Kersboodskap | News & Publications | PSG Wealth

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Ons is amper deur 2021 en een ding waaraan ons gewoond geraak het die afgelope jaar, is onsekerheid. Die afgelope twee jaar het die pandemie ons lewens en tyd oorheers. Ons is geseënd dat al ons personeel sover Covid oorleef het. Ons, hier by PSG, het opnuut besef dat niks permanent is nie, aangesien ons baie van ons kliënte en vriende aan die dood afgestaan het as gevolg van Covid. Soos die bekende gesegde sê: Solank daar lewe is, is daar hoop. Ons is vol hoop vir die toekoms omdat ons in Hom glo wat die Hoop is, en wat ons rede gee om te hoop.

Ons het die afgelope jaar, ondanks al die onsekerheid, gehou by ons beleggingstrategie en -beginsels, en dit het weereens die toets van die tyd deurstaan. Ons kliënteportefeuljes het herstel ná die groot daling wat in Maart 2020 begin het, en opbrengste oor die afgelope 12 maande lyk besonder goed. Die wêreldekonomie het baie sterk herstel, terwyl ons in Suid-Afrika nog agter die kurwe is met die hoogste werkloosheidsyfer nóg. Ons aandelebeurs het egter baie goed presteer. Die rand is op die agtervoet teenoor die Amerikaanse dollar en ons strategie is om tot 40-60% van ons kliënte se blootstelling in buitelandse bates te hou.

Ons is vanjaar as Kantoor van die Jaar in PSG aangewys uit 254 kantore. Ek is trots op die span wat ons oor die afgelope 20 jaar opgebou het en wat hierdie besonderse prestasie behaal het. Ons korttermynversekeringsbesigheid het met rasse skrede gegroei en Markus Fourie, wat as vennoot hierdie besigheid bestuur, is ook aangewys as die Korttermyn-adviseur van die Jaar.

Verder het ons besigheid gegroei deur saam te smelt met die twee takke in Plettenbergbaai en Knysna. Hierdie uitbreidings gee ons die geleentheid om ons bestaande kliënte nog wyer te bedien, asook om ons omvattende beleggingsoplossing en gespesialiseerde diens aan kliënte in Plettenbergbaai en Knysna te bring.

Met ons uitbreidings beteken dit dat ons nou takke in Pretoria (Silver Lakes en Olympus), George Sentraal, Mosselbaai Diaz, Knysna en Plettenbergbaai het. Ons kantoor sal in die toekoms bekend staan as PSG Silver Lakes Outeniqua. Ons sien uit om hierdie nuwe naam met ons gevestigde waardes en diensvlakke verder uit te bou.

Ons is baie dankbaar vir die vooruitgang van ons besigheid en wens graag al ons kliënte ʼn geseënde Kerstyd toe. Geniet die tyd saam met u gesin en vriende gedurende hierdie feestyd.

Groete uit die mooie George.

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us