Kanada en die Europese Unie het veroorsaak dat aandelemarkte wêreldwyd oornag getuimel en winste ter waarde van triljoene dollar op die aandelebeurse uitgewis is.
Kontak gerus Adri Horstmann direk, PSG Wealth adviseur.
Die invoertarief-aankondiging en handelsoorlog tussen die VSA, China en verskeie ander lande is voorafgegaan deur ’n skerp daling in die Amerikaanse tegnologiesektor as gevolg van die bekendstelling van die Chinese KI-sagteware DeepSeek teenoor gevestigde spelers soos OpenAI, wat gelei het tot wesenlike markwaardeverliese vir tegnologiemaatskappye soos Nvidia.
Buiten aandelemarkte het Amerikaanse indekse ook ’n knou gekry. Dit het ook tot gevolg gehad dat beleggers triljoene dollar uit die VSA-markte onttrek het in ’n poging om hul geld in veilige markte en bateklasse te belê.
’n Finansiële adviseur kan nie markdalings en -wisselvalligheid vooruitskat nie, maar met ’n goed saamgestelde beleggingsplan kan jou beleggings markdalings absorbeer.
’n Weldeurdagte beleggingsplan moet oor die volgende eienskappe beskik:
Die rol van jou welvaartbestuurder is om jou risikoprofiel te bepaal en jou geld dan daarvolgens in sekere bateklasse soos binnelandse en buitelandse aandele, eiendom, binnelandse en buitelandse effekte en geldmarkfondse te belê. Verskillende fases in ekonomiese siklusse sowel as makro-ekonomiese faktore soos oorloë, tariefverhogings, die wisselkoers en rentekoerse kan ’n wesenlike impak op sekere bateklasse hê. ’n Ervare welvaartbestuurder kan waardevolle leiding gee oor hoe om jou belegging na gelang van marktoestande te herbalalanseer.
Diversifikasie oor bateklasse, sektore en geografiese grense help om risiko en wisselvalligheid in jou portefeulje te absorbeer en oor tyd goeie opbrengste te lewer. Een van die sleutelfaktore van ’n goeie belegging is om jou risiko-aptyt oor tyd te balanseer met jou ouderdom, inflasie, aftreebeplanning en jou beleggingshorison. Terwyl die Amerikaanse markte tans in ’n warboel verkeer, bied ander wêreldmarkte soos Indië, Japan en sekere dele van Europa uitstekende groeigeleenthede.
’n Beleggingsplan maak gewoonlik voorsiening om vir sekere doelwitte te spaar – byvoorbeeld vir universiteitstudie, die deposito op ’n huis of motor, oorsese reise, aftrede, ens. Dit is van kardinale belang om jou risikoprofiel en tydshorison in ag te neem. Indien jy ’n lang beleggingshorison het, kan jy bekostig om bietjie meer risiko aan te gaan met die oog op beter opbrengste oor die lang termyn, deur groter blootstelling aan binnelandse en buitelandse aandele te hê.
Wanneer markte heftig reageer op faktore soos Covid-19, die tegnologieborrel in die VSA, tariefverhogings, handelsoorlog en ander, is beleggers geneig om paniekerig te raak en impulsiewe besluite te neem wat deur vrees aangedryf word. ’n Suksesvolle welvaartbestuurder verstaan die belangrikheid van ’n langtermyn-beleggingsplan wat vir jou persoonlike doelwitte voorsiening maak, sonder om deur korttermyn-skommelinge ontwrig te word. ’n Langtermyn-beleggingsplan hou jou gefokus op die groter prentjie en jy kry die voordeel van saamgestelde rente.
Likiditeit is ’n dryfveer vir finansiële markte. Dit is van kardinale belang om ook in bateklasse te belê wat vinnig in kontant omskep kan word indien jou welvaartbestuurder vinnige keuses moet uitoefen om marktoestande te trotseer, of indien jy dringend toegang tot kontant nodig het.
Stel jou vertroue in ’n batebestuurspan wat bekend is daarvoor om oor die lang termyn konsekwent goeie opbrengste in topkwartiel-fondse te lewer, danksy goeie navorsingspanne wat die mark bestudeer en weet hoe om korttermyn-markskokke te absorbeer. Vertrou jou fondsbestuurder om jou portefeulje te kan herbalanseer indien nodig.
Moenie dat een president of nuusopskrifte jou van jou beleggingsplan en -doelwitte laat afwyk nie. Navorsing het bewys deur in die mark belê te wees tydens ’n politieke oorgang en wêreldwye markdaling, was nog altyd die betroubaarste manier om langtermyn-welvaart te skep.
’n Deeglik saamgestelde beleggingsplan wat gebasser is op jou persoonlike doelwitte, sal jou die gemoedsrus gee dat jou portefeulje markskokke en -wisselvalligheid kan absorbeer. Vir meer inligting kan u my gerus kontak.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.