Die top vyf versekeringsmites om te groet in 2025

Fraudulent Telegram and WhatsApp groups 
Please beware of fraudulent Telegram and WhatsApp groups impersonating PSG Financial Services, our divisions and our advisers. Be cautious, verify links and contact your adviser or Client Services if you have any queries or concerns.

Die top vyf versekeringsmites om te groet in 2025

Versekering is bedoel om dit wat vir ons die belangrikste is te beskerm – van huise tot motors en inkomste. Baie Suid-Afrikaners het egter nog steeds ʼn wanbegrip van wat beskerming regtig insluit. Hierdie wanopvattings rondom dekking kan ʼn vals gevoel van veiligheid skep, en tot duur verrassings lei wanneer eise ingestel word.

Hier is van die grootste versekeringsmites om te groet in die orige paar maande van 2025:

1. Sakeversekering is net vir groot maatskappye bedoel
Baie kleinsake-eienaars glo versekering is net nodig – of bekostigbaar – vir groot ondernemings. Nietemin is kleiner besighede dikwels meer kwesbaar vir risiko’s soos diefstal, brand, kubermisdaad of werknemerbedrog, omdat hulle miskien nie die hulpbronne het om vinnig te herstel of teen hierdie risiko’s bestand te wees nie. Trouens, ʼn enkele insident kan hulle meer kos as om nommerpas dekking te kry.

Sakeversekeringsoplossings kan volgens grootte aangepas en vir ʼn spesifieke risikoprofiel ontwerp word, wat verseker dat kleiner beginondernemings toegang het tot beskerming wat die besigheid aan die gang sal hou. Die advies van ʼn gekwalifiseerde versekeringsadviseur kan regtig help om nommerpas dekkingsoplossings vir jou besigheid te kry.

2. Huiseienaarsversekering dek alles in die huis
Huiseienaarsversekering word dikwels verwar met huisinhoudversekering. Huiseienaarsdekking is van toepassing op die fisiese struktuur van ʼn eiendom – die mure, dak en vaste toebehore – terwyl huisinhoudversekering die besittings in die huis dek, soos meubels, elektroniese toerusting en klere.

Nog ʼn algemene wanopvatting is dat versekeraars skade dek wat deur muf, klammigheid of geleidelike slytasie veroorsaak word. Hierdie faktore word gewoonlik uitgesluit omdat hulle aan swak instandhouding te wyte is, in teenstelling met die skielike, onvoorsiene gebeurlikhede waarvoor versekeringsbeskerming bedoel is. Om verrassings in die eisstadium te verhoed, kan ʼn versekeringsadviseur jou uit die staanspoor advies gee oor wat elke polis sal dek en wat jou spesifieke verantwoordelikhede is, om ʼn suksesvolle eis te verseker.

3. Motorversekeringspremies hang af van die kleur van die motor
Party mense glo dat as jy ’n motor bestuur in ’n kleur wat gewoonlik met sportmotors geassosieer word, dit hoër premies lok. Versekeraars gebruik egter nie die kleur van jou motor om die bestuurder se risikogradering te bepaal nie. Premies word bepaal deur risikogebaseerde data soos die fabrikaat en model van die voertuig, herstelkoste, veiligheidskenmerke, waar dit oornag geparkeer word, en die bestuurder se geskiedenis.

Dieselfde geld vir ouderdom. Hoewel dit ʼn invloed het op risikoberekenings – jong bestuurders is statisties meer geneig om in ongelukke te beland – is dit maar net een van talle veranderlikes wat oorweeg word. Mites soos hierdie kan motoriste daarvan weerhou om te soek na dekking wat hul risikoprofiel akkuraat weerspieël.

4. Versekering is te duur
Baie mense glo dat versekering eerder ʼn luukse as ʼn noodsaaklikheid is. In die meeste gevalle kan geen dekking hulle egter baie duurder te staan kom as die koste om elke maand ʼn premie te betaal. Versekering voorkom dat jou geldsake deur onverwagte skokke ontspoor word – of dit nou die vervanging van ʼn gesteelde voertuig, herstelwerk na stormskade of die dekking van regskoste verbonde aan ʼn aanspreeklikheidseis is.

Bekostigbaarheid hang ook af van hoe ʼn polis saamgestel is – ʼn adviseur kan jou help om dekking binne jou begroting te balanseer, en geleenthede identifiseer om koste te bespaar, soos ʼn aanpassing van bybetalingsvlakke of saamvoeging van persoonlike versekeringspolisse.

5. Adviseurs beteken net jy betaal nog meer
Nog ʼn wanopvatting is dat die dienste van ʼn versekeringsadviseur onnodig is of dekking duurder sal maak. In der waarheid help adviseurs dikwels hul kliënte om geld te spaar deur onderversekering of duplisering van dekking te vermy, of te verhoed dat kliënte betaal vir voordele wat hulle nie nodig het nie. Adviseurs kan ook waardevolle leiding verskaf wanneer ingewikkelde produkte soos kuberversekering of getrouheidsversekering vir besighede oorweeg word.

Baie van hierdie versekeringsmites leef voort omdat hulle op verouderde inligting gegrond is of omdat verskillende tipes dekking met mekaar verwar word. In plaas van om op onakkurate aannames staat te maak wat gevaarlike leemtes in jou beskerming kan skep, sluit 2025 af met ʼn begrip van wat by versekeringspolisse ingesluit is en watter uitsluitings aandag moet kry. Dis die moeite werd om ʼn vertroude adviseur wat tussen feite en fiksie kan onderskei, as vennoot te hê.

Recommended news

Card image cap
InsureInShort
Shifting crime trends in South Africa – are you prepared for the risks?

Read more
Card image cap
InsureInShort
Tackling the inside job threatening your bottom line: Risk mitigation and the role of fidelity insurance

Read more
Card image cap
InsureInShort
How changing weather and crime trends impact your property insurance

Read more
PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2026 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us