Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
September 2025
Leon Ferreira CFP®
Wealth Manager
Vir baie van ons begin die tyd nou nader kom vir ’n volgende nuwe fase, met die oorgang na aftrede. Vir ’n suksesvolle aftrede is daar ’n paar faktore wat kan verseker dat dit ’n baie aangename en vervullende ervaring kan wees. Hier is ʼn paar wenke; ook vir diegene wat nog nie aftree nie:
Kontak gerus Leon Ferreira direk, PSG Wealth adviseur.
1) Begin vroeg spaar.
Om finansieel onafhanklik te wees met aftrede, is die eenvoudigste beginsel om vroeg te begin spaar. Tyd is nodig om die ongelooflike krag van saamgestelde groei te benut. Daarom is dit uiters belangrik om so vroeg as moontlik te begin spaar, verkieslik in ’n aandeelgekoppelde belegging. Die volgende voorbeeld illustreer die krag van saamgestelde groei:
Me. X begin op 26-jarige ouderdom elke maand R1 500 spaar en verdien ’n opbrengs van 10% per jaar. Op ouderdom 32 hou sy op om te spaar, maar behou die belegging, wat teen 10% per jaar groei.
Me. Y begin egter eers op 32-jarige ouderdom R1 500 per maand spaar en sit hierdie maandelikse belegging voort totdat sy 80 jaar oud is.
Wie het die meeste geld as albei 80 is?
Me. Y kan nooit me. X inhaal nie! Die saamgestelde groei op me. X se aanvanklike belegging is enorm – dink net hoeveel geld sy sou gehad het as aanhou spaar het tot ouderdom 80.
Die grootste geskenk wat ouers hulle kinders en kleinkinders kan gee, is om reeds ’n bedrag vir hulle weg te sit in hul vroeë kinderjare, of hulle met ’n spaarprogram te help.
2) Gebruik die belastingvoordele van uittree-annuïteite en belastingvrye spaarskemas.
3) Bly by jou goeie beleggingstrategie.
Dis hier waar ’n finansiële adviseur ’n belangrike rol speel en die emosionele impak van markskommelinge kan verminder.
4) Volg ’n gesonde leefstyl.
’n Gesonde leefstyl van vroeg af, met ’n goeie gebalanseerde dieet en genoeg oefening, is ’n groot bydraende faktor tot ’n gesonde en gelukkige aftrede.
5) Doen moeite om sterk bande met vriende, familie en kollegas te behou.
6) Werk langer as dit moontlik is en jy jou werk geniet, al is dit afgeskaal. Dit hou emosionele en finansiële voordele in.
Die krag van saamgestelde groei is veral merkbaar wanneer jy reeds beduidende fondse bymekaargemaak het en nog nie enige onttrekkings aangaan nie.
7) Vermy kitsrykword-skemas.
As jy die stappe hierbo gevolg het, gaan jy nie desperaat wees om vinnig te probeer geld maak nie.
8) Herbalanseer jou portefeulje.
Sowat drie jaar voor aftrede moet jy begin om jou portefeulje te herbalanseer, sodat jy nie net blootstelling aan aandele het wat aan markwisselvalligheid onderhewig is nie, maar ook genoeg kontant beskikbaar het om minstens die volgende drie jaar se inkomste te dek.
Alhoewel aandeelgekoppelde beleggings oor die lang termyn die beste opbrengste lewer, kan jy nie vir altyd ’n 100%-aandeelblootstelling handhaaf nie.
Vir gemoedsrus gebruik ons die beginsel van drie mandjies, naamlik (1) genoeg beskikbare kontant vir die kort termyn, (2) ’n gebalanseerde portefeulje vir die medium termyn, en (3) aandeelgekoppelde beleggings vir die lang termyn.
Maak ook voorsiening vir groot kapitaaluitgawes soos eiendom en motors, of daai lekker 4X4 met die daktent en alles wat oop- en toemaak.
9) Behou ’n breë belangstelling.
’n Wye belangstelling, sport, stokperdjies, gemeenskapsdiens of aktiwiteite wat van jongs af beoefen word, kan die grondslag lê vir ’n aktiewe en vervullende aftrede.
As jy die stappe hierbo gevolg het en finansieel onafhanklik is, kan jy jou lewe vul met aktiwiteite wat vreugde bring.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.