June 2024
Armand de Beer CFP®
Wealth Manager: Securities
Markte het die afgelope paar jaar uiterste wisselvalligheid getoon en beleggers met groot vrese gelaat. Dit het by talle ook die persepsie gelaat dat dit nou ’n uitdagende tyd is om te belê
Kontak gerus Armand De Beer direk, PSG Wealth adviseur.
Verbeel jou vir ’n oomblik jy het pas geld geërf, ’n jaareindbonus of ’n inkomstebelastingterugbetaling ontvang. Jy moet besluit of jy nou moet belê of moet wag. Jy kom dalk elke jaar voor hierdie besluit te staan – soms in ’n bulmark, ander kere tydens ’n afswaai. Is daar ’n goeie strategie om te volg?
Jy het waarskynlik gehoor van die strategie om met die afswaai te koop (buy the dip, BTD) – ’n stukkie raad wat sosialemediabeïnvloeders bevorder. Daar is soveel klem op BTD dat die ou strategie om fondse in die mark in te faseer, of die sogenaamde dollarkoste-gemiddelde (dollar-cost averaging, DCA) oorskadu word. Is BTD ’n beter langtermynstrategie?
Koop met die afswaai teenoor dollarkoste-gemiddelde
Let wel: Die ontleding en voorbeelde wat hier getoon word, is op die S&P 500-indeks gedoen. Jy kan dit veralgemeen na enige bateklas wat na verwagting ’n positiewe langtermynopbrengs sal hê.
In ’n opvoedkundige artikel oor die vergelyking tussen dollarkoste-gemiddelde- en koop-met-die-afswaai-strategie het Kelvin Lee (Standard Chartered, Assosiaatdirekteur en Senior Beleggingsadviseur) die volgende voorbeeld gebruik om die twee strategieë te vergelyk:
Jy het elke maand $100 om oor die volgende 15 jaar in die S&P 500-indeks te belê – vanaf Januarie 2007 tot Desember 2021. Jy het die volgende twee beleggingstrategieë om uit te kies:
Figuur 1 hieronder illustreer die hipotetiese beleggingspunte met behulp van die 10%-BTD-strategie.
Figuur 1: Bron: Dollar Cost Averaging or Buy the Dip? - Standard Chartered. https://www.sc.com/sg/wealth/insights/dollar-cost-averaging-or-buy-the-dip/
Die verskillende toetreepunte vir die koop met die 10%-afswaai (rooi pyltjies), 20%-afswaai (geel pyltjies) en die 30%-afswaai (groen pyltjies) word in die grafiek hieronder getoon.
Figuur 2: Bron: Dollar Cost Averaging or Buy the Dip? - Standard Chartered. https://www.sc.com/sg/wealth/insights/dollar-cost-averaging-or-buy-the-dip/
Bevindings van die vergelyking: maandelikse bydraes het die koop met die afswaai geklop
Die belegging van fondse in die mark elke maand (of DCA) het die beste resultate ten opsigte van dollar-winste verdien. Die bedrae wat ingevolge die BTD-strategie belê is, was merkbaar kleiner omdat jy met die kontant gesit het terwyl jy gewag het vir die mark om verder te daal. Beleggers het minder geleenthede gehad om met die belangriker afswaaie te koop, bloot omdat daardie dalings nie gematerialiseer het nie.
Die tabel hieronder toon die bevindings van die studie.
Tabel: Die dollar-bedrag van beleggings, markwaarde en winste. Bron: Dollar Cost Averaging or Buy the Dip? - Standard Chartered. https://www.sc.com/sg/wealth/insights/dollar-cost-averaging-or-buy-the-dip/
In sy boek, Just Keep Buying, het finansiële blogskrywer Nick Maggiulli syfers bereken om te demonstreer waarom hy dink jy nie moet wag om met die afswaai te koop nie. Hy stel die saak dat die koop met die afswaai net soms in jou guns sal wees. Sy bevindings toon dat om konsekwent te koop wanneer dit ook al moontlik is, die beste beleggingsmetode is.
Magguilli het die S&P 500-indeks vanaf 1920 tot 2020 bestudeer en na intervalle van 20 jaar gekyk. Sy navorsing beklemtoon die primêre probleem met ’n BTD-strategie: die kontant word vir te lank gehou. En terwyl jy met die kontant sit, is die mark geneig om te styg. Gevolglik koop jy later teen baie hoër pryse as wanneer jy bloot reg van die begin af gekoop het.
Verbeel jou byvoorbeeld dat jy besluit om te wag om te koop totdat daar ’n 20%-afswaai in die mark is. Wat gebeur as die mark verdubbel, sonder enige sodanige afswaai? Selfs al daal die mark onmiddellik daarna met 20%, sal pryse steeds 60% hoër wees as wat dit was toe jy begin belê het. Wanneer jy dus met die afswaai koop, koop jy uiteindelik nie teen ’n 20%-korting nie, maar teen ’n 60%-premie!
Is dit beter of slegter om vir ’n 50%-afswaai as vir ’n 10%-afswaai te wag?
Soos Magguilli se navorsing toon, hoe groter jou afswaaidrempel is, hoe groter is die kans dat jy DCA oor ’n willekeurige 20-jaar-tydperk tussen 1920 en 2020 sal klop:
Bron: Why Buying the Dip is a Terrible Investment Strategy (https://ofdollarsanddata.com/why-buying-the-dip-is-a-terrible-investment-strategy/)
Hierdie grafiek toon ’n kans van min of meer een uit vier om die DCA te klop met ’n BTD-strategie met ’n afswaaidrempel van 10% tot 20%. Gestel jy gebruik ’n 50%-afswaaidrempel: die geleentheid om DCA te klop, verhoog tot byna 40%. Maar dit het sy nadeel: hoewel die kans groter is dat jy DCA sal klop wanneer jy ’n meer beduidende afswaaidrempel gebruik, is jou onderprestasie (gemiddeld) groter.
As jy na alle 20-jaartydperke van 1920 tot 2020 gekyk het en BTD met ’n 10%-afswaaidrempel gevolg het, sou jy ongeveer 5% swakker as DCA gevaar het. As jy ’n afswaaidrempel van 50% gebruik het, sou jy ongeveer 13% swakker as DCA presteer het.
Bron: Why Buying the Dip is a Terrible Investment Strategy (https://ofdollarsanddata.com/why-buying-the-dip-is-a-terrible-investment-strategy/)
Kundige beleggers kan steeds ’n BTD-strategie verkies as hulle ’n konstruktiewe siening van ’n bate het nadat hulle hulle eie grondige of kwantitatiewe ontleding gedoen het. Hulle kan ’n billike prys vir ’n bepaalde sekuriteit vasstel en is dus gemaklik om meer met verdere prysswakheid te laat akkumuleer.
Vir die meeste beleggers sou dit egter vir die volgende redes beter wees om DCA te volg:
Hoewel dit aanloklik kan lyk om kontant te laat ophoop om met die afswaai te koop, toon navorsing dat hierdie strategie waarskynlik oor die lang termyn nie suksesvol sal wees nie. Gebruik markregstellings om bykomende fondse by jou beleggings te voeg. As jy dit een keer reggekry het om met sukses met die afswaai te koop, begin dan so gou as moontlik om weer gereeld te belê.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.