July 2023
Dawid Botha
PSG Wealth
Beleggers moet leer om met die korttermyn-onvoorspelbaarheid en wisselvalligheid van aandelemarkte saam te leef.
Dit gebeur dan dikwels dat beleggers dink aandelemarkte is op lang termyn ook onvoorspelbaar. Dit is egter foutief. Studies dui daarop dat aandele se prestasie op lang termyn meer voorspelbaar is en dat die wisselvalligheid van prestasie oor tyd afneem.
Aan die ander kant onderskat die meeste beleggers die vernietigende uitwerking van die inflasiemonster op koopkrag, en gevolglik die noodsaaklikheid van kapitaalgroei op lang termyn.
Die illustrasie hieronder toon dat inflasierisiko eksponensieel toeneem met tyd en dat beleggingsrisiko ten opsigte van aandele afneem, wat weer die historiese waarheid beklemtoon dat aandele ’n langtermynbelegging is.
Bron: PSG Wealth
As ons na die deurlopende opbrengste (2012 tot 2023) van ’n bekende fondsbestuurder se fondse kyk, wat hoofsaaklik op grond van batesamestelling onderskei word, kan ons die volgende afleidings maak:
Langer beleggingsperiodes verminder wisselvalligheid
Die tabel beeld die wisseling in opbrengste oor deurlopende periodes gemeet van 2012 tot 2023 uit.
Bron: Morningstar
Indien ons die 1-jaarsyfers met die 7-jaarsyfers vergelyk, wys dit dat die opbrengsverspreiding oor tyd verminder, veral wat aandele betref.
’n Uiters belangrike aspek wat nie duidelik is in die grafiek nie, is dat die swakste 1-jaarverlies (-23,13%) en 7-jaaropbrengs (3,17%) van die aandelefonds gevolg is deur die beste 1-jaaropbrengs (62,69%).
’n Strategie wat verhoed dat verliese tydens absolute laagtepunte gerealiseer word, kan dus onsettend waardevol wees.
Dit is van die uiterste belang om ’n middeweg te vind tussen volatiliteit van bateklasse en kapitaalgroei, en dít geld veral vir afgetredenes wat deurlopend inkomste uit hulle portefeulje onttrek.
Gulsige pensioenbeleggers kan natuurlik met ’n lewende annuïteit besluit om ten volle in aandele te belê, omdat hulle redeneer hulle kan onbestendigheid in hulle portefeulje hanteer.
Sulke beleggers loop dan die bekende volgorde-risiko wat voortspruit uit gemiddelde langtermyn-opbrengste wat nie in ’n voorafbepaalde volgorde verdien word nie.
Onttrekkings tydens verliesperiodes kan dan beteken dat die hoër gemiddelde opbrengs nie bereik word nie, aangesien daar minder kapitaal is wat deelneem aan ’n moontlike herstel in markte.
Soos alles in die lewe, gaan dit oor balans. Om ’n balans tussen inflasie, markrisiko, verlangde toekomstige onttrekkings en die bestaan van volgorde-risiko te kry, gebruik PSG Wealth ’n beproefde “mandjie”-strategie. Hierdie strategie neem die volgende in ag:
Dié aspekte word dan in ’n oplossing voorgestel met blootstelling aan verskillende sogenaamde mandjies, wat ek by ’n volgende geleentheid verder sal toelig.
Die inligting in hierdie dokument is algemene inligting. Dit is nie finansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie en die maatskappye in die PSG Konsult Groep waarborg nie die geskiktheid of potensiële waarde daarvan nie. Aangesien individuele behoeftes en risikoprofiele verskil, stel ons voor dat jy jou gekwalifiseerde finansiële adviseur raadpleeg indien nodig. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ’n gemagtigde finansiële diensverskaffer (FDV 728).
Stay Informed
Sign up for our newsletters and receive information on finance.