Pretoria East Newsletter | PSG Wealth

Kontak gerus Dawie Klopper CFP ® direk, PSG Wealth adviseur.

Om die krag van saamgestelde groei en tyd te illustreer het Jannie Mouton, stigter van PSG, graag die volgende voorbeeld gebruik: Gestel jy het twee mense wat ewe oud is, Elmarie en Louis. Hulle is albei 35. Elmarie was nog altyd baie ingestel op spaar, terwyl Louis altyd gesê het dat mens die lewe moet geniet terwyl jy jonk is. Elmarie het van vroeg af besluit sy gaan 'n deel van haar salaris spaar, terwyl Louis gesê het hy sal eers as hy 'n bietjie ouer is begin om vir sy oudag voorsiening te maak.

Louis was gewoond aan 'n goeie lewenstyl, maar op 35 het hy skielik besef hy is nou 'n getroude man met twee kinders en dat hy nog bitter min langtermynbates bymekaargemaak het.

Dit was vir hom moeilik om sy bestedingspatrone te verander om behoorlik vir aftrede te spaar, maar hy moes 'n plan maak. Hy kon dit wel regkry om maandeliks 'n bedrag opsy te sit in 'n langtermyn-beleggingsplan wat in 'n aandelefonds belê. Die aandelefonds sou na verwagting 'n opbrengs van 7% bo inflasie van 5% behaal, ten spyte van die feit dat aandelebeleggings se opbrengste baie wisselvallig is.

Verder het Louis beplan om R10 000 per maand vir die volgende 30 jaar belê. Indien hy dit sou volhou, sou sy belegging oor 30 jaar R35 miljoen bedra het, wat in vandag se geld R7.8 miljoen werd is. Met hierdie bedrag sou Louis 'n pensioen van R32 000 per maand kon kry wat met inflasie vorentoe sal tred hou.

Maar terug na Elmarie, die spaarsamige. Sy het van vroeg af daarin geslaag om te spaar. Sy het hard studeer, goeie werk gekry en was in staat om reeds op 25-jarige ouderdom R10 000 per maand te spaar. Sy het slegs in 'n aandelefonds belê. Dit was moeilik om te dink oor beleggings gedurende tydperke van geopolitieke en finansiële onsekerheid. Dit is ontstellend om te dink dat 'n swaarverdiende salaris met 'n ineenstorting van die mark skielik kan verdwyn, maar sy het geweet dat markte altyd herstel. Dit het aanvanklik maar broekskeur gegaan en 'n paar opofferings geverg, maar Elmarie het vasgebyt en maandeliks bly belê.

Op ouderdom 35 het haar omstandighede sodanig verander dat sy besluit het om op te hou werk, en het sy haar maandelikse belegging gestaak. Op daardie stadium het die kapitaal wat sy gespaar het alreeds R2.3 miljoen beloop. Gelukkig was sy in staat om die belegging net so te los, en haar adviseur het bereken as sy die geld tot op ouderdom 65 onaangeraak kan laat, sal haar belegging dan R82 miljoen bedra. In vandag se geld (Elmarie op 35) is dit R18.3 miljoen werd. In vandag se geld (Elmarie ook 35) is dit R18.3 m werd en sal hierdie bedrag ʼn maandelikse pensioen wat elke jaar met inflasie groei van omtrent R75000  kan genereer. 

Wat gebeur hier? Die krag van saamgestelde groei oor 'n lang periode kom tot sy reg. Boonop kry Elmarie dit reg om met baie dissipline te wag dat haar belegging vir haar werk.

Ons almal weet dat Warren Buffett een van die heel rykste mense in die wêreld is. En ja, hy is 92 jaar oud, maar 90% van sy welvaart is ná sy 65ste verjaarsdag gegenereer. Op 65 het sy welvaart VS$10 miljard bedra en dit staan nou op meer as VS$110 miljard. In Buffett se woorde: “Suksesvolle belegging verg tyd, dissipline en geduld. Maak nie saak hoe groot die talent of moeite is nie, sommige dinge neem net tyd.”

Become a client

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us