February 2022
PSG Insure
Die tydperk van vroeg Desember tot einde April staan bekend as die brandseisoen in die Wes-Kaap – ook geen wonder nie, as mens die sterk winde en hoë temperature van tot 40 grade Celsius in ag neem. In die Stad Kaapstad alleen is 34 sogenaamde VIIRS-brandwaarskuwings (Visible Infrared Imaging Radiometer Suite/Sigbare Infrarooi Beelding Radiometer Suite) die afgelope jaar aangemeld, met altesaam agt kilohektaar grond wat deur brande geteister is – ʼn hoë syfer in vergelyking met vorige jare. Kumulatief beloop dit elke jaar meer as R1 miljard aan eiendomskade en ander verliese. Om hierdie rede moet inwoners van die Wes-Kaap uiters waaksaam wees en seker maak dat hulle veiligheidsmaatreëls in plek het om hul eiendom teen brandrisiko te beskerm.
“ Veldbrande, wat deur droë plantegroei aangevuur en deur sterk winde versprei word, hou ʼn ernstige bedreiging in vir eiendomme wat in hoërisiko-gebiede geleë is. ”
Die tydperk van vroeg Desember tot einde April staan bekend as die brandseisoen in die Wes-Kaap – ook geen wonder nie, as mens die sterk winde en hoë temperature van tot 40 grade Celsius in ag neem. In die Stad Kaapstad alleen is 34 sogenaamde VIIRS-brandwaarskuwings (Visible Infrared Imaging Radiometer Suite/Sigbare Infrarooi Beelding Radiometer Suite) die afgelope jaar aangemeld, met altesaam agt kilohektaar grond wat deur brande geteister is – ʼn hoë syfer in vergelyking met vorige jare. Kumulatief beloop dit elke jaar meer as R1 miljard aan eiendomskade en ander verliese. Om hierdie rede moet inwoners van die Wes-Kaap uiters waaksaam wees en seker maak dat hulle veiligheidsmaatreëls in plek het om hul eiendom teen brandrisiko te beskerm.
Die brand wat vroeg in 2021 by die Rhodes-gedenkteken uitgebreek en na die Universiteit van Kaapstad en omliggende gebiede versprei het, is ʼn wrange herinnering aan die skade wat ʼn veldbrand kan aanrig. Verskeie strukture – waaronder huise, opvoedkundige geboue en erfenisterreine – is in dié ramp beskadig en in puin gelê. Dit het die kollig geplaas op hoe belangrik dit is om proaktiewe voorkomingsmaatreëls te tref om jou eiendom te beskerm.
Veldbrande, wat deur droë plantegroei aangevuur en deur sterk winde versprei word, hou ʼn ernstige bedreiging in vir eiendomme wat in hoërisiko-gebiede geleë is. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is die Knysna-brand van 2017, waarin meer as 450 formele huise en 150 informele huise verwoes is. Die ramp het eise van meer as R3.3 miljard tot gevolg gehad, en in die ergste gevalle is dié wat nie versekering op hul eiendom gehad het nie, haweloos gelaat, of met huise wat groot en duur herstelwerk geverg het. En dit is nie net veldbrande wat groot skade kan aanrig nie: ongelukke in en om die huis kan ook verpletterende gevolge hê indien daar nie toepaslike voorsorgmaatreëls in plek is nie.
Hier is ʼn paar basiese veiligheidswenke vir Suid-Afrikaanse huishoudings wat jou kan help om jou brandrisiko’s te bestuur:
Of jy nou in ʼn huis, kompleks of woonstelblok bly, elke Suid-Afrikaner moet ʼn noodontruimingsplan hê in geval van ʼn brand. Hoewel mense miskien geneig is om te dink “dit sal nie met my gebeur nie”, kan voorbereiding vir die onverwagte jou en jou gesin se lewens red.
Memoriseer jou ontruimingsroete en maak seker dat alle huisbewoners bewus is hiervan. Maak altyd seker dat deure en trappe nie geblokkeer word nie, en installeer ʼn brandalarmstelsel en rookverklikkers op elke verdieping as ʼn voorsorgmaatreël, en maak seker dat jy hulle gereeld toets.
Jou kan eenvoudig nie bekostig om in die geval van ʼn brand nie versekeringsdekking op jou eiendom te hê nie. Die verlies van items met sentimentele waarde kan uiters traumaties wees. Om hierdie situasie nog te vererger met die verlies van eiendom wat jy nie kan bekostig om te vervang of te herstel nie, kan verpletterend wees.
Dit is ook belangrik om seker te maak dat jy die regte hoeveelheid dekking vir jou eiendom het. Enige onlangse vernuwings moet ingereken word by die waarde waarvoor dit verseker is, en dit moet beoordeel word volgens die koste om dit tot dieselfde standaard te herbou, in plaas van net die markwaarde. Premies sal afhang van faktore soos of huiseienaars in hoërisiko-gebiede woon en of hulle hoërisiko-boustrukture soos rietdakke het. Dit is ook iets om in gedagte te hou wanneer jy ʼn huis koop of bou.
Dit is altyd goed om kopieë van alle belangrike dokumente – insluitend jou versekeringspolisse – in digitale formaat op ʼn veilige plek te hou, soos in die wolk. Anders, as jy harde kopieë het, bewaar hulle op ʼn ander perseel, soos by die kantoor of by ʼn familielid. Indien ʼn ramp jou tref en jou huis afbrand, sal jy onmiddellik toegang hê tot al jou inligting, en sonder oponthoud die proses kan begin om dit te herbou.
Afgesien van die risiko wat veldbrande en die natuurlike omgewing inhou, is elektriese defekte ook ʼn groot risiko vir eiendom, wat tot geweldige brandskade kan lei. Trouens, elektriese defekte is die grootste oorsaak van brande in formele residensiële gebiede.
Dit is belangrik om die elektriese uitlate in jou huis dop te hou en seker te maak jou huis is veilig. Dit beteken om seker te maak muurproppe is nie oorlaai nie, elektriese koord lê nie onder matoppervlakke nie, en ontvlambare vloeistowwe word nooit gebruik om braaivure of kaggels binne-in die huis aan te steek nie.
Moenie enige ontvlambare materiaal aan die buitekant van jou huis stoor indien jy in ʼn hoërisiko-gebied bly soos teen ʼn berghang waar veldbrande gereeld voorkom nie. Moet nooit ʼn oop vuur sonder toesig laat nie, en maak seker dat vure en sigarette behoorlik geblus is. As ʼn brand nader beweeg maar nog ver genoeg is dat dit nie jou lewe in onmiddellike gevaar stel nie, gebruik ʼn tuinslang om die buitegrens van jou huis en ook jou dak nat te spuit.
As jy gereeld al hierdie aspekte nagaan, sal dit baie help om te verhoed dat dit waarvoor jy so hard gewerk het, vernietig word deur moontlik verwoestende en dikwels vermydelike insidente.
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.