Fraudulent Telegram and WhatsApp groups
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.
September 2025
Marzél Swart, CFP®, Wealth Adviser
PSG Wealth
Suid-Afrikaanse beleggers staan daagliks in die brandpunt van een van die grootste bedreigings van ons tyd – finansiële bedrog, wat soos ’n sprinkaanplaag oor die land spoel. Net soos sprinkane ’n oes binne ’n paar dae kan vernietig, so verwoes bedrieërs mense se welverdiende vergoeding, spaargeld, beleggings en pensioenfondse.
Kontak gerus Marzél Swart direk, PSG Wealth Welvaartbestuurder.
Met 18 jaar ervaring in die beleggingsbedryf by PSG, het ek al talle skemas van naby gesien. Van die bekende Sharemax tot die meer onlangse “Kleuterzone”-skandaal, die patrone bly dieselfde – maklike beloftes, hoë opbrengste, en uiteindelik groot verliese vir goedgelowige beleggers. Wat egter kommer wek, is dat tegnologie en kunsmatige intelligensie meebring dat mense vandag meer kwesbaar is as ooit tevore, ten spyte van jare lange waarskuwings en eindelose voorbeelde van skemas wat in trane eindig.
Elke week sit daar kliënte voor my wat in die spervuur van bedrog beland het. Party het gelukkig betyds ontsnap, maar ander moes reeds swaar verliese dra. Dit is ’n slagveld daar buite. Hierdie sogenaamde “sprinkane van 2025” is nie bloot ’n metafoor nie, maar ’n werklikheid. Hulle kom in baie vorme voor – kriptobedrog, Ponzi- en piramideskemas, valutabedrog, bankbedrog, vals webwerwe wat toegang tot jou bankrekening gee, e-pos-uitvissing (“phishing”), en selfs sogenaamde “betroubare finansiële adviseurs” wat misleidende advies gee.
Dit tref nie net die onervare belegger nie – selfs ingeligte mense met jare lange ervaring word geteiken, en daar was onlangs talle voorbeelde hiervan in die media. Bedrieërs gebruik gevorderde tegnologie, slim bemarkingsveldtogte en dikwels emosionele manipulasie om mense se vertroue te wen.
As iets te goed klink om waar te wees, is dit waarskynlik. Die boodskap aan beleggers is eenvoudig: wees waaksaam, en wees wys.
Hier is ’n paar praktiese voorbeelde van hoe om waaksaam te wees:
Uiteindelik is die grootste beskerming teen die sprinkane nie net lysies, wagwoorde, prosesse, stelsels en regulasies nie, maar ook wysheid. Wysheid sluit meer in as blote kennis – dit is die vermoë om die kennis en insig wat jy het te gebruik, deur die geraas van vals beloftes te sien, en sodoende die beste moontlike besluite te neem. Waar waaksaamheid jou oë oophou, help wysheid jou met die kennis, insig, raad en openbaring om die regte besluite te neem. Wysheid is die stem wat fluister, wat waarsku: “As dit te goed is om waar te wees, vermy dit.”
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.