Pretoria East Newsletter | PSG Wealth

Kontak gerus  Hennie Fourie, PSG Wealth adviseur.

Navorsing toon dat kliënte onder meer die volgende soek en van ’n finansiële adviseur verwag:

-        ’n Wye reeks geloofwaardige beleggingsoplossings

-        ’n Proaktiewe adviseur wat met goeie idees en advies vorendag kom

-        ’n Adviseur wat geïnteresseerd is in die kliënt, nie die kliënt se geld nie

-        Om deel te wees van die besluitnemingsproses – daar moet dus ’n vennootskap wees tussen die kliënt en adviseur

-        ’n Betroubare adviseur wat deur ’n span spesialiste ondersteun word

-        ’n Familiekantoor wat na al die finansiële behoeftes van die hele familie omsien

-        ’n Eenvoudige, maklik verstaanbare prentjie van al hulle welvaart

-        Waarde wat toegevoeg word tot die fooi wat betaal word.

By PSG Wealth Pretoria-Oos glo ons dat bostaande die hoekstene van ons kantoor is en die beginsels wat ons kantoor al jare lank toepas. Ons kantoor bestaan uit meer as 80 kundige mense wat ons in staat stel om aan hierdie behoeftes te voldoen.

PSG Wealth Pretoria-Oos se beleggingsfilosofie en strategie

Ons volg ʼn eenvoudige en verstaanbare beleggingsfilosofie wat al in goeie én swak marktoestande getoets is en werk. Ons verdeel die beleggingskapitaal in drie verskillende beleggingspoele wat elk ’n unieke stel doelwitte het – hetsy kort-, medium- of langtermyndoelwitte of ’n kombinasie van die drie. Kliënte se finansiële behoeftes verander mettertyd en derhalwe is dit belangrik om ’n “lewende” finansiële plan te hê wat buigsaam is en aangepas kan word soos omstandighede verander.

Ons doen ook berekeninge vir persone voor aftrede, om te bepaal of hulle op koers is om hul aftreedoelwitte te bereik. Indien nie, dui die som aan hoeveel ekstra hulle maandeliks moet spaar om by hul doelwit uit te kom. Vir kliënte wat reeds afgetree is, doen ons kontantvloeiprojeksies om te bepaal of die belegger se kapitaal tot ten minste ouderdom 90 volhoubaar sal wees. Kontantvloei-ontledings ná aftrede is uiters belangrik en moet ten minste een keer per jaar gedoen word, sodat kliënte weet hoe hul finansiële posisie lyk. Deur vroegtydig te beplan, kan vasgestel word of ’n kliënt meer moet spaar of dalk langer moet werk voordat hy/sy aftree. Of wanneer die kliënt reeds afgetree is, moet die persoon dalk sy/haar uitgawes strenger bestuur indien die ontleding dit aandui.

Finansiële oplossings wat hulle onderskeie doelwitte behaal

Wat ons oplossings betref, volg ons van ’n multibestuursbenadering – ons fonds van fondse-struktuur bestaan onderliggend uit ’n “mandjie” kwaliteitfondsbestuurders, wat lei tot verdere diversifikasie en verspreiding van risiko. Ons almal ken die gesegde “moenie al jou eiers in een mandjie sit nie”. Dit is baie waar, en deur ons multibestuursbenadering pas ons dit toe in ons oplossings vir kliënte. Die fondse is verpak binne ʼn koste- en belastingdoeltreffende produk wat gebruik kan word vir aftreefondse sowel as diskresionêre beleggingsportefeuljes.

Hieronder illustreer ons net hoe belangrik dit is om blootstelling aan verskillende fondsbestuurders te kry. Ek het 5 van top plaaslike aandeelfondsbestuurders geneem en hulle jaarlikse prestasie oor die afgelope 10 jaar van swakste na beste gerangskik. Hier sien ons hoe wisselvallig die prestasie van die verskillende fondsbestuurders elke jaar is. Kyk veral na Fonds 2 se wisselvallige prestasie. Ons sien baie keer dat beleggers gaan kyk watter fonds ’n jaar terug die beste gedoen het, en dan hulle geld daarin belê sonder om hulle huiswerk te doen. Hulle verstaan dan nie hoekom die fonds die volgende jaar so swak presteer nie. Die omgekeerde geld natuurlik ook, waar ’n mens nie noodwendig ’n fonds wat een jaar swak presteer het, moet uitgooi nie. PSG Wealth het ’n beleggingskomitee wie se taak dit is om die regte “mandjie” fondsbestuurders te kies binne ons oplossings. Dit behels baie werk en navorsing en ’n wye verskeidenheid aspekte word bestudeer voordat ’n fondsbestuurder by ons oplossings ingesluit word.

Die kombinasie van ’n goeie finansiële plan wat goed bestuur word en gereeld hersien word, en ’n reeks oplossings wat van konserwatief tot aggressief wissel, is die sleutel tot gemoedsrus in die wisselvallige en onvoorspelbare beleggingsmarkte van vandag. 

Become a client

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us