Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
September 2025
Lizna De Villiers CFP®
Wealth Adviser
Ons leef in ’n wêreld waar onmiddellike resultate, groot nuusopskrifte en spoed beloon word. Daar is elke dag iets nuuts om te koop, te sien of te proe, met die woord “innovasie” wat orals in opskrifte te sien is.
Kontak gerus Lizna De Villiers direk, PSG Wealth adviseur.
Selfs met ons finansiële beplanning is ons op soek na iets nuuts. Advertensies en nuusopskrifte wys dikwels op die “nuwe wenner” of die ingewikkelde produk wat klink asof dit die volgende groot ding gaan wees. Dit kan baie aantreklik wees – maar dit is selde die pad na volhoubare rykdom.
In die soeke na vinnige groei, groot betalings en blink beloftes is beleggers soms bereid om groot risiko’s te aanvaar. Maar wat ons oor tyd geleer het, is: net soos baie van die Springbokke se wedstryde nie noodwendig opwindend is nie maar eindig in ’n wen, is goeie beleggings ook dikwels effe vervelig.
Die waarheid is dat die beste beleggings dikwels heeltemal onopwindend lyk. Dit is nie die adrenalien-gedrewe besluite of die najaag van gister se wen-aandele wat werk nie. Dis nie die groot betalings aan die einde van die maand en helder beligte advertensieborde nie. Dit is die eenvoudige dinge wat die groot verskil maak:
Soos die ekonoom Paul Samuelson gesê het: “Belegging moet meer wees soos om te kyk hoe verf droog word of hoe gras groei. As jy opwinding soek, neem $800 (of ±R15 000) en gaan Las Vegas toe.”
Ware rykdom word nie gebou deur vinnige oorwinnings nie, maar deur volgehoue dissipline.
Dit klink miskien vervelig, maar onder die oppervlak gebeur iets kragtigs. Jou beleggings groei stadig maar seker, dag en nag, danksy die krag van saamgestelde groei. En dit is juis hierdie stille groei wat jou oor die lang termyn finansiële vryheid kan gee.
So wanneer jou adviseur met die volgende hersieningsafspraak vir jou sê daar is niks nuuts nie, weet dis nie omdat ons nie ons werk doen nie, maar omdat jou beleggings reeds stil-stil vir jou groei.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.