March 2023
Jac van der Spuy
PSG Wealth
In die pas afgelope begroting is die belastingskale vir enkelbedrae wat by aftrede geneem kan word, met 10% opwaarts aangepas.
“ Indien jy ’n enkelbedrag by aftrede wil neem, is die vraag hoe groot die bedrag moet wees, en spesifiek hoeveel meer as die belastingvrye gedeelte? ”
In die pas afgelope begroting is die belastingskale vir enkelbedrae wat by aftrede geneem kan word, met 10% opwaarts aangepas. In die geval van aftrede of aflegging is dit nou as volg:
Belastingkoers (%) |
Enkelbedrag-intervalle (R) |
|
2022 |
2023 |
|
0 |
0 – 500 000 |
0 – 550 000 |
18 |
500 001 – 700 000 |
550 001 – 770 000 |
27 |
700 001 – 1 050 000 |
770 001 – 1 155 000 |
36 |
1 050 001 en meer |
1 155 000 en meer |
In die geval van pensioen- en uittree-annuïteitfondse is een derde van jou aftreefonds beskikbaar as ’n enkelbedrag wanneer jy aftree uit die Fonds. In die geval van voorsorgfondse is tot 100% die geakkumeleerde bydrae tot en met 28 Februarie 2021 beskikbaar om as ‘n enkelbedrag te neem. (Enkelbedrae beskikbaar uit voorsorgfondsbydrae geakkumuleer vanaf 1 Maart 2021word soos pensioenfondse hanteer.) Indien jy ’n enkelbedrag by aftrede wil neem, is die vraag hoe groot die bedrag moet wees, en spesifiek hoeveel meer as die belastingvrye gedeelte? Verskeie faktore sal die antwoord bepaal – onder andere:
In ag genome jou algehele finansiële beplanning, sal jy die belastingvrye gedeelte neem, waaruit ’n belastingvrye inkomste verdien kan word – teenoor ’n minimum inkomstebelastingkoers van 18% indien jy jou belastingdrempel oorskry. Jy verbruik dus 18% minder kapitaal om dieselfde netto bedrag te ontvang. Of jy meer moet neem, sal afhang van jou marginale belastingkoers. Indien dit byvoorbeeld 36% is, het dit sin om ten minste die gedeeltes wat teen 18% en 27% belasbaar is, ook te neem.
Die goue reël by aftrede is dat jy van jou skuld ontslae moet raak. Die motivering is dat jy dan gewaarborgde belastingvrye groei gelykstaande met jou leningskoers ontvang. In die geval van beskikbare eie kapitaal, is die antwoord in die meeste gevalle eenvoudig – los die skuld af. Of jy egter ’n enkelbedrag wat teen 36% belas gaan word, moet neem terwyl jou marginale belastingkoers slegs 18% beloop en jou leningskoers prima minus 2% is, is nie so voor die hand liggend nie. In hierdie geval sou dit waarskynlik beter wees om die termyn van die leningsooreenkoms te laat uitloop.
Soos met so baie dinge in die lewe, is daar egter nie net een regte antwoord nie. Ek stel voor jy kontak ’n gelisensieerde finansiële beplanner om jou unieke situasie te ontleed en ’n aanbeveling te doen.
Ten slotte net ’n waarskuwing: enkelbedrae wat uit aftreefondse geneem word, word kumulatief belas. Die verhoogde belastingvrye perk impliseer dus nie dat jy noodwendig vir ’n verdere belastingvrye bedrag kwalifiseer nie.
E-pos: jac@psg.co.za
Die inligting in hierdie artikel is algemene inligting. Dit is nie finansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie en die maatskappye in die PSG Konsult Groep waarborg nie die geskiktheid of potensiële waarde daarvan nie. Aangesien individuele behoeftes en risikoprofiele verskil, stel ons voor dat jy jou gekwalifiseerde finansiële adviseur raadpleeg indien nodig. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ʼn gemagtigde finansiële diensverskaffer (FDV 728).
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.