Pretoria East Newsletter | PSG Wealth

Kontak gerus Chris Wehmeyer direk, PSG Wealth adviseur.

Mense koop die koerant vir die nuus, sport en markte, maar ek dink die belangrikste rede is vir die advertensies. Vandag is advertensies in die naweekkoerante beperk tot die groot supermarkte en drankwinkels. In sy fleur was Pretoria News se sirkulasie 40 000 eksemplare per dag. Dit het gekrimp tot minder as 1 000 in 2022, voordat die druk daarvan gestaak is.

Die rede is dat die wêreld al hoe meer digitaal geraak het, en nuus en bemarking word via digitale platforms soos Facebook, Instagram en Google bedryf.

Meta is die beheermaatskappy van Facebook, Instagram, Facebook Messenger en WhatsApp. Facebook is in 2004 in ʼn koshuis by Harvard Universiteit geloods met die doel om 500 studente met mekaar te laat skakel. Sedertdien het dit die wyse waarop mense met mekaar skakel, verander.  Apps (toepassings) soos Messenger, Instagram en WhatsApp het verder miljoene der miljoene mense regoor die wêreld bemagtig. Hulle het ook Reality Labs, wat in die sogenaamde metaversum belê. Dit is ʼn verliesmakende onderneming maar bied eksponensiële groeigeleenthede in die toekoms.

Meta bied robuuste teikenopsies en stel adverteerders in staat om hul ideale klante te bereik op grond van ligging, belangstellings, gedrag en nog meer. Dit is omdat hul algoritmes agterkom wat jou belangstellings en koopbehoeftes is. Hierdie vlak van datadetail is ongeëwenaard in die digitale advertensieruimte. Hulle sal byvoorbeeld jou laaste R500 neem om aan ʼn gefokusde groep in jou voorstad te adverteer.

Sleutelstatistieke van Meta:

  • Altesaam 3.96 miljard maandelikse aktiewe gebruikers (monthly active people oftewel MAP’s) gebruik produkte wat deur Facebook besit word, soos Instagram, WhatsApp en Messenger.
  • As ʼn selfstandige platform kry Facebook 3.05 miljard maandelikse aktiewe gebruikers, van wie sommige rekeninge op ander produkte in die groep kan hê.
  • As ʼn selfstandige platform kry WhatsApp 2 miljard maandelikse aktiewe gebruikers, van wie sommige rekeninge op ander produkte in die groep kan hê.
  • As ʼn selfstandige platform kry Instagram meer as 2 miljard maandelikse aktiewe gebruikers, van wie sommige rekeninge op ander produkte in die groep kan hê.
  • Die laaste kwartaal tot einde Desember 2024 se beleggersverslag toon op ʼn jaar-tot-jaar-grondslag ʼn toename van 6.74% in maandelikse aktiewe gebruikers.

In die vierde kwartaal van 2023 het Meta inkomste van VS$40.1mjd gegenereer. Dit is 25% hoër danksy die hoogste inkomste nóg in al die bedryfsafdelings. En 97% van die inkomste was afkomstig van advertensies. Die maatskappy se netto inkomste het meer as verdriedubbel tot $14.02mjd, of $5.33 per verwaterde aandeel. Die groep het vrye kontantvloei van $11.5mjd gegenereer – meer as dubbeld die vorige jaar se syfer. Netto kontant het teen einde Desember $47.0mjd bedra.

Meta het sy eerste kwartaallikse dividend van $0.50 per aandeel aangekondig. Die groep “beoog om voortaan ʼn kontantdividend op ʼn kwartaalgrondslag te betaal”.

Prys

$509

Markkapitalisasie

$1,3 T

P/V

29.55

1-jaarprestasie

171.7%

 

Meta bly baie aantreklik gewaardeer, met inagneming van sy groeivooruitsigte. Ons reken dat die maatskappy verwagtings vir 2024 sal oortref en steeds opbrengste sal lewer wat – selfs vanaf huidige vlakke – die mark sal oortref.

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us