Worcester Adderley Street Financial Planning | PSG

Kontak gerus Jeandré Eygelaar direk, PSG Wealth adviseur.

In hierdie skrywe lig ek ʼn paar belangrike oorwegings uit t.o.v. beleggings in rentedraende instrumente.

Rente kan kortliks beskryf word as die koste op geleende geld. Dit is geld waarmee finansiële instellings hul kliënte beloon wanneer die kliënte geld by hulle deponeer of belê.

Daar is drie belangrike vrae wat jy jouself moet afvra wanneer jy oorweeg om in vasterente-instrumente te belê:

1.     Bied die belegging likiditeit?

Finansiële instellings bied dikwels hoër rentekoerse wanneer die geld vir ʼn sekere termyn vas belê word – hoe langer die termyn, hoe hoër is die koers wat aangebied word. In die meeste gevalle kan jy nie toegang tot hierdie geld verkry voordat die termyn verstryk het nie – nie sonder ʼn “boete” nie.

2.     Wat is die risiko?

Dit is belangrik om te kyk na die kredietgradering van die instelling waar jy jou geld gaan deponeer. Jy leen in werklikheid jou geld vir daardie instelling, en in ruil daarvoor verdien jy rente. Dit kan wees dat jy hoë rente verdien omdat die risiko by daardie instelling hoër is.

3.     Hoe word die opbrengs belas?

Alhoewel sekere vrystellings geld, is rente oor die algemeen ten volle belasbaar en sal dit ingesluit word by jou belasbare inkomste, ongeag of jy inkomste laat uitkeer of nie. Vir individue jonger as 65 jaar is die eerste R23 800 rente wat per jaar verdien word, vrygestel van belasting. Vir individue van 65 en ouer is dié vrystelling R34 500 per jaar.

Ek het die tabel hieronder saamgestel ter illustrasie van die nabelaste opbrengs wat op ʼn belegging van R1 miljoen verwag kan word, met die veronderstelling dat jou rentevrystelling van R23 800 per jaar reeds elders benut word.

A

B

C

D

E

F

Individuele belastingkoers

Rente-opbrengs

Jaarlikse rente verdien op R1 mil

(10% x R1 mil)

Belasting
(A x C)

Netto opbrengs
(C – D)

Netto opbrengskoers
(Netto opbrengs/R1 mil)

26%

10%

R100 000

R26 000

R74 000

7,40%

31%

10%

R100 000

R31 000

R69 000

6,90%

36%

10%

R100 000

R36 000

R64 000

6,40%

41%

10%

R100 000

R41 000

R59 000

5,90%

45%

10%

R100 000

R45 000

R55 000

5,50%

Indien jy in ʼn vastedeposito-produk belê is, gaan jy nie van daardie geld kan gebruik om die belasting te betaal nie. Toegang tot hierdie beleggings word gewoonlik nie sonder boetes toegelaat nie.

Dit is ook belangrik om appels met appels te vergelyk. Nominale rente is die rente wat jy sal verdien indien die rente maandeliks uitbetaal word. Effektiewe rente is die totale rente verdien oor die termyn van die belegging, met die veronderstelling dat die rente gekapitaliseer word (saamgestelde rente). Die nominale koers is gewoonlik laer as die effektiewe koers.

Alternatiewe opsies vir beleggings in rentedraende instrumente

  • Effektetrusts – Alhoewel vaste (gewaarborgde) rentekoerse wat deur banke en ander finansiële instellings geadverteer word aantreklik kan lyk, is dit dikwels beter om te belê in rentedraende fondse wat blootstelling het aan verskeie rentedraende instrumente en instellings. Verder bied effektetrusts likiditeit, aangesien onttrekkings gedoen kan word indien nodig.
  • Gewaarborgde beleggingsplanne – Hierdie produkte hou belastingvoordele in (vir persone met hoë belastingkoerse) en kan begunstigdes hê, maar het beperkte likiditeit.

Dit is belangrik om holistiese beplanning te doen en alle faktore in ag te neem voordat ʼn beleggingsbesluit geneem word.

Kontak my gerus om jou unieke situasie te bespreek en die regte oplossings daarvoor te kry.

 

PSG Financial Services +27 (21) 918 7800

Stay Informed

Sign up for our newsletters and receive information on finance.

©2025 PSG Financial Services Limited. All rights reserved. Affiliates of PSG Financial Services, a licensed controlling company, are authorised financial services providers.
Message us