Dankie vir u volgehoue ondersteuning deur die jaar | PSG

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Hoewel die afgelope jaar vol uitdagings was – inperkings, isolasie, leer om die verskillende aanlyn platforms te gebruik om te kommunikeer – lyk dit my die stelling “jou mikrofoon is af” die bekendste woorde van 2021 was.

Vanjaar het ons die inwerkingstelling van die nuwe POPIA-regulasies gesien, wat beklemtoon hoe belangrik dit is om ons persoonlike inligting te beskerm. Verskeie spesialis versekeraars het hul kubermisdaad-produk bekendgestel en hersien. Ons kan nou uitgebreide spesialis-aanbiedings vir ons kommersiële portefeulje-kliënte asook regspersone bied.

PSG het ook ʼn bygewerkte privaatheidsooreenkoms by ons kantore ingesluit om te verseker dat u persoonlike inligting altyd privaat bly.

Hierdie was ‘n jaar van groot politieke onrus. Die meeste kliënte was onseker oor wat SASRIA-dekking behels en watter prosesse gevolg moet word indien hulle moes eis. SASRIA-dekking word aangeteken in jou persoonlike en kommersiële versekeringsportefeulje en is daarby ingesluit. Jy is welkom om ons kantore direk te kontak indien jy enige besonderhede van die dekking wil bevestig.

Gedurende 2021 het ons voetspoor ook toegeneem in die Tuinroete-gebied om Plettenbergbaai en Knysna in te sluit. ‘n Groot dankie aan ons Knysna en Plett-kliënte vir hul ondersteuning en die aanvaarding van ons Insure-span.

Ons het ook nuwe spanlede en adviseurs verwelkom wat ons missie rakende professionele advies, spesialisdiensverskaffing en respek binne die PSG-groep sal voortsit.

Dankie aan al ons kliënte vir jul ondersteuning vanjaar. Ons sien uit daarna om in 2022 voort te bou op ons verhouding.

Ons wens u ʼn geseënde feestyd toe, reis veilig, en koester die tyd saam met familie en vriende.

Laastens... kom ons probeer ons bes volgende jaar om deur te druk met ons Nuwejaarsvoornemens!

Seënwense en geniet die vakansie.

 

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us