May 2021
Press Release
PSG Wealth
PSG Wealth R21 het vir die negende keer die toekenning as PSG se Werknemervoordele-kantoor van die Jaar verower tydens die maatskappy se jaarlikse toekennings en konferensie, wat hierdie jaar virtueel aangebied is.
“ PSG Wealth R21 het vir die negende keer die toekenning as PSG se Werknemervoordele-kantoor van die Jaar verower tydens die maatskappy se jaarlikse toekennings en konferensie, wat hierdie jaar virtueel aangebied is. ”
PSG Wealth R21 het vir die negende keer die toekenning as PSG se Werknemervoordele-kantoor van die Jaar verower tydens die maatskappy se jaarlikse toekennings en konferensie, wat hierdie jaar virtueel aangebied is.
Hierdie toekennings gee erkenning aan toptalent en toewyding aan PSG se visie.
“Ons is verheug om hierdie toekenning te kry. Al lyk dit dalk of ons gewoond is daaraan na so baie jare, is dit elke keer ʼn wonderlike eer om dit te ontvang. Dit was moeiliker sedert die begin van die pandemie, maar ons is baie bly om sterk daardeur te kom en sien uit daarna om dit vol te hou,” sê Nerine Brink, prinsipaal van die kantoor. “Baie dankie aan ons span en vennote, en almal by PSG.”
Die kantoor het ʼn spesialis-span wat hoogs bekwaam is en van die beste adviseurs in die bedryf insluit. Hulle gee landwyd advies aan medium tot groot werkgewers en ondernemings, ten opsigte van die strukturering van gepaste werknemervoordelepakkette vir werkgewers. Hul advies sluit mediese fonds-, groeprisiko- en aftree-oplossings in.
“Ons weet almal dat die sukses van jou besigheid vereis dat jy die beste werknemers in jou span het. ʼn Nommerpas werknemervoordele-oplossing kan jou help om die beste personeel te lok en te behou, wat jou op koers plaas vir toekomstige sukses, en as adviseurs is ons verantwoordelik om die regte oplossings te verskaf. Dit is ons werk en ons passie,” sê Nerine.
PSG Wealth R21 glo aan ʼn holistiese benadering en bied ook welvaartbestuursdienste aan om in die behoeftes van individuele spanlede te voorsien. Nerine sê: “Ons glo daaraan om tyd daaraan te wy en moeite te doen om te verseker dat lede ingelig is en die impak van hul besluite verstaan, en dat hulle die voordele en stewige grondslag wat ons werknemervoordele-diensaanbod bied, maksimaal benut.” Daar is ʼn natuurlike sinergie om werknemers se finansiële welstand te ondersteun deur te verseker dat ʼn holistiese benadering tot finansiële en aftreebeplanning in plek is.
Toepaslike advies is noodsaaklik vir hierdie lewensveranderende gebeurtenisse. PSG Wealth R21 probeer geskikte oplossings vir elke werknemer kry, van hoogs opgeleide bestuurshoofde tot klerke of fabriekswerkers; elke maatskappy is anders en vereis ʼn unieke oplossing. Dit is hierdie toegewyde, verpersoonlikte diens wat PSG Wealth R21 suksesvol maak.
“Toepaslike advies is noodsaaklik vir hierdie lewensveranderende gebeurtenisse. PSG Wealth R21 probeer geskikte oplossings vir elke werknemer kry, van hoogs opgeleide bestuurshoofde tot klerke of fabriekswerkers; elke maatskappy is anders en vereis ʼn unieke oplossing. Dit is hierdie toegewyde, verpersoonlikte diens wat PSG Wealth R21 suksesvol maak.
Pretoria | Unit 119 Sovereign Drive, Route 21 Corporate Park, Irene, Pretoria, 0157
www.psg.co.za/branch-office/r21-employee-benefits-irene
Stellenbosch | Unit 3, Moore Stephens, 24 Techno Drive, Techno Park, Stellenbosch, 7600
www.psg.co.za/branch-office/r21-employee-benefits-stellenbosch-technopark
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.