December 2024
Dawid Botha
PSG Wealth
Visa se handelsmerk is wêreldwyd bekend. Visa se netwerk verbind handelaars, banke, digitale beursies en verbruikers wêreldwyd om transaksies moeiteloos te laat vloei. Visa is die markleier in betalingsverwerking en slaag met lof in sy doel om die beste manier te wees om te betaal of betalings te ontvang
Feel free to reach out to PSG Wealth Manager Dawid Botha directly.
Visa se mededingers sluit maatskappye soos Mastercard en American Express in. Van die 687.2 miljard kaarttransaksies wat in 2023 verwerk is, is 39% deur Visa, 33% deur UnionPay (China), 25% deur Mastercard en 3% deur ander netwerke verwerk. Buite China is Visa se globale markaandeel ongeveer 57%, aangesien meer as 90% van UnionPay se transaksies uit China spruit.
Die volgende syfers (’n uittreksel uit Visa se onlangse voljaarresultate) beskryf hoe Visa die vloei van geld wêreldwyd fasiliteer, en die noodsaaklike rol wat Visa in die wêreldekonomie en ons daaglikse lewens speel:
Visa hef ’n klein “tolfooi” op elke transaksie vir die verskaffing van hierdie noodsaaklike netwerk. Die omvang van en groei in digitale betalings, ten koste van byvoorbeeld kontantbetalings, is een van die kompeterende voordele van Visa se besigheid. Volgens die konsultasiegroep McKinsey word daar steeds V$26 triljoen kontantbetalings per jaar gedoen. Die afname van VS$6.5 triljoen (20%) in kontantbetalings oor die afgelope vyf jaar is egter beduidend, en ’n aanduiding van die toename in digitale betalings tot Visa se voordeel.
Verdere dryfvere van omsetgroei sluit in: ’n toename in kommersiële kaartbetalings en oorgrensbetalings (wat hoër fooie verdien), en die behoefte aan dienste soos advies en lojaliteitsprogramme van die 14 500 finansiële instellings waarmee Visa saamwerk.
Daar was wesenlike koste met die vestiging van Visa se infrastruktuur en tegnologie, maar die skaalbare aard van die bedrywighede beteken dat die koste om addisionele transaksies te verwerk, afneem. Dit beteken hoë opbrengste op kapitaal en ’n uiters hoë winsmarge (tans 57%), wat steeds inkrementeel toeneem as gevolg van die positiewe operasionele hefboom.
In die afgelope finansiële jaar tot 30 September het Visa se omset met 10% toegeneem en verdienste met 17%. Aangesien verbruikers- en besigheidsbesteding herhalend is, het Visa ’n stabiele inkomstestroom wat deurlopend toeneem danksy bogemelde faktore. Dit kom egter teen ’n premie vir aandeelhouers – met ’n prys-verdienste-veelvoud van 31.3 is Visa nie goedkoop nie. Vergeleke met Visa se historiese prysvlakke is dit egter nie duur nie.
Visa se netto skuld van sowat VS$6 miljard is laag teenoor die VS$20 miljard vrye kontantvloei ná kapitale besteding vir die finansiële jaar geëindig 30 September 2024. Dit beteken Visa het oorgenoeg vrye kontant om in bedrywighede te belê, as dividende uit te keer, of om aandele terug te koop.
Die wêreld van betalings ontwikkel deurlopend, deur byvoorbeeld blokketting-tegnologie en kriptogeldeenhede. Visa het reeds vennootskappe met 65 kriptobeursies wat verbruikers toelaat om Visa-kaarte te gebruik om transaksies in kriptogeld te befonds.
Visa se bestaande tegnologie, industriekennis, innoverende kultuur en sterk balansstaat posisioneer die maatskappy om voordeel te trek uit ’n groeiende en dinamiese betalingslandskap. Ons hou Visa al ’n geruime tyd vir kliënte en beskou dit steeds as ’n goeie langtermynbeleggingsgeleentheid binne ’n goed gediversifiseerde aandeelportefeulje.
Visa se aandeelprys
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.