PSG Paarl Cecilia Square Stockbroking | PSG Wealth

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Kontak gerus Lourens van Wyk  direk, PSG Wealth adviseur.

Verkeerd. Die Toekomstige Jy protesteer stilweg: “Moet asseblief nie wag nie!” Want wat beleggings betref, is tyd die katalisator – en hoe vroeër jy begin, hoe groter is jou potensiaal om ʼn welvarender toekoms te skep. En ja, jy kan nog steeds elke nou en dan ʼn cappuccino geniet.

Die krag van tyd (en ʼn bietjie geld)

Gestel twee vriende, Sam en Jill, besluit om te belê.

  • Sam begin belê R1 000 per maand op ouderdom 25, gaan daarmee voort vir 10 jaar, en hou dan op, maar hou die geld in die belegging.
  • Jill wag tot ouderdom 35 voordat sy ook R1 000 per maand begin belê, tot haar aftrede op 60.

Wie, dink jy, het uiteindelik die meeste geld gehad?

Sowaar Sam!

Al het Jill 25 jaar lank belê, en Sam net 10, het die feit dat Sam vroeg begin het sy beleggings meer tyd gegee om te groei en baat te vind by die kragtige uitwerking van saamgestelde rente.

(Saamgestelde rente is wanneer jou geld rente verdien, en daardie rente verdien rente, en dan verdien die rente daarop ook rente... wat mettertyd ʼn sneeubal-effek het.)

Maar ek het nie geld nie, sê jy?

Dis waar – die meeste van ons voel in ons 20’s het ons geen ekstra geld om te belê nie. Net geld vir huur, studentelenings, wegneemetes, gimlidmaatskap wat ons nooit gebruik nie...

Belegging vereis egter nie dat jy ryk moet wees nie. Selfs klein bedraggies maak mettertyd ʼn verskil. R500 per maand klink miskien nou na kleingeld, maar met tyd en geduld kan dit tot ʼn beduidende bedrag aangroei.

Trouens, as jy belê wanneer jy jonk is, is dit soos om ʼn vrugteboom te plant. As jy die boom vroeg plant, sal jy nog baie jare in sy skaduwee kan ontspan en vars mango’s kan geniet. As jy te lank wag, sal jy die buurman of buurvrou wees wat mango’s kom vra.

Inflasie is daardie dief in die nag wat jou onverhoeds betrap

Kom ons gesels oor inflasie, wat jou gunstelingsjokolade elke jaar duurder (en om een of ander rede kleiner) laat word.

As jy net geld in ʼn gewone bankrekening spaar, sal inflasie stadigaan die waarde daarvan wegkalwer. R100 sal vandag miskien vir jou vyf brode koop, maar oor 20 jaar net twee en ʼn half.

Belegging help jou geld om vinniger as inflasie te groei. Dis jou beste kans om stygende pryse die hoof te bied.

Belegging vs spaar: Dis nie dieselfde nie

Spaar is ideaal vir korttermyndoelwitte – soos om ʼn motor te koop, met vakansie te gaan, of uiteindelik daardie foon met die gekraakte skerm te vervang.

Belegging is egter bedoel vir langtermyndoelwitte – soos aftrede, om ʼn huis te koop, of finansiële vryheid te kry voordat jou knieë begin pla.

Dink só hieraan:

  • Spaar is soos ʼn fiets – betroubaar en bestendig.
  • Belegging is soos ʼn trein – dit begin stadig, maar wanneer dit op dreef kom, kry dit vinnig spoed.

Jy hoef nie ʼn deskundige te wees nie

Baie mense vermy beleggings omdat dit te intimiderend klink. Aandelemarkte, effektetrusts, beursverhandelde fondse (BVF’s) – dis ʼn onverstaanbare warboel vir baie!

Jy hoef egter nie ʼn finansiële graad te hê nie. Jy kan met klein beleggings begin, in maklik verstaanbare produkte soos:

  • Uittree-annuïteite
  • Belastingvrye beleggingsrekeninge
  • Effektetrusts wat deur beleggingskundiges bestuur word

By PSG Wealth Cecilia Square kan ons jou leiding gee en help, sonder dat dit jou ʼn fortuin kos.

Ten slotte Wees goed vir die toekomstige jy

Begin vroeg belê, al is dit net ʼn klein bedraggie. Doen dit gereeld. Verhoog jou bydrae wanneer jy daardie verhoging kry of uiteindelik jou gimlidmaatskap kanselleer.

Jou toekomstige self sal jou bedank – nie net in woorde nie, maar ook met ʼn gemaklike leefstyl, die vryheid om te kan reis, en die vermoë om spontaan jou kleinkinders te bederf.

Want die feit is: jy kan altyd meer geld maak, maar jy kan nie meer tyd maak nie.

Belê dus nou, en laat die tyd die werk doen. 

Become a client

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us