March 2025
Mareli Binedell CFP®
Wealth Manager
Februarie het verby gevlieg en ons is almal onlangs weer herinner om ons bydraes tot ons uittree-annuïteite maksimaal te benut voor die einde van die belastingjaar.
Kontak gerus Mareli Binedell direk, PSG Wealth adviseur.
Danksy ons uittree-annuïteit-bydraes in die gegewe belastingjaar is daar ‘n goeie kans dat van ons ’n terugbetaling van die inkomstediens kan kry.
Iets waaraan baie van ons dalk skuldig is, is om die welkome “bonus” wat ons van die inkomstediens terugkry, te gebruik om uitgawes soos ons vakansies te befonds of sommer net dag-tot-dag onkoste te dek. Goed en wel , maar jy kan egter jou aftreespaargeld ’n groot hupstoot gee deur die terugbetalings wat jy ontvang weer te belê.
Hou in gedagte dat ’n uittree-annuïteit aan Regulasie 28 van die Pensioenfondswet moet voldoen, wat beteken dat buitelandse blootstelling en blootstelling aan aandele binne die produk beperk word. As jy egter jou inkomstediens-terugbetalings herbelê, hoef jy die fondse nie noodwendig aan jou uittree-annuïteit te allokeer nie. Dit kan ook belê word in vrywillige fondse soos ’n belastingvrye- of ’n vrywillige belegging, wat likied is en geen beperkings op buitelandse- of aandeleblootstelling plaas nie. Dus kan jy 100% van jou fondse in buitelandse aandeelfondse belê, wat oor die langtermyn goeie opbrengste kan lewer.
Kom ek gebruik ‘n voorbeeld om die impak van die belastingbesparing te illustreer. Veronderstel jy belê tans R 3 000 per maand in jou uittree-annuïteit wat jaarliks met 5% eskaleer, teen ‘n verwagte groeikoers van 9% per jaar. As jou marginale belastingkoers byvoorbeeld 36% is, behoort jy ongeveer R 12 960 terug te kry vanaf die inkomstediens. As jy jaarliks hierdie terugbetaling spandeer en nie herbelê nie, sal jou beraamde waarde van jou uittree-annuïteit oor 30 jaar ongeveer R 8 438 489 wees.
Indien jy die jaarlikse terugbetalings vanaf die inkomstediens egter herbelê oor dieselfde tydperk, sal die waarde van jou portefeulje ongeveer R 11 598 215 wees.
As jy boonop die jaarlikse terugbetalings in buitelandse fondse belê sal jou totale portefeulje se buitelandse blootstelling ook merkwaardig meer wees.
Sien gerus die vergelykende syfers en bate-allokasies hieronder:
Dink dus dalk twee keer as jy weer ’n terugbetaling van die inkomstediens ontvang en wat jy beplan om daarmee te doen.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.