Pretoria East Newsletter | PSG Wealth

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Kontak gerus  Dawie Klopper direk, PSG Wealth adviseur.

Terselfdertyd hervorm die buitengewone tempo waarteen kunsmatige intelligensie ontwikkel, ekonomieë en nywerhede, en skep dit onsekerheid oor die toekoms van werk en inkomste.

Maar toe bars die oorlog bykans oornag in die Midde-Ooste los — skielik, gewelddadig, en onmiddellik sigbaar in ’n skerp styging in oliepryse.

Die militêre optrede deur die VSA en Israel teen Iran het weer eens geopolitieke risiko’s na vore gebring. Finansiële markte, wat ’n afkeer van onsekerheid het, het vinnig gereageer. Oliepryse het gestyg, inflasieverwagtinge het toegeneem, en beleggers vra weer die bekende vraag: wat nou?

Die eerste punt is eenvoudig maar belangrik: markte oorreageer dikwels op die kort termyn. Die geskiedenis wys dat selfs groot geopolitieke skokke uiteindelik geabsorbeer word. Oorloë eindig altyd — soms vinnig, soms stadig — maar mettertyd pas die wêreldekonomie aan en kapitaal vind nuwe geleenthede.

Wat hierdie keer anders maak, is die tydsberekening. Slegs ’n paar maande gelede was die algemene verwagting dat sentrale banke — veral in die VSA — later vanjaar rentekoerse sou begin verlaag. Nie omdat dit ekonomies geregverdig was nie, maar omdat laer koerse druk op verbruikers sou verlig.

Nou lyk daardie vooruitsig baie minder seker. Hoër oliepryse en moontlike ontwrigtings in voorsieningskettings kan inflasie weer aanwakker en plaas sentrale banke in ’n moeilike posisie: moet hulle groei ondersteun deur koerse te verlaag, of koerse langer hoog hou om inflasie te beperk?

Stygende effekte-opbrengste lok reeds kapitaal terug na die VSA en versterk die dollar — iets wat nie in lyn is met Trump se voorkeure nie. Vir Suid-Afrika beteken dit tipies ’n swakker rand. Selfs goud, wat gewoonlik baat tydens konflik, het nie so sterk reageer as wat verwag is nie.

Vir beleggers beteken hierdie omgewing groter wisselvalligheid. Maar wisselvalligheid moet nie met permanente verlies verwar word nie. Dit is bloot die prys wat betaal word vir langtermynopbrengste — die toegangsfooi tot aandelemarkte en die voordeel van saamgestelde groei.

Plaaslik word globale skokke deur ’n unieke Suid-Afrikaanse lens gefiltreer. Hoër kommoditeitspryse, wat steeds aansienlik hoër as ’n jaar gelede is, ondersteun uitvoerders en staatsinkomste. Terselfdertyd plaas hoër oliepryse druk op inflasie, wat die Reserwebank  meer versigtig maak om rentekoerse te verlaag.

Die rand bly, soos altyd, ’n skokbreker — maar dit bring groter korttermynskommelings mee. Vir plaaslike beleggers beklemtoon dit weereens die belangrikheid van globale diversifikasie.

En dit bring ons by die kernvraag: wat moet beleggers nou doen?

Eerstens, hou by jou plan. Beleggingsukses word selde bepaal deur die vermoë om geopolitieke gebeure te voorspel. Dit word eerder gebou op dissipline, geduld en die vermoë om ongemaklike tye te deurstaan sonder om impulsiewe besluite te neem.

Tweedens, diversifikasie bly jou beste beskerming. Niemand weet presies hoe hierdie konflik gaan ontwikkel of hoe lank dit gaan duur nie. ’n Goed gediversifiseerde portefeulje oor bateklasse en geografiese streke verminder die risiko dat enige enkele gebeurtenis jou langtermynuitkomste ontspoor.

Derdens, moenie korttermyn-“geraas” met langtermyn-realiteit verwar nie. Inflasie kan weer toeneem en rentekoersverlagings kan uitgestel word, maar dit is sikliese bewegings — nie strukturele breuke nie. Die wêreldekonomie het al veel groter skokke oorleef.

Laastens, behou perspektief. Elke krisis voel uniek terwyl ons daarin is. Elke keer lyk dit asof “hierdie keer anders is”. Tog wys die geskiedenis dat markte herstel, ekonomieë aanpas en geduldige beleggers uiteindelik beloon word.

Onsekerheid is onvermydelik, maar paniek is ’n keuse.

En daarom sê ons; hou by jou plan — dit is waarskynlik reeds goed gediversifiseer.

Maar onthou bo alles: alle oorloë eindig.

Become a client

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us