Agter die skerms met die fondsontleders | PSG Wealth

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Pretoria East December Newsletter 2021

Soms is die beste skuif egter om nie ʼn skuif te maak nie. Onthou dat selfs wanneer die uitwerking van besluite nie sigbaar is nie, die navorsingspan voortdurend agter die skerms besig is om te verseker dat die portefeuljes hulle gestelde doelwitte bereik.

Navorsingsaktiwiteite van fondsbestuurders

Die PSG Wealth-fondsbestuurder-navorsingspan bestaan uit sewe toegewyde fondsontleders wat daarop fokus om PSG Wealth-oplossings te monitor, te bestuur en te verbeter. Daaglikse agter-die-skermsaktiwiteite sluit in kwantitatiewe assesserings, vergelykings en resensies van fondse en portefeuljes – deur beide interne en derdepartystelsels te gebruik. Daar word ook gereeld bestuurdervergaderings gehou waar gefokus word op kwalitatiewe assesserings van bestuurders, mense, prosesse en filosofieë.

Sedert Januarie 2021, het die navorsingspanlede gesamentlik meer as 500 fondsbestuurdervergaderings, aanbiedings en hersieningsessies bygewoon. Die meeste van hierdie vergaderings is persoonlike gesprekke met fondsbestuurders om óf terugvoer oor hulle huidige prestasie, besit en vooruitsigte te verkry; óf om nuwe fondsbestuurders te assesseer wat oorweeg word vir toevoeging tot die bank, kortlys of insluiting by die Fonds van Fondse (FvF).

Die fondsontleders berei uitgebreide maandelikse verslae oor toegewysde fondssektore voor, wat hulle aan hulle mede- asook senior fondsontleders voorlê. Hierdie vergaderings behels 'n gedetailleerde ontleding van elke onderliggende fondsbestuurder in die portefeulje, die portuurgroep en die bedryf as 'n geheel.


Maandelikse fondskomiteevergaderings met welvaartbestuurders, wat gesamentlik meer as 200 jaar se ervaring in die beleggingsbedryf het, word ook gehou om die prestasie van die FvF te hersien, te debatteer en te monitor.

Bron: PSG Multi-Management, Morningstar Direct

Weeklikse navorsingsprojekvergaderings word gehou tussen senior ontleders, die hoof van bestuurdernavorsing en die hoofbeleggingsbeampte. By hierdie vergaderings word huidige navorsingsprojekte hersien en die navorsingskalender opgestel. Benewens 'n standaard navorsingskalender, is
daar deurlopende ad-hoc-navorsingsprojekte gebaseer op behoeftes wat deur die moniteringsproses, bestuur of versoeke van fondskomiteelede of welvaartadviseurs geïdentifiseer word. Vergaderings sluit in hersiening van, onder andere, riskante posisies en hulle potensiële impak op die FvF, spesifieke portefeulje-eienskappe (soos die balans tussen aggressiewe en defensiewe fondsbestuurders), bestaande bankfondse en algehele FvF-portefeuljeposisies.

Aktiewe bestuur van die FvF

Alhoewel portefeuljeveranderinge nie elke maand aangebring word nie, word die portefeuljes op 'n aktiewe basis bestuur. Die tabel hier onder beklemtoon die veranderinge wat oor die afgelope 10+ jaar in die plaaslike FvF gemaak is. Een manier om die sukses van 'n gegewe proses te hersien (insluitend aktiewe besluitneming in die proses), is om die sukses van vorige besluite te ontleed.

Die tabel dui aktiewe bestuur van die FvF aan, en toon die veranderinge wat aangebring is om die oplossing te verbeter na aanleiding van navorsing. Alhoewel nie elke besluit van ʼn fondsbestuurder presies uitwerk soos dit moet nie, het hierdie gedissiplineerde benadering 'n positiewe wen-verlies-verhouding van 77% aan die plaaslike kant (oor 10+ jaar) en 86% aan die buitelandse kant tot gevolg gehad (laaste 5+ jaar).

Bron: PSG Multi-Management, Morningstar Direct

Besluite wat na aanleiding van navorsing geneem word, word nie altyd in veranderinge aan portefeuljesamestelling weerspieël nie

Navorsing lei nie altyd tot die vervanging van ʼn fondsbestuurder nie. Sommige hersienings het gelei tot besluite om voort te gaan met bestaande fondsbestuurders wat dalk deur 'n tydperk van onderprestasie gaan. Alhoewel hierdie besluite nie sigbare verandering tot gevolg het nie, is dit steeds aktiewe besluite; besluite om by ʼn bestaande fondsbestuurder te hou, het net so 'n belangrike rol in die oplossings se sukses gespeel as besluite wat tot veranderinge gelei het.

Duisende beskikbare fondse

Tans is daar meer as 1 400 effektetrusts in die plaaslike effektetrustlandskap. Wêreldwyd is sowat 85 000 fondse vir beleggers beskikbaar. Spesialisvaardigheid, kennis en tyd word benodig om die korrekte fondse te kies en 'n portefeulje van fondse aktief te bestuur. PSG Multi-Management is 'n besigheidseenheid binne PSG Wealth wat spesifiek die mandaat het om waarde toe te voeg tot PSG-kliënte deur hierdie funksies te verrig.

Die opinies in hierdie dokument is dié van die skrywer en nie noodwendig die van PSG nie. Dit verteenwoordig nie advies nie. Alhoewel hoë sorg geneem is in die navorsing en voorbereiding van hierdie nuusbrief, kan geen verantwoordelikheid geneem word vir enige optrede gebaseer op inligting in hierdie nuusbrief nie.

PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. RFD 728.

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us